N$270 000 vir S-Afrikaner wat sterf in Hawaii ingesamel

Daar is reeds meer as 270 000 Namibiese doller ingesamel met ‘n skare-befondsingsveldtog om die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, se liggaam uit Amerika huis toe te bring. Die 29-jarige is verlede week deur die polisie in Hawaii geskiet nadat hy glo betrokke was by ‘n inbraak by ‘n huis in Honolulu. Myeni, wat in […]

Read More

Boelie-leering bly in aanhouding

Die vermeende boelie in die saak van ‘n Limpopo-skoolmeisie wat haarself om die lewe gebring het nadat sy aangerand is, bly in aanhouding ná haar tweede hofverskyning. Die 14-jarige meisie het vandag weer in die Kinderhof in Thohoyandou verskyn. ‘n Aansoek om haar in haar ma se sorg vry te laat, is geweier. Sy sal […]

Read More

Besluite word in SA gemaak oor skoolbywoning

Die Suid Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys sê dit het met rol-spelers begin vergader, om te besluit of en wanneer leerlinge permanent, op ‘n voltydse basis sal moet terugkeer skool toe. Die land is tans op vlak een van die nasionale inperking, met leerlinge wat sedert laat verlede jaar, op rotasie-basies kontak-klasse bywoon. Fritz Platt, […]

Read More

Digitale bemarking vir toerisme is beste

Kenners in die toerisme bedryf meen dat dit van kritiese belang is dat Namibië nou internasionaal bemark word en ook dat inwoners van die land en die streek, plaaslike toerisme ondersteun. Om die poging te bevorder is die Namibia Wildlife Resorts toepassing weer aangepas om dit maklik te maak vir gebruikers hier en elders om […]

Read More

AstraZeneca entstof word uitgerol

Uitdagings met die vervaardiging van die AstraZeneca Covid-entstof buite Indië is opgelos en die Covax-fasiliteit behoort teen einde Mei 65 miljoen dosisse te ontvang. Die VN se Kinder-agentskap Unicef het die aankondiging gemaak. Ongeveer 80 lande sal besendings ontvang. Unicef sê verder dat 50 miljoen dosisse sal in Mei deur die Serum-instituut in Indië vervaardig […]

Read More

Jeug stel nie belang in lenings nie

Die Ontwikkelingsbank van Namibië se Bestuurder vir die Noordelike Streke Fillemon Nditya het sy teleurstelling uitgespreek oor die bywoning van jongmense by die bank se konsultasies oor sy pakette vir vaardigheidsgebaseerde finansiering. Die bank het die Kunene-streek besoek en nie veel belangstelling by jong mense in Opuwo, Khorixas, Kamanjab en Outjo gesien nie. Die pakette […]

Read More

Alle oë op Uganda … druk vir jonger aanstellings neem toe

Daar is groot afwagting vir die aanstelling van die Ugandese President Yoweri Museveni se nuwe kabinet nadat hy ‘n sesde termyn in die afgelope verkiesing in daardie land ontvang het. Daar is hoop dat hy ‘n jonger kabinet sal aanstel met van sy kamerade wat reeds diep in hulle sewentigs is en toenemende druk van […]

Read More

2021 kan aarde baie vinniger verwarm en dis hoekom…

Die internasionale energieagentskap waarsku dat namate die wêreldekonomie herstel na die Covid-19 pandemie, koolstofdioksiedvrystellings dwarsoor die wêreld vanjaar gevaarlike vlakke sal bereik. In ‘n pas uitgereikte verslag skat die agentskap dat koolstofvrystellings weens energieverbruik in 2021 tot 1,5 miljard ton sal styg. Dit sal die tweede grootste jaarlikse toename in energie-verwante vrystellings ooit wees. Die […]

Read More

So lyk die jongste syfers in verband met Covid

Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het 102 gevalle van Covid uit 1 482 toetse vandag bekend gemaak. Windhoek het 32, Hardap 29, almal in Rehoboth, Erongo 17, Otjozondjupa 10, Karas 6 en die res, landwyd versprei. Daar is 24 leerders en 3 onderwysers in die groep. Nangombe het ook […]

Read More

Namibië steeds die top land vir persvryheid in Afrika

Namibië het sy top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland behou. Die land is wêreldwyd, 24ste geplaas. Die Namibiese regering het sedert onafhanklikheid baie vryheid aan die pers toegestaan en terwyl daar uitdagings is met toegang tot inligting, kan Namibië se verslaggewers in ‘n veilige omgewing werk. Gwen Lister, […]

Read More