SA gee nasionale voorkeur aan klimaatsverandering – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê selfs terwyl die wêreld voortgaan om die Covid-19-pandemie te beveg, is die stryd teen klimaatsverandering steeds ‘n nasionale voorkeur vir Suid-Afrika. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die verwoestende uitwerking van klimaatsverandering op lewens en voortbestaan in die land word bewys deur die langdurige droogte in dele van die Oos-, die […]

Read More

Damme vertoon steeds goed

Volgens NamWater se jongste dam bulletin is daar 8,4 miljoen kubieke meter water in die afgelope 4 weke vanuit Hardapdam gepomp. Die dam staan tans op 68,6 persent van kapasiteit. Bronne vir die Suide is steeds baie positief met Neckartal wat steeds vol is maar waar die laaste watervlakke op 29 Maart vanjaar gelees is, […]

Read More

‘SAPS’ vorder met DNS-agterstand

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy maak vordering met die inhaal van die agterstand in DNS-toetsing. Die uitstallings bestuurstelsel is gestaak as gevolg van die miljoene wat na bewering verdwyn het. ‘n Nuwe stelsel is hierdie maand begin, met ongeveer 10 miljoen monsters wat gelaai is. Die polisie se Woordvoerder, Vishnu Naidoo, sê DNS-monsters wat vir […]

Read More

Forensiese toetse duur steeds voort na gru-ongeluk in November

Die Namibiese polisie is op die oomblik besig met forensiese toetse op van die oorledenes van Vrydagaand se gru-botsing buite Nkurenkuru waarin tien mense dood is in ‘n botsing reg van voor. Die voertuie het tydens die botsing aan die brand geraak en van die insittendes is onherkenbaar verbrand. Nampol se Kavango-Wes misdaad ondersoek koördineerder […]

Read More

So staan sake by Nudo

Die tussentydse leierskap van die Nudo-party is ontbind tydens ‘n sentrale komitee vergadering wat oor die naweek gehou is. Die party se President Ester Muinjangue het die aankondiging by die vergadering gemaak. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

WGO sal Vrydag Moderna entstof hersien

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal die Moderna entstof op 30 April hersien vir moontlike noodgebruik. Die Woordvoerder van die WGO Christian Lindmeier sê ‘n besluit sal 3 tot 4 dae daarna bekend gemaak word. Die Moderna entstof is die vierde entstof wat deur die WGO hersien word.

Read More

Boere kan nou aansoek doen vir subsidies

Die Namibiese Ministerie van Landbou sê boere in die Kunene, Erongo en Omusati-streke kan eise in verband met verskeie dienste by hulle naaste landboukantoor indien. Dit sluit in die huur van weiding, bemarking van lewendehawe, lek en voer subsidies en kleinskaalse hidroponiese stelsels vir die produksie van voer. Die subsidie dek die maand van Maart […]

Read More

John Kani vereer

Die veelbekroonde legendariese Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en dramaturg, John Kani, is met die Pragnell Shakespeare-toekenning vereer. Dit is ‘n internasionale toekenning wat elke jaar deur die Shakespeare-instituut aangebied word ter geleentheid van die Shakespeare Verjaarsdagviering-middagete by Stratford-upon-Avon. Dit word vanjaar aanlyn gehou. Kunene and the King deur die 77-jarige Kani is ook onlangs deur die […]

Read More

Ondersteun plaaslike produkte

eam Namibië wat in 2003 tot standgekom het as ‘n artikel 21 maatskappy sonder winsbejag, het weer ‘n beroep op die Namibiese gemeenskap gedoen om plaaslike besighede, produkte en dienste te ondersteun. Volgens Pieter van Niekerk die voorsitter van Team Namibië is dit van groot belang vir ekonomiese ontwikkeling en volhoubaarheid..

Read More

35ste herdenking van Chernobyl-ramp

Vandag is die 35ste herdenking van die Chernobyl-kernramp. ‘n Suid-Afrikaanse omgewingsgroep, South African Faith Communities Environmental Institute, sê dit is ook vier jaar sedert die Hooggeregshof in Kaapstad die regering se beoogde kernkragooreenkoms van 1 miljard Namibiese doller onwettig verklaar het. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Francesca da Gasparis, sê die stryd duur voort aangesien […]

Read More