Regter John Hlope in staat van beskuldiging geplaas
Die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, kan binnekort die eerste regter in demokratiese Suid-Afrika word om uit sy amp verwyder te word. Die Regterlike Dienskommissie het gestem om hom in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Die kommissie het nog nie redes verstrek nie, maar dit volg net ‘n paar maande nadat ‘n Regterlike Gedragstribunaal Hlophe […]
Vyf dood naby Franse ambassade in Tanzanië
Vyf mense is dood in ‘n skietvoorval naby Frankryk se ambassade in Tanzanië. Die aanvaller se vier slagoffers is uitgeken as drie polisielede en ‘n privaat sekerheidswag, terwyl die skieter ook noodlottig gewond is. Ses mense is beseer. Internasionale media berig die land se polisiehoof het aan die media gesê die motief vir die aanval […]
Namibiërs hou langnaweek
Talle Namibiërs hou langnaweek en gaan kuier vir hul families en geliefdes. Die noorde van Namibië en die kus is gewilde bestemmings tydens langnaweke. Namibiese polisie se inspekteur Thomas Aiyambo in die Oshana-streek praat met Kosmos 94.1 Nuus.
Heldedag in Namibië
Namibië vier vandag Heldedag en die vakansie word jaarliks herdenk om nie die opofferings van al die trotse Namibiërs te vergeet wat vir vryheid en selfbeskikking geveg het nie. Op 26 Augustus 1966 is die eerste skote vir die vryheidsoorloog by Omugulugwombashe in die Omusati-streek in die sentrale Noorde afgevuur. Dit het 24 jaar geneem […]
Vroue in Afghanistan bly eers tuis
Afghaanse vroue wat werk, is beveel om voorlopig eers tuis te bly, omdat die Taliban se veiligheidsmaatreël kwansuis nie opgelei is om met vroue te werk nie. Die maatreël is baie tydelik, volgens die Zabihullah Mujahid. Intussen het haarkappers in Afghanistan begin om oor vroue wie se foto’s op skoonheidsalonne se mure in Kabul pryk, […]
Entstowwe in Suid-Afrika
Suid-Afrika het genoeg entstowwe om tot die einde van die jaar te hou en beplan dus nie nou om die Chinese Sinovac- of AstraZeneca-entstof aan te koop nie. Popo Maja, die departement van gesondheid se woordvoerder, sê wanneer die regering wél die dag besluit om AstraZeneca se entstof te bekom, sal dit ook nie van […]
Suid-Afrika wil 40 miljoen Suid-Afrikaners voor einde 2021 inent
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê dit beoog om in die komende maande minstens 40 miljoen Suid-Afrikaners in te ent, om kudde-immuniteit te bewerkstellig. Volgens dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, is die doel om soveel as moontlik volwassenes voor die einde van die jaar in te ent. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt […]
Namibiese toerismesektor glo SAL sal later vlugte na Windhoek hervat
‘n Namibiese toerismekenner het gereageer op die Suid-Afrikaanse lugdiens wat sy eerste vlugte in byna twee jaar op 23 September gaan hervat. Windhoek is egter nie in SAL se roetes ingesluit nie. Kaartjies vir die beperkte roetes sal op 26 Augustus te koop wees. Die SAL sal aanvanklik net tussen Johannesburg en Kaapstad, Accra in […]
Baba op Nevermind-albumomslag dagvaar Nirvana ná 30 jaar
Dertig jaar ná die vrystelling van hulle Nevermind-album word Nirvana nou gedagvaar deur die man wat as baba op die ikoniese omslag verskyn het. Spencer Elden sê die kaalfoto kom neer op kinderpornografie en boonop het sy ouers nooit ‘n goedkeuringsvorm onderteken dat die foto gebruik mag word nie. Elden beweer in ‘n regsvoorlegging in […]
Koue langnaweek vir Namibië
Namibiërs kan hulle gereed maak vir ‘n koue langnaweek. Volgens ‘n weervoorspeller van die Namibiese weerkantoor, Odile Kgobetsi, gaan temperature eers môreaand begin afneem, veral in die Suide. Hy sê die koue weer gaan Namibië eers teen Vrydag bereik met reën wat oor die Suidweste verwag kan word. Saterdag kan temperature onder vriespunt daal. Kgobetsi […]