Taliban-teregstelling sonder verhoor: VN glo verslag
Die Verenigde Nasies beskryf verslae van die Taliban se teregstellings sonder verhoor in Afghanistan as geloofwaardig. Die VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, sê melding is ook gemaak van ander menseregteskendings sedert die beweging oorgeneem het, insluitend beperkings op vroue en die werwing van kindersoldate. Internasionale media berig die Taliban het meisies en […]
Pandemies: ons moet na ons interaksie met diere kyk
Klimaatsverandering is reeds deel van die lewe, dit is wydverspreid en neem vinniger en meer intensief toe. Waaroor daar egter nie baie gepraat word nie, is die direkte verband tussen klimaatsverandering en die gevolge van die mens wat by die natuur inmeng. Dit was een van die besprekingspunte in die hoofrede deur die uitvoerende hoof […]
Begrafnisbedrog in SA verras nie
Die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika, sê die toename in vervalste en oneerlike versekeringseise is nie verrassend nie, want taai ekonomiese omstandighede maak dit aanloklik vir oneerlike polishouers en sindikate. Suid-Afrika se lewensversekeraars het verlede jaar ‘n toename van 12 persent in bedrieglike eise ter waarde van 587,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand aangemeld. ‘n […]
EU sal humanitêre bystand vir Afghanistan viervoudig vermeerder
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê sy gaan voorstel dat die finansiële humanitêre hulp vir Afghanistan uit die Europese Unie se begroting, bykans viervoudig vermeerder word. Sy sê dit sal help om in die dringende behoeftes van burgers in die land asook in die naburige gasheerlande te voorsien. Von der […]
Huldeblyke stroom in na dood van Rolling Stones tromspeler
Huldeblyke stroom in ná die dood van die Rolling Stones se tromspeler, Charlie Watts. Die 80-jarige wat hom in 1963 by die groep aangesluit het, is gister in ‘n Londense hospitaal oorlede. Sy mede-orkeslede Mick Jagger en Keith Richards, het hulde aan hom op sosiale media gebring. Jagger het ‘n foto sonder ‘n byskrif getwiet […]
VSA kan beheer oor Covid hê teen Maart 2022
Die Amerikaanse kenner in aansteeklike siektes, dr. Anthony Fauci is van mening dat die VSA volle beheer oor die Covid-pandemie teen Maart volgende jaar kan kry, indien inentings voortduur. Dr. Fauci het ‘n digitale perskonferensie in die VSA toegespreek.
DNS-agterstand by SAPS vorder stadig
Die Suid-Afrikaanse maatskaplike geregtigheidsorganisasie, Action Society, sê hy is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie die agterstand in DNS-toetse in die land ernstig opneem nie. Die polisiebestuur het aan die Parlement gesê van die 210 864 gevalle wat as die aanvanklike agterstand geïdentifiseer is, is 44 537 teen verlede Donderdag suksesvol afgehandel. Daar is egter […]
Vermeende pedofiel se borgaansoek uitgestel
Die borgaansoek van die vermeende pedofiel Johann Maree, sal op 8 September voortgesit word voor die Windhoek-landdros Celma Amadhila. Maree, 50, is verlede jaar in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op […]
Nam se landbouprodukte van topgehalte
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê Namibiese landbouprodukte kan kompeteer met die beste in die wêreld en voldoen aan nismarkte wat kwaliteit eis. Volgens Schlettwein is Namibiese tafeldruiwe en bloubessies van topgehalte en gesog in Europese markte en die dadels, lamsvleis en vis hoef ook nie terug te staan nie. Die plaaslike voorste landbouprodukte word […]
Biden sê hulle sal sperdatum haal
Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê alles verloop volgens plan vir die onttrekking van die land se troepe uit Afghanistan teen volgende Dinsdag se spertyd. Minstens 70 700 mense is uit die hoofstad Kaboel ontruim wat nege dae gelede deur die Taliban oorgeneem is. Die Taliban het Maandag gewaarsku daar sal gevolge wees as die […]