Kenners maan oor plastiekbesoedeling en invloed op pelsrobbe

Vislyn en nette het ‘n groot impak op Kaapse pelsrobbe, die algemeenste mariene soogdier wat aan die kuslyn van Suid-Afrika en Namibië voorkom. Alhoewel hulle bevolkingsgetalle as gesond beskou word, veroorsaak plastiekbesoedeling, en veral vislyn en nette, erge beserings en kan dit ‘n stadige, pynlike dood tot gevolg hê. Naudé Dreyer van Ocean Conservation Namibia […]

Read More

Copps 94.1 weer bedrywig

Namibië se enigste teenmisdaad realiteitsprogram Copps 94.1 met borge die Windhoekse Stadspolisie, G4S Namibië, Auas Motors, Minet Namibië Insurance Brokers and E-Med Rescue 24 was oudergewoonte gisteraand tussen agtuur en middernag in die hoofstad bedrywig. Francois Lottering was op grondvlak.

Read More

Afghanistan bly in die nuus

Die Verenigde Nasies het die internasionale gemeenskap versoek om Afghanistan in sy uur van nood by te staan ná die stryd tussen die Taliban en Afghaanse magte honderdduisende mense gedwing het om uit hulle huise te vlug. Die hoofstad Kaboel ondervind steeds ‘n reuse instroming van mense van provinsies oral in die land waar hulle […]

Read More

Lekker rugby vanmiddag

Rugby: Die Springbokke meet vanmiddag kragte teen Argentinië in die Kampioenskapstoets in Gqeberha en sal hul beste moet lewer nadat die tweede span die besoekers verlede week geklop het. Afrigter, Jacques Nienaber, het verskeie veranderinge vir die wedstryd aangebring alhoewel hul ‘n week gelede 32-12 gewen het, sonder die meeste spelers wat in die reeks […]

Read More

Nelson Mandela-stigting het glo voordeel getrek uit omstrede wapentransaksie

Voormalige president Jacob Zuma van Suid-Afrika se regspan het na wat berig word die Nelson Mandela-stigting uitgewys as een van dié stigtings wat voordeel getrek het uit die omstrede wapentransaksie in die 1990’s. Zuma en die Franse wapenmaatskappy Thales staan tereg op aanklagte van korrupsie wat verband hou met bedrog van miljarde rande. Volgens berigte […]

Read More

Shoprite se aankoop van kettingwinkels van Massmart wag op goedkeuring van die Mededingings-kommissie

Die Mededigings-kommissie van Suid-Afrika moet nog Shoprite se aankoop van Cambridge Food, Rhino Cash and Carry en Massfresh van Massmart goedkeur. Massmart, wat ook Game en Makro besit, het aangekondig hy verkoop die kettingwinkels aan Shoprite vir 1,36-miljard-rand. Die transaksie sluit 56 kruidenierswinkels in, asook Fruitspot en 12 Masscash Cash and Carry-winkels. Die media berig […]

Read More

Die SAOG-streek staar groeiende bedreiging van terrorisme in die gesig

Die Suider-Afrikaanse streek staar volgens berigte ‘n groeiende bedreiging van terrorisme in die gesig, veral in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Mosambiek. Die tentakels van die terroriste strek tot in Tanzanië en bedreig die hele streek se stabiliteit, asook politieke onstabiliteit in Lesotho. ‘n Aksieplan is deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek se sekretariaat in […]

Read More

Approaches for a Long Distance Relationship

There are many benefits to having an extended distance relationship. It can improve your chances of getting the man or woman of your dreams. In fact , it may even enhance your chances of having committed. Just follow these tips and will also be well on your way to enjoying a wonderful marriage. The best […]

Read More

Swaarste reën op Groenland-kruin sedert 1950

Stygende temperature op Groenland se kruin het veroorsaak dat warm lug amper sewe miljard ton water op die ys stort, die swaarste reënval op die ys sedert daar in 1950 met rekordhouding begin is. Dit is die derde keer in minder as ‘n dekade dat temperature tot bo vriespunt gestyg het. ‘n Senior navorsingswetenskaplike by […]

Read More

Farmaseutiese aanleg in Durban open ‘n maand ná onluste

Die farmaseutiese maatskappy, Cipla South Africa, se aanleg in Durban het ná ‘n maand se herstelwerk heropen en minstens 500 werknemers kan terugkeer werk toe. Die aanleg is verlede maand geplunder en verwoes toe die onrus in KwaZulu-Natal ‘n hoogtepunt bereik het. Die aanleg is die grootste farmaseutiese aanleg in die land. Dit vervaardig 1,2 […]

Read More