VSA het nie die vermoë om almal te ontruim uit Kaboel nie
Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin, sê die land beskik tans nie oor die vermoë nie, om die groot aantal Amerikaners te ontruim wat buite Kaboel in Afghanistan gestrand is. President Joe Biden het gesê Amerikaanse magte sal in Afghanistan bly totdat alle Amerikaners ontruim is, al beteken dit hulle moet na sy sperdatum […]
Coca-Cola se inentingsentrum loop vlot
Coca-Cola Namibia in samewerking met Africa Personnel Services onder die vaandel van die Namibiese gesondheidsministerie, het verlede week ‘n inentingsentrum in die Lafrenz-nywerheidsgebied by Coca-Cola se hoofkantoor in Rendsburgerstraat oopgemaak en sal tot einde Oktober oop wees. Enid Johr, Coca-Cola Namibia se hoof van openbare sake en kommunikasie, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat alles […]
Nghipunya moet wag tot volgende jaar
Die voormalige hoof van Fishcor en Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se verhoor op ‘n klag van strafbare manslag is uitgestel tot volgende jaar 7 Februarie. Die landdros, Ivan Gawanab was genoodsaak om dit te doen omdat Nghipunya se prokureur Samson Enkali, wat instaan vir Kadhila Amoomo, gesê het daar was nie tyd om oor die saak […]
N$120m in onluste in SA, in kontant, in 8 dae, gesteel
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum, Sabric, sê minstens 1 227 kitsbanke en 310 banktakke is tydens verlede maand se onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal beskadig of vernietig. Bykans 120 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kontant is binne agt dae gebuit, terwyl nagenoeg 40 kitsbanke fisiek van hul persele verwyder is en 82 kluise in banke oopgebreek is. Sabric […]
SA-skole moet Oktober vakansie kanselleer
Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta sê die voorgestelde plan om die Suid-Afrikaanse skoolvakansie in Oktober te skrap, sal onderwysers en leerlinge help om op die voltooiing van die derde kwartaal se leerplan te fokus. Die departement van Basiese Onderwys gaan moontlik die vakansie kanselleer om die verlore onderrigtyd aan te vul. Makaneta sê die stap sal […]
Korrupsie by plaaslike owerhede in SA is kommerwekkend
Corruption Watch in Suid-Afrika sê dit is duidelik uit die meeste korrupsiesake rakende plaaslike regering dat Suid-Afrika in die algemeen ‘n leierskapskrisis het. Die organisasie het volgens sy jongste verslag verlede jaar 857 bewerings van korrupsie in plaaslike regering ontvang. Melusi Ncala van Corruption Watch sê die stad Johannesburg is 700 keer in korrupsie-verwante verslae […]
Jonger mense minder geneig om Covid-inenting te vertrou
Navorsing toon die aanvaarding van Covid-19-entstof in Suid-Afrika het toegeneem. Dieselfde tendens kan in Namibië ervaar word veral na die verwoestende impak van die derde vlaag. Die buurland se Sentrum vir Maatskaplike Verandering aan die Universiteit van Johannesburg het intussen twee verslae bekend gestel oor die jongste bevindings oor die aanvaarding en huiwering oor inenting. […]
‘R. Kelly het geweet ek is te jonk’
Die verhoor van die Amerikaanse sanger R. Kelly het in New York begin. Kelly staar klagte van seksuele misbruik van minderjariges, omkopery en meer in die gesig. Die eerste getuie het aan die hof vertel dat Kelly wel bewus was dat sy minderjarig was toe hy haar na sy huis gebring het. Toe hulle die […]
Behou die rooilyn – UDF
Die UDF-party se president, Apius !Auchab het ‘n beroep op die regering gedoen om die veterinêre kordonheining in plek te hou. Sy aanmerkings volg op die hofsaak wat deur die Affirmative Repositioning-beweging se Job Amupanda gebring word om die rooilyn te verwyder. !Auchab sluit hom aan by kenners in die landbou dat uitvoere onmiddellik gestaak […]
Versterkingsdosisse in VSA onder die loep
Die Amerikaanse regering wil van 20 September af versterkingsdosisse van die Covid-19-entstof wyd beskikbaar stel aan volwassenes wat ten volle met die Pfizer- en Moderna-entstof ingeënt is. Gesondheidswerkers, inwoners van versorgingsoorde en ander ouer mense sal eerste die versterkings-inspuitings ontvang. Amerika se geneesheer-generaal, Vivek Murthy, sê ‘n versterkingsdosis is nodig vir die maksimum beskerming deur […]