Walters se kantoor reël mediese hulp aan gevangenes
Die Namibiese ombudsman advokaat John Walters het reeds terugvoering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee oor die situasie in die aanhoudingselle op Swakopmund. Gevangenes sê hulle is aangerand na hulle amok gemaak het oor voedseltekorte gepaard met sterk medikasie vir tuberkulose en MIV. Walters sê mediese hulp word op die oomblik ontbied.
Verhoorafwagtende gevangenes sê hulle is aangerand
Verhoorafwagtende gevangenes op Swakopmund het uitgereik na Kosmos 94.1 Nuus. Hulle sê hulle word met sterk medikasie vir tuberkulose en MIV behandel maar eet twee keer daagliks, met uiterse klein porsies. Die medikasie maak hulle siek. ‘n Groep het volgens die gevangenes buite die selle oproerig hieroor geraak en hulle is na bewering met traangas, […]
Europese burgers word dringend uit Kaboel ontruim
Die Europese Kommissie sê die ontruiming van Europese Unie personeel, burgers en plaaslike personeel wat saam met die unie en lidstate in Afghanistan gewerk het, is ‘n onmiddellike prioriteit. Die unie se kommissaris van Binnelandse Sake, Ylva Johansson, sê die onstabiliteit in Afghanistan sal waarskynlik tot groter migrasie-druk lei, en hulle berei dus vir alle […]
Wêreldrugby kyk na plaasvervangers in elite rugby
Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, sê ‘n grootskaalse studie oor die impak van plaasvervangers in elite rugby is aan die gang. Hy het gereageer na die vrystelling van ‘n openbare brief waarin ‘n hele paar rugby-legendes daarop aandring dat plaasvervangers net opgestuur moet word as ‘n speler beseer is. Hulle sê dit moet gedoen […]
Spencer steeds spoorloos weg
Spencer Nakale is steeds vermis nadat hy spoorloos verdwyn het op 28 Desember verlede jaar by Lüderitz. Sy pa, Nelson sê hy kou vas aan hoop dat sy seuntjie, wat vier jaar oud was toe hy verdwyn het, eendag gevind sal word. Hy het aan plaaslike media gesê dat hulle nou inligtingsbokse aanbring sodat mense […]
Paddas is ‘n beduidende aanwyser van besoedeling
Bedreigde paddas en slange kan as aanwysers gebruik word om waterbronne te beskerm en ‘n waardering vir hierdie dikwels gevreesde gediertes te kweek. Dit is die mening van een van Suid-Afrika se voorste herpetoloë wat vir die Trust vir Bedreigde Natuurlewe werk, Jeanne Tarrant. Sy word in die Global Women se HERpetology-projek erken. Tarrant sê […]
Fluitjieblasers in SA geloof, Nam wag nog op wetgewing
Namibië se fluitjiebaser-wetgewing is steeds nie in plek nie en die vertragings wat deur die inperkings veroorsaak is, beteken dat die Nasionale Vergadering nog nie die dokument bespreek het nie. Intussen het die hoof van Corruption Watch in Suid-Afrika, Melusi Ncala aangekondig dat 5 000 fluitjieblasers gevalle van korrupsie in plaaslike regering by die organisasie […]
Katjavivi moet sê oor heining by parlement – PDM
Nog reaksie word ontvang op die heining wat op die oomblik by die parlementstuine in die hoofstad opgerig word. Die perseel sal toe wees vir die publiek, as owerhede so voel, omdat hekke ook opgerig word. Vroeër het die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die regerende party is skrikkerig vir van die opposisiepartye. Nou […]
Zuma het niks met wapenaankope te doen gehad nie
Die Jacob Zuma-stigting sê hy het skriftelik dokumente aangevra van prominente organisasies en stigtings wat by die wapentransaksie baat gevind het. Die stigting het onder meer aan die ANC en die Nelson Mandela-stigting briewe gestuur. Die voormalige president Jacob Zuma staan tereg op bedrog, korrupsie, rampokkery en geldwassery in verband met die wapentransaksie van 1999. […]
Kunene se handwerkers is verlig
Die Handwerkvereniging in die Suide van Kunene sê hulle maak staat op meer toeristse om ekonomiese aktiwiteite te kan hervat. Maar volgens die vereniging se adjunk-voorsitter Valerie Namases is daar reeds besoekers aan die gebied en lede het weer begin om skeppings te maak. Nes in plekke soos Okahandja, is die handwerkers afhanklik van besoekers […]