SA: Nosiviwe-Mapisa Nqakula is nuwe speaker
In die buurland is Nosiviwe-Mapisa Nqakula as speaker van die Nasionale Vergadering verkies. Regter John Hlophe het die uitslag aangekondig nadat die verkiesingsproses vroeër afgehandel is. Sy neem die plek in van Thandi Modise wat as minister van verdediging en militêre veterane aangestel is.
Brits-Belgiese vlieënier (19) wil alleen om die wêreld vlieg
‘n Negentienjarige Brits-Belgiese vlieënier het op ‘n reis van 51 200 kilometer vertrek in die hoop om die jongste vrou te word wat alleen om die wêreld vlieg. Zara Rutherford pak die vlug aan in ‘n Shark wat die wêreld se vinnigste mikroligte vliegtuig is. Haar roete sal haar in twee maande oor 52 lande […]
Eskom gaan dienste in dele van Soweto staak weens veiligheidsprobleme
Eskom het bekend gemaak hy het sy dienste in dele van Soweto gestaak weens veiligheidsprobleme. Dit volg op berigte van dreigemente aan sy werknemers en toerusting. Sommige betogers het hierdie week glo klippe na Eskom-werknemers gegooi en hulle verhinder om toegang tot kliënte-netwerksentrums in Diepkloof en Zola te verkry. Gebiede wat verder geraak is sluit […]
Streng regulasies kniehalter Amerikaanse toeriste na Namibië
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië is bekommerd oor die streng toegangsreëls vir toeriste na Namibië sedert die einde van Julie. Volgens die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold word buitelandse toeristemarkte, soos Amerika waarvoor hard baklei is, deur die streng reëls gekniehalter. Sy sê in Julie vanjaar is 4,13 persent van gaste by akkommodasiegeriewe Amerikaanse burgers, wat selfs […]
Namibiese akkommodasiegeriewe se kamerbesetting vir Julie slegs 11,4%
Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië het akkommodasiegeriewe in Namibië in Julie slegs ‘n kamerbesetting van 11,4 persent gehad. Dit is slegs drie persent meer as Julie verlede jaar toe Namibië sy grense gesluit en onder inperking was. Juliemaand is die piekseisoen vir toerisme in Namibië en in 2019 was kamerbesetting 60 persent. Die uitvoerende hoof, […]
Bejaarde vrou op Hentiesbaai aangeval
Nóg ‘n bejaarde vrou is in Namibië aangeval, dié keer op Hentiesbaai. Volgens die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die 62-jarige Elrose Liebenberg wat alleen in haar huis op Hentiesbaai bly, aangeval en beroof. Sy is bewusteloos aangetref en na ‘n hospitaal op Walvisbaai geneem waar sy in ‘n stabiele toestand is. Inspekteur Ileni […]
Russiese entstof kom môre in Namibië aan
Volgens die Namibiese gesondheidsministerie, dr. Kalumbi Shangula, sal Namibië môre die Russies-vervaardigde Sputnik Light-entstof ontvang. Hy het gesê ‘n bykomende entstof, naas Sinopharm en AstraZeneca sal ‘n breër keuse uit drie entstowwe aan die publiek gee. Shangula het Namibiërs aangemoedig om ingeënt te word en gesê na verwagting sal Covid-gevalle, hospitaliserings en sterftes afneem.
Britse man ses weke tronk toe in Singapoer omdat hy nie masker dra
‘n Britse man het uitgevind presies hoe streng die Covid-19-maatreëls in Singapoer toegepas word toe hy ses weke tronkstraf opgelê is omdat hy herhaaldelik protokolle verbreek het en nie ‘n masker in die openbaar gedra het nie. Die 40-jarige Benjamin Glynn het homself verteenwoordig in die aanklagte teen hom nadat hy in Mei geweier het […]
Omgewingsorganisasie gekant teen drywende kragaanlegte
Die omgewingsorganisasie Green Connection het vandag sy mondelinge voorlegging gedoen by die Suid-Afrikaanse Energiereguleerder se openbare verhore oor Karpowership SA se elektrisiteitsopwekkingsaansoek. Die organisasie se woordvoerder, Liziwe McDaid, het aan die paneel gesê Green Connection is op rekord dat hulle teen die drywende kragaanlegte gekant is, maar hulle is ook van mening die lisensiëringsproses is basies gebrekkig. Die organisasie sê indien die lisensie toegestaan word, kan Suid-Afrikaners moontlik […]
Asbesskole in Gauteng onder die loep
Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, moet die Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag oor asbes-skole bekend maak om geregtigheid vir die kinders te verseker. Die DA sê die departement het binne drie maande meer as 431 miljoen rand verkwis op die ontsmetting van skole. ‘n Woordvoerder, Khume Ramulifho, sê […]