SA-regering reageer swak tydens pandemie

Die Instituut vir Armoede en Ongelykheid sê Suid-Afrika se reaksie op die unieke ekonomiese krisis weens die Covid-19 pandemie was onvoldoende. Ekonome by die instituut sê die regering se besuinigingsbeleid sal herstel kniehalter. Een van die navorsers, Duma Gqubule, sê President Cyril Ramaphosa se leningsprojek van 200 miljard Namibiese doller was ‘n enorme mislukking.

Read More

Red Force en Keetmans in die hof

Die saak waar Red Force Debt Management die Keetmanshoop Munisipaliteit dagvaar vir 1,6 en 1,8 miljoen doller in twee eise is vandag voor Regter Nate Ndauendapo vir verhoor. In sy stukke sê Red Force hy het in Julie 2017 ‘n ooreenkoms met die plaaslike owerheid onderteken om skuld in te vorder. Die tweede eis handel […]

Read More

Man vas vir luiperdvel

Die jongste misdaadverslag van die Namibiese polisie sê ‘n 41-jarige Namibiese man is by die Otjiwarongo padblokkade in hegtenis geneem vir die besit van ‘n luiperdvel met ’n beraamde waarde van 150 000 Namibiese doller. Hy het in ’n sogenaamde sewe-sitplek taxi gereis. Die motor is deursoek en die vel is so gevind. In Outjo […]

Read More

Staking: NBC sê môre

Die personeel van die NBC staak steeds. Die raad van die openbare uitsaaier het bekendgemaak dat daar môre ‘n nuuskonferensie in die verband gehou gaan word. Die Direkteur-Generaal van die korporasie, Stanley Similo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

4 boere verskyn in Piet Reteif op aanklagte van moord

AgriSA vra vir kalmte in Piet Retief in Mpumalanga waar die borgtogaansoek in verband met die skietdood van twee broers vandag in die Landdroshof begin. Vier mans word beskuldig van moord op Zenzele en Amos Coka op die plaas Pampoenkraal vroeër die maand. Die twee broers was deel van ‘n groep mense wat volgens die […]

Read More

Arbeid hou vergaderings in noorde

Die Namibiese Ministerie van Arbeid begin vandag tot 3 Mei met raadgewende vergaderings met arbeidsverwante belangegroepe oor relevante arbeidsaangeleenthede in verskeie streke van die land. Volgens ‘n verklaring van die ministerie gaan vergaderings in die Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Otjozondjupa-streke gehou word.

Read More

Keeetmans se Basson op verlof tydens ondersoek

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Keetmanshoop Munisipaliteit Desmond Basson is op drie maande se administratiewe verlof geplaas om die raad ‘n geleentheid te gee om ondersoek in te stel in verband met verskeie bewerings teen hom. Die raad se Voorsitter Easter Isaak het aan nuusagentskappe gesê dat van die kwessies wat ondersoek sal word […]

Read More

My Octopus Teacher wen Oscar!

Die Suid-Afrikaanse dokumentêr My Octopus Teacher het op die 93-ste Oscar-toekennings in Los Angeles die Oscar gewen vir beste dokumentêre film. Die regisseurs, Pippa Ehrlich en James Reed, se film handel oor die verhouding wat oor ‘n jaar tussen die rolprentvervaardiger Craig Foster en ‘n seekat ontwikkel het in ‘n kelpwoud aan die kus van […]

Read More

Britz is nuwe kaptein, Van Wyk sê nee

Die nuutverkose Basterkaptein, Jacky Britz het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat die gemeenskap het. Hy het 2 583 stemme in die verkiesing vir ‘n nuwe kaptein gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme. Britz het sy boodskap aan die Bastergemeenskap in […]

Read More

Jongste oor Covid-gevalle

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 105 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Mariental en Tsumeb het onderskeidelik 11 elk, Outjo en Rehoboth 10 elk, Swakopmund 8 en Windhoek 5. Die res is landwyd versprei. Vyftien leerders en 16 onderwysers het positief getoets vir die virus. Daar is op die […]

Read More