Job se Dankie Botswana gevind

Die sogenaamde Dankie Botswana Toyota Corolla van die Burgemeester van Windhoek, Job Amupanda is gevind. Luidens die jongste berigte is die motor, wat gedurende die nag in Rocky Crest gesteel is, aan die westelike kant van die hoofstad in die veld gevind. Verskeie onderdele is verwyder. Die polisie se ondersoek duur voort.

Read More

So lyk Covid vandag

Daar is 211 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig uit 1 928 toetse. In die Khomas-strek het Windhoek 46. Kunene het 35 aangemeld en Hadap 23 met 22 in Rehoboth. Ohangwena het 19 en Oshikoto 18. Daar is 17 gevalle in Erongo en 15 in Otjozondjupa. Die Kavango Oos-streek het 13 en die res is […]

Read More

Nog 3 stropers in Kruger vas

SANParke in die buurland het die nuus dat drie vermeende stropers in die Kruger Nasionale Wildtuin vasgetrek is verwelkom. Die nuus kom kort op die hakke van die arrestasie van 5 stropers verlede week. SANParke se Woordvoerder Isaac Phaala…

Read More

Jonas sal dalk nog by Spele kan deelneem

Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee Joan Smit sê daar is altyd ‘n kans dat Jonas Junias Jonas deel sal neem aan die Spele. Jonas is tans in aanhouding in Swakopmund op klagte van poging tot moord na hy ‘n lid van die publiek aangerand het. Daar is ook ander klagte teen hom. […]

Read More

Omgewingsvriendelike plaagdoder vir Zambezi

Die VN se Voedsel en Landbou-organisasie het ‘n groot skenking gemaak aan Namibië vir die bekamping van die sprinkaanplaag. Meer as 330 000 Namibiese doller is in beskermende toerusting geskenk en 160 kilogram omgewingsvriendelike plaagdoder is ook geskenk aan die Zambezi-streek. Dit het groot verligting veroorsaak veral met die ondergrondse waterbronne. Die plaagdoder wat in […]

Read More

Meer oor die verhongerde leeus van Kunene

Die verhongerde leeus in die Kunene-streek bly in die nuus. Daar is berigte dat daar nog leeus is wat so maer is en dit is onseker presies wat die oorsaak is. Tammy Hoth van die Namibiese Leeu-trust sê nie al die diere in die streek lyk so nie. Sy het die situasie op die grond […]

Read More

ANC-jeug betoog buite VSA-ambassade

Lede van die ANC-jeugliga se taakspan het buite die Amerikaanse ambassade in Tshwane betoog. Hulle vra geregtigheid nadat Amerikaanse polisie Lindani Myeni wat in KwaZulu-Natal gebore is, verlede week doodgeskiet het. Die polisie in Honolulu in Hawaii sê hulle het gereageer op ‘n oproep van ‘n inbraak wat aan die gang is toe Myeni doodgeskiet […]

Read More

Beloning vir inligting oor inbraak by Zondo-kommisie

Die polisie in Gauteng sê hulle bied ‘n onbekende bedrag kontant aan as beloning vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van diegene wat onlangs by die staatskapingskommissie se kantoor ingebreek het. Die rooftog het vroeër die maand in Johannesburg plaasgevind en die rowers het weggekom met ‘n aantal skootrekenaars en […]

Read More

Matigheid voor oë, waarsku polisie

Nampol het lede van die publiek gemaan dat beamptes die naweek regoor die land ontplooi is om te verseker dat Covid-maatreëls nagekom word. Talle mense het salarisse ontvang en voorvalle van geweld, dronkbestuur en misdaad is algemeen met naweke wat aan die einde van die maand voorkom. Die polisie se Woordvoerder Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi […]

Read More

H5-voëlgriep roei in Gauteng en Noordwes

Meer as 270 000 hoenders is die buurland van kant gemaak en goedkeuring is gegee dat die karkasse onder beheerde toestande na ‘n nabygeleë stortingsterrein geneem mag word. Dit volg nadat H5-voëlgriep op twee kommersiële plase in Gauteng en in Noordwes bevestig is. Die stam van ‘n hoogs patogeniese voëlgriep is vroeër vandeesmaand op ‘n […]

Read More