Kuns in Kaapstad ondersteun

Die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa in Kaapstad en die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n nuwe genootskapsprojek bekend gestel. Dit sal ‘n jaar duur en is ontwikkel om ‘n nuwe geslag kuns- en museum-beroepspersone op te lei. Die genootskapsprogram sal in 2022 afskop en is daarop gemik om ‘n bydrae te lewer tot […]

Read More

Tienerswangerskappe verdubbel sedert Covid-pandemie

Swangerskappe onder leerders het sedert die Covid-pandemie en inperking verlede jaar tydens die 2020 akademiese jaar verdubbel, volgens die Namibiese onderwysministerie. Edda Bohn, adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie sê tienerswangerskappe het tot ‘n verbysterende 3 000 gestyg. Sy sê die swangerskapsyfers ná die onlangse lang wintervakansie is nog nie bekend nie. Bohn gesels met […]

Read More

Sestien Covid-sterftes in vier distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 16 Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig, asook 197 nuwe gevalle uit 1 731 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 11,4 persent verteenwoordig. In die groep is 33 leerders, sewe onderwysers, nege studente en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 2 843 aktiewe gevalle, waarvan 232 mense in hospitale en 42 in intensiewesorgeenhede is. 

Read More

Drie vermeende voornemende renosterstropers bly in aanhouding

Drie Namibiese mans, die 51-jarige Simon Penda Namene, die 41-jarige Mateus Shimbilinga en 32-jarige Gottlieb Timo Wilhelm, het vandag in die Otavi-landdroshof op klagte van die onwettige besit van ‘n jaggeweer en ammunisie sonder geldige lisensies. Hulle bly in aanhouding. Die beskuldigdes is gistermiddag naby Otavi in hegtenis geneem nadat hulle na bewering op pad was na ‘n wildsplaas om te stroop. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan van die Namibiese polisie, kommissaris Barry de Klerk, is […]

Read More

Wes-Kaap byna uit greep van derde vlaag

Alle aanduidinge is nou dat die Wes-Kaap stadigaan uit die greep van die derde vlaag van Covid-19 beweeg. Die provinsie het die afgelope week ‘n afname van 12 persent in sy positiwiteitskoers getoon wat dui op vroeë tekens van die einde van die derde vlaag. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, het meer.

Read More

Twaalf mense sedert Sondag op Kaboel-lughawe dood

Ten minste 12 mense is sedert Sondag in en rondom die Hamid Karzai Internasionale Lughawe in Kaboel in Afghanistan dood. Beamptes van die Taliban en NAVO sê dit is weens geweerskote of ‘n stormloop. Die Taliban het mense aangemoedig om die terrein te verlaat, aangesien duisende desperate burgers steeds uit Afghanistan probeer vlug. Vandag is Afghanistan se Onafhanklikheidsdag en Sky News berig die Taliban beweer hulle vier […]

Read More

Heigh Economic Intelligence: Covid-getalle daal

High Economic Intelligence berig ‘n totaal 1 282 Covid-gevalle in die afgelope sewe dae, wat ‘n gemiddeld van 193 gevalle per dag is wat ‘n daling van 21 persent teenoor die vorige week is. Verlede week is altesaam 74 mense aan Covid dood, wat ‘n gemiddeld van elf sterftes is, wat 35 persent minder as die vorige week is. Altesaam 43 […]

Read More

Noord-Kaap se blommetyd is hier!

Die Noord-Kaap betree nou die spitstyd van sy blommeseisoen. Die Namakwa Nasionale Park sê die blomme sal tussen nou en volgende maand hul beste kleure vertoon. Die parkbestuurder, Pheladi Chuene, sê die oorheersende spesie is tans die valskerm madeliefie, gevolg deur die Namakwa-madeliefie. Chuene sê aanhoudende wind is egter vir die res van die week […]

Read More

Pous stel Vrystaatse akademikus aan

Pous Franciskus het die sosioloog en adjunkhoof: Akademie en Navorsing op die Qwaqwa-kampus van die Vrystaatse Universiteit, Pearl Sithole, aangestel as lid van die Pouslike Akademie vir Sosiale Wetenskappe. Sithole sê sy sien uit om betekenis en invloed met die wêreld te deel in ‘n ruimte wat aan sosiale wetenskappe toegewy is. Pous Johannes Paulus […]

Read More

Kenner gesels oor berading by werksplekke vir Covid-trauma

‘n Plaaslike maatskappy in Namibië soek na beraders vir hul werknemers wat deur die Covid-pandemie geraak is ná sterftes van familielede of geliefdes. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, het gesê dit is inderdaad ‘n baie goeie inisiatief en moet deur werkgewers oorweeg word. Parkhouse praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More