Mariental se Clicks skenk aan leerders
Clicks in Mariental het ‘n skenking gemaak aan 33 leerders van die Samuel Veldskoen en Mukorob primêre skole. Die twee skole is in gemeenskappe wat gekenmerk word deur armoede en maatskaplike uitdagings. Die leerders gaan op ‘n uitstappie en Elretha April, die winkelbestuurder, het toiletware vir die leerders geskenk. Die uitstappie is deur die goewerneur […]
Ekonoom praat oor nasionale rekening en stand van ekonomie
Meer inligting is ontvang oor die jongste verslag van die Namibiese Statistieke Agentskap. Die jaarlikse nasionale rekening vir die land is bekend gemaak. Daar is meer as 13 000 werksverliese sedert die begin van die pandemie aangeteken en die ekonomie sal vanjaar ‘n rekord-inkrimping aanteken. Theo Klein ‘n ekonoom van Simonis Storm het met Kosmos […]
Ombud-onderhoude met ‘n week uitgestel
Die onderhoude vir die nuwe ombud vir Namibië is weer uitgestel. Die onderhoude van die drie kandidate Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha sal nie môre soos voorheen aangekondig, plaasvind nie. Volgens Selma Mwaetako, skakelbeampte vir die regbank, sal die onderhoude op 27 Augustus plasvind.
Sluit aan by die Mutt-Strut
Die Dierebeskerming Vereniging hou op 4 September sy jaarlikse Mutt-Strut by Avisdam in die hoofstad. Diere-eienaars wat wil deelneem en help om fondse in te samel vir die DBV kan die organisasie kontak, soos die nasionale direkteur van die vereniging, Hanna Rhodin verduidelik.
Noa gesels oor korrupsie by plaaslike owerhede
Korrupsie by plaaslike owerhede in die buurland is in die nuus na ‘n verslag van Corruption Watch. Net meer as 850 bewerings van korrupsie is by die liggaam ingedien in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie gepraat oor die situasie in Namibiese plaaslike owerhede en watter uitdagings bestaan.
Grondgrypers eis steeds erwe, handig petisie in
Die groep wat verlede week grond in Otjomuise in die weste van die hoofstad probeer gryp het, het vanoggend ‘n petisie aan Stad Windhoek oorhandig waar hulle erwe eis. Skermutselings het verlede week voorgekom tussen die polisie en die grondgrypers toe strukture wat hulle opgerig het, verwyder is. Die groep sê hulle slaap in tente […]
Amerikaanse dollar versterk, sterk, rand wankel
Die Suid-Afrikaanse rand verhandel tans teen meer as 15,20 teen die Amerikaanse dollar, die swakste vertoning in vyf maande. George Glynos, die medestigter en ekonoom van ETM Analytics in Johannesburg verduidelik die tendens wat sedert Woensdag voorkom.
Verpleegpersoneel staan pasiënt vir twee jaar by
Verpleegpersoneel by die Pretoria-Wes Hospitaal het ‘n paraplegiese Mosambiekse burger gehelp om na sy geboorteland terug te keer. Sy jarelange Suid-Afrikaanse vriendin het hom gelos na ‘n siekte veroorsaak het dat hy sedert 2019 in die hospitaal is. Die paartjie het lank in Tshwane gewoon totdat die vrou besluit het sy wil hom nie by […]
Mapisa-Nqakula word ondersoek vir R5 miljoen-kontrak
Die gewese minister van verdediging in Suid-Afrika Nosiviwe Mapisa-Nqakula word ondersoek omdat sy na bewering omkoopgeld van altesaam 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand van ‘n verdedigingskontrakteur ontvang het. Media berig die parlement se staande komitee van verdediging het twee maande gelede ‘n taakspan aangestel om die bewerings te ondersoek. Die voorsitter van die komitee, Mamagase Nchabeleng, […]
Ekonomie krimp met 8,5 persent vanjaar
Die Namibiese Statistieke Agentskap het die jaarlikse nasionale rekeninge vir die land bekende gemaak. Die verslag is soos ‘n balansstaat en gee ‘n oorsig oor die stand van die Namibiese ekonomie. Volgens die agentskap, sal die ekonomie vanjaar met ‘n rekord 8,5 persent krimp, die grootste sedert onafhanklikheid. Aanvanklike voorspellings het die inkrimping op 8 […]