Mynbou hou op 1 September virtuele konferensie
Die Kamer van Mynwese van Namibië sal op 1 September sy 2021 virtuele mynboukonferensie hou, alhoewel die mynbou-ekspo gekanselleer is. Die tema vir vanjaar se konferensie is : “The Namibian Mining Industry’s Resilience and Growth Post Covid-19”. Met die Covid-pandemie wat verwoesting in die Namibiese ekonomie gesaai het, het die mynbousektor voortgegaan om die Namibiese […]
Tim Noakes betree inentingsdebat
Die bekende Suid-Afrikaanse sportwetenskaplike, professor Tim Noakes, is voor stok gekry vir sy omstrede uitlating oor die Covid-entstof. Hy het getwiet dit wat hy op mediese skool van entstof geleer is, is nie dít wat nou as entstof aangebied word nie. Noakes het gereageer op ’n twiet waarin dr. Anthony Fauci, Amerikaanse kundige op die […]
Bolandse vrou skuldig aan statutëre verkragting van seun, 13
’n Vrou van ’n Bolandse dorp wat in 2020 ’n seksuele verhouding met ’n toe 13-jarige tienerseun gehad het, is in die landdroshof in Worcester skuldig bevind aan statutêre verkragting. ’n Baba is glo ook uit die verhouding gebore. Luidens die klagstaat het die 25-jarige vrou en die tienerseun tussen 2 Januarie en April 2020 […]
Henry Seibeb van LPM sê eerste minister moet bedank
Henry Seibeb van die Landless People’s Movement sê die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila verpersoonlik die diefstal van openbare hulpbronne op industriële skaal en moet onmiddellik bedank of deur President Hage Geingob afgedank word. Hy sê sy moenie naby die staatskas of openbare hulpbronne kom nie, want haar tydperk van 14 jaar as finansminister en […]
Noord-Kaapse munisipaliteit verwerp Onteieningswet
Die parlementêre portefeuljekomitee op openbare werke het openbare verhore oor die Onteieningswet in die Noord-Kaap aangehoor. Die komitee het in Kathu voorleggings aangehoor en sit môre in Kimberley. Inwoners van die Khai Ma-munisipaliteit het tydens Sondag se eerste sitting die voorgestelde wetgewing verwerp. Die voorsitter van die komitee, Nolitha Ntobongwana, sê die meerderheid van die […]
Jong Wes-Kapenaars skroom nie vir inentings
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde sê die meerderheid van die meer as 50 000 Wes-Kaapse inwoners wat Vrydag teen Covid-19 ingeënt is, was jongmense tussen 18 en 35 jaar. Inentings vir hierdie ouderdomsgroep het Vrydagoggend geopen met duisende jong mense wat sedertdien vir hul inspuiting geregistreer en gegaan het. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt […]
Stad Windhoek se begroting is meer as N$500 miljoen
Stad Windhoek se waarnemende uitvoerende hoof, George Mayumbelo, het gesê die stad kan nie die invloei van sowat 10 000 mense hanteer wat elke jaar na Windhoek trek vir beter geleenthede nie. Hy het dit vandag tydens goedkeuring van die jaarlikse begroting van meer as 500 miljoen Namibiese dollar vir die 2021-2022 finansiële jaar gesê, […]
Seksuele misdryfverhoor van biskop Bafana Stephen Zondo tot 30 Augustus uitgestel
Die seksuele misdryfverhoor van die Suid-Afrikaanse biskop Bafana Stephen Zondo is uitgestel. Zondo het vandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van verkragting en regsverydeling. Zondo het na bewering lede van die Rivers of Living Waters-kerk in Sebokeng seksueel aangerand, insluitend ‘n vrou wat minderjarig was ten tye van die misdaad. Zondo moet […]
Suid-Afrikaanse alkoholregulasies steeds in die hof
Die Suid-Afrikaanse wynbemarkingsorganisasie Vinpro sê hulle het nog nie die stryd laat vaar om die bedryf ten volle te heropen nie. Die hofsaak waarin Vinpro die regering se benadering oor alkohol-regulasies betwis, word van vandag tot Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor. Die besturende direkteur, Rico Basson, sê daar is ook ‘n tussentydse aansoek wat […]
Kommer oor uitvoere van sagte vrugte weens vertraging van verskeping
Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, is bekommerd oor die moontlike nadelige uitwerking op uitvoere van sagtevrugte weens vertragings in verskeping as gevolg van sterk wind, toerusting wat onklaar raak en tekorte met houers. Hy moedig Transnet aan om maatreëls te tref om verlore tyd by hawens in te haal deur nuwe toerusting aan […]