EU vier Europa-dag met talle geleenthede plaaslik
Die Europese Kommissie in Namibië sal Vrydag meer besonderhede bekendmaak oor die vieringe wat oor die volgende paar weke sal plaasvind om nie net Persvryheidsdag en die Windhoek Deklarasie te herdenk nie maar ook Europa-dag wat op die 9 Mei herdenk word. Daar is verskeie geleenthede soos Susan Marie-Lewis, Kommunikasie Beampte by die kommissie verduidelik..
Publiek en media van Fishrot-verrigtinge bywoon
Die Namibiese Regbank het aangekondig dat die voorverhoor van die Fishrot-saak wat môre in die Hoërhof begin, nie regstreeks uitgesaai sal word nie. Verrigtinge is oop die lede van die media en die publiek. Selma Mwaetako, die Skakelbeampte by die Regbank het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Nuwe lisensies vir SA loodse
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart-owerheid gaan vandag ‘n kaartlisensie vir lugvaartpersoneel bekendstel wat die boekies sal vervang wat tans gebruik word om lisensiehouers te identifiseer. ‘n Woordvoerder van die owerheid, Kabelo Ledwaba, sê die kaart het talle voordele en meer veiligheidskenmerke. Hy sê gevorderde tegnologie wat in identifikasiekaarte gebruik word, maak dit feitlik onmoontlik om te vervals:
Bouplanne in hoofstad bekend vir Maart
Stad Windhoek het 228 bouplanne in Maart goedgekeur wat 3,2 persent hoër is as die planne wat in Februarie goedgekeur is. Luidens die verslag wat deur IJG Sekuriteite saamgestel is die planne 158,1 miljoen Namibiese doller werd. Geboue ter waarde van 94,3 miljoen doller is voltooi tydens Maart, wat 73,4 persent hoër is as die […]
Buy Local, Grow Namibia kom weer
Die Namibiese Ministerie van Industrialisasie berei voor vir ‘n tweede fase van die Buy Local, Grow Namibia veldtog. Die veldtog moedig Namibiërs aan om plaaslike produkte te ondersteun. Die Voorsitter van die Team Namibia raad Pieter van Niekerk het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Strandmyne by Weskus veroorsaak betoging
‘n Groep omgewingsaktiviste van die drukgroep Protect The West Coast het ‘n vreedsame betoging gehou teen die ontginning van die strand by die Torminmyn naby Brand se Baai aan die Weskus. Hulle het ook ‘n griefskrif aan ‘n verteenwoordiger van die Australiese mynmaatskappy, die Mineral Sands Resources, oorhandig. Die leier van die betoging, Mike Schlebach, […]
Johnson soek ‘n middel vir Covid
Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê wetenskaplikes glo daar sal een of ander tyd vanjaar nog ‘n vlaag Covid-19 voorkom. Die land het reeds meer as 4 miljoen gevalle en 127 000 sterftes aangemeld. Johnson sê sy regering stel ‘n teenvirus-taakspan aan om teen die Europese herfs minstens twee middels te vind wat mense […]
Interne ondersoek na Khorixas video
Die Kunene polisie se streek bevelvoerder Kommissaris James Nderura se ‘n interne ondersoek is geloods en ‘n span is op pad na die streek toe om die insident waar ‘n vrou deur polisie beamptes aangerand word te ondersoek. ‘n Video is van die voorval gemaak en op sosiale media versprei. Nderura sê die vrou in […]
SA praat met Botswana oor verbod op voël-invoere
Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het bevestig dat hy met sy eweknie in Botswana saamwerk om dié land se verbod op pluimvee-invoere uit die buurland opgehef te kry. Dit volg op bevestiging dat die uitbreking van voëlgriep op twee plase in Gauteng en een in Noordwes onder beheer is. Botswana het […]
Lühl saak is baie kompleks – Katjipuka
Phillip Lühl se regsverteenwoordiger Uno Katjipuka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe nadat die Hoë Kommissariaat in die buurland geweier het om hom by te staan met ‘n aansoek vir noodreisdokumente vir sy tweeling dogters. Namibiese amptenare in die buurland het hom na Windhoek verwys. Katjipuka…