DroogtehulpSA het hulp nodig

Droogtehulporganisasies in Suid-Afrika werk onverpoosd om boere van voer- en voedingshulp te voorsien en sê hulle is op hulle knieë. Dit het die boere nou genoodsaak om die publiek te vra om hierdie organisasies te help sodat hulle gemeenskappe kan bystaan wat nie toegang het tot finansiële- en ander hulpbronne nie. Die stigter van DroogtehulpSA, […]

Read More

GIZ lei houtskoolprodusente op

Die Namibiese handelsministerie gaan in samewerking met die Duitse samewerkingsorganisasie, GIZ, vandag ‘n sertifikaatseremonie vir volhoubare houtskoolproduksie-opleiding hou wat aan 23 Namibiërs van klein- en medium-ondernemings oorhandig sal word. Die geleentheid sal vanoggend tussen elf-uur en twaalf-uur deur die adjunkminister, Michael Humavindu, bygewoon word. Sharon Zaaruka, woordvoerder van die projek en tegniese adviseer, praat met […]

Read More

Siviele eis teen Dippenaar – hofdatums dalk vandag bepaal

Die siviele eis wat die Duitse burger Antonia Joschko teen Jandré Dippenaar ingestel het is geskeduleer om vandag voor te kom voor regter Shafimana Ueitele. Daar sal nuwe verhoor datums bepaal moet word omdat Joschko se regsverteenwoordiger sê dit is nie duidelik of Dippenaar regsverteenwoordiging bekom het of nie. Die saak was reeds uitgestel as […]

Read More

Queensland is gasheer vir rugbykampioenskap

Die beheerliggaam Sanzaar het bevestig die res van die Rugbykampioenskap sal in die Australiese staat, Queensland, gespeel word. Die Wallabies en die All Blacks sowel as Suid-Afrika en Argentinië sal oor ‘n tydperk van vier weke kragte meet, tussen die 12de van volgende maand en die tweede Oktober. Die uitvoerende hoof van Sanzaar, Brendan Morris, […]

Read More

SA-verpleër ook vas oor vervalste Covid-toetse

Die Booysens-landdroshof in Pretoria het borgtog van 3 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan aan ‘n verpleegkundige van die Parkhurst-kliniek in Johannesburg in verband met die verkoop van vervalste Covid-19-toetssertifikate. Skhumbuzo Manana is die naweek in hegtenis geneem nadat hy betrap is dat hy die vervalste sertifikate teen 500 rand verkoop. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag […]

Read More

Ardern sê hulle waag niks met Delta nie

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, sê die 35 nuwe gevalle van Covid-19 wat gister in die land aangemeld is, was nie onverwags nie. Ardern het die inperking in Nieu-Seeland verleng en die land bly op vlak vier – die hoogste vlak van inperking – tot middernag Vrydag. Die meeste gevalle is in die grootste […]

Read More

Verpligte inenting steeds onder bespreking in SA

Terwyl verpligte inentings nog nie plaaslik onder bespreking gekom het nie, het die voorsitter van die Suid-Afrikaanse ministeriële advieskomitee oor Covid-19, Barry Schoub, gesê hulle bespreek die moontlikheid dat inentings vir sekere groepe mense verpligtend moet wees. Hy sê hulle het egter nog nie die regering hieroor geadviseer of enige voorstelle in die verband gedoen […]

Read More

IMF leen R65 miljard aan SA

Die Internasionale Monetêre Fonds sê die koronavirus-pandemie het die ekonomiese toestand in Suid-Afrika verswak. Die lidlande van die fonds het gister hul aandeel in die nuwe spesiale trekkingsregte-toewysing begin ontvang – die grootste in die fonds se geskiedenis. Suid-Afrika as een van die begunstigdes het ‘n inspuiting van 65 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die fiskus […]

Read More

Amerikaners was in selfoonkontak met Heckmair

Die moordverhoor van die twee Amerikaanse burgers, Kevan Townsend en Marcus Thomas hervat volgende week Maandag in die hoërhof. Die saak sloer reeds sewe jaar en 11 jaar nadat Andre Heckmair doodgeskiet in sy motor in Klein Windhoek gevind is. Volgens die jongste getuienis wat in die hof gelewer is, was daar selfoonkontak tussen die […]

Read More

Huishoudings se skuldvlakke wek kommer

Namibiese verbruikers trek noustrop en die meeste se skuldprobleme raak by die dag groter met meeste van die privaatsektor kredietverlening wat aan huishoudings gaan. Die jongste plaaslike syfers toon dat teen Maart vanjaar het huishoudings 50 persent van hulle inkomste op skuld bestee en in Suid-Afrika lyk die prentjie nie anders nie. Die bedryfshoof van […]

Read More