Lande staan Indië by

Die Verenigde State, Frankryk en die Verenigde Koninkryk is van die lande wat begin het om mediese toerusting, insluitend ventilators en ander hulpbronne, na Indië te stuur, in ‘n poging om die toename in korona-virus gevalle in die land te bestry. Indië het tot dusver 17 miljoen Covid-19 gevalle aangeteken en ervaar ‘n tekort aan […]

Read More

Dis Vrydag internasionale Jazz-dag

Internasionale Jazz-dag word Vrydag die 10de keer herdenk en die Franse-Namibiese Kultuursentrum het verskeie geleenthede om die dag te vier. Luise Mwanyangapo, UNESCO se Program Koördineerder in die hoofstad het die besonderhede.

Read More

Die nuwe Basterkaptein praat oor sy visie

Die pasverkose nuwe Basterkaptein Jacky Britz het met Kosmos 94.1-Nuus gepraat oor sy visie vir die kapteinskap. Die afgetrede onderwyser het 2 583 stemme in die verkiesing gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme wat uitgebring is.

Read More

Die Crusaders doen dit weer.

Die Crusaders het hulle indrukwekkende vertonings teen die Blues vandag voortgesit toe hulle die span van Auckland ‘n 14de keer in die Superrugby-Aotearoa-reeks geklop het. Die tuispan het met 29-6 in Christchurch gewen.

Read More

IRV oor beweerde uitbuiting van Suid-Afrikaners

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa se kantoor het nog steeds nie gereageer op sy memorandum waarin hy ‘n beroep op die regering doen om verantwoording te doen vir die wydverspreide en voortdurende uitbuiting wat landsburgers daagliks teister nie. Die memorandum is aan die begin van verlede maand afgelewer en ‘n […]

Read More

Jacky Britz is die nuwe Basterkaptein

Die afgetrede onderwyser Jacky Britz is die nuwe Basterkaptein. Hy het 2 583 stemme in die verkiesing vir ‘n nuwe kaptein gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme wat uitgebring is.

Read More

Amerikaanse ambassadeur gee meer besonderhede oor sonkrag-projek

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië Lisa Johnson het meer besonderhede gegee oor die besluit van haar regering om die befondsing van die beplande gesamentlike sonkrag-projek van Namibië en Botswana goed te keur .

Read More

NBC staking duur voort

Die Raad van die NBC hou eerskomende Dinsdag ‘n nuuskonferensie oor die staking by die openbare uitsaaier. Die staking het al die dienste lamgelê. Meer inligting hieroor sal waarskynlik Dinsdag bekendgemaak word. Intussen het talle Namibiërs op die oomblik geen toegang tot inligting nie.

Read More

President Hage Geingob verdedig aanstelling

President Hage Geingob het die aanstelling van die 22-jarige Patience Masua, tans die Voorsitter van die SAOG Jeugforum as parlementslid vir Swapo sonder stemreg verdedig. Dr Geingob het tydens die vierings van Swapo se 61 ste bestaansjaar op Rundu daarop gewys dat dit belangrik is vir die party om in die jeug te belê. Volgens […]

Read More

Personeel pleit by minister

Krieket: Die personeel van Krieket Suid-Afrika het aan die buurland se minister van Sport, Nathi Mthethwa, geskryf om te pleit vir die heroorweging van sy besluit om die sportliggaam amptelik van sy nasionale erkenning en gesag te stroop. In ‘n brief spreek hulle hul kommer uit oor hulle voortbestaan wat ernstig in gedrang is en […]

Read More