LEGO-Toyota weeg amper 2 ton, kan ry

Toyota vier die 35ste bestaansjaar van sy ikoniese Supra-motor deur ‘n lewensgrootte weergawe van die huidige model ten toon te stel, wat gebou is uit meer as 477 000 LEGO-stukke. Die span van 21 bouers en twee werktuigkundiges het meer as 5 000 uur geneem om die LEGO Supra te bou, wat 1 885 kilogram […]

Read More

Trae inentings sal tot ekonomiese uitdagings lei

‘n Studie wat deur die internasionale navorsingsmaatskappy, Economic Intelligence Unit uitgevoer is, dui aan dat lande wat minder as 60 persent van landsburgers ingeënt het, groot ekonomiese uitdagings in 2022 sal ervaar. Die eenheid sê dat ‘n vertraagde inentingsprogram die wêreld ekonomie 2,3 triljoen Amerikaanse dollar sal kos as gevolg van ‘n daling in produksie. […]

Read More

Nuwe ‘mens’ ontdek

‘n Menslike afstammelingslyn wat tot dusver onbekend was, is ontdek toe die beendere van ‘n tienerjarige jagter-insamelaar wat meer as 7 000 jaar gelede dood is, op die Indonesiese eiland Sulawesi gekry is. Dit is die eerste keer dat antieke menslike DNS ontdek is in die eilandstreek tussen Asië en Australië en dit werp lig […]

Read More

Vleisraad sluit aan by rooilyn-saak

Die Namibiese Vleisraad het hom aangesluit by die hofsaak waar die Affirmative Repositioning-beweging se Job Amupanda die regering dagvaar om die rooilyn te verwyder. Die saak kom volgende week Dinsdag voor. Die Vleisraad het stukke by die hof ingedien en gevra om of tussenbeide te tree of as ‘n vyfde respondent bygevoeg te word. Amupanda […]

Read More

Kabul-aanvalle: ‘Ons sal nie vergeet nie, ons sal nie vergewe nie’

President Joe Biden sê Amerika sal hom nie deur terroriste laat afskrik nie en sal voortgaan met die ontruiming uit Afghanistan. Dit volg nadat minstens 60 mense dood en 140 beseer is, in ‘n dubbele bomontploffing by die lughawe in Kabul. Die oorledenes sluit 13 Amerikaanse weermaglede in. Die Khorasan-provinsie van die Islamitiese Staat het […]

Read More

Japanese misdaadbaas dreig regter prontuit

‘n Japanese misdaadbaas het die regter wat hom die doodstraf opgelê het, gedreig. Die 74-jarige hoof van die Kudo-kay yakuza-groep, Satoru Nomura, beweer hy is onskuldig nadat ‘n hof bevind het hy het ‘n moord en aanvalle op burgers gereël. Japanese media berig daar was ‘n gebrek aan bewyse om Nomura direk met die misdade […]

Read More

Alan se 50% verhogings deur minister verwerp

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die 50 persent salarisverhoging wat deur die Vereniging van Plaaslike Owerhede, bekend as Alan, voorgestel is, verwerp. Alan wou veral groot verhogings in toelaes gehad het. Katrina Shimbulu van die vereniging wou die verhogings vir raadslede, vir beide hulle salarisse en toelae gehad het. Uutoni sê […]

Read More

Good-party het bewyse van nog aanhitsers in buurland

Die Good-party in Suid-Afrika se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hy het bewysstukke aan die polisie oorhandig wat na bewering 26 mense aanwys as aanhitsers van verlede maand se onrus. Herron beskuldig die regering in ‘n verklaring hulle het nie vinnig opgetree teen aanhitsers wat reeds uitgeken is nie. Herron se bewyse sluit in WhatsApp-boodskappe tussen […]

Read More

Suide-boere is gereed vir erge koue

‘n Massiewe kouefront gaan oor Suider-Afrika beweeg met moontlik sneeu in Suid-Afrika, Lesotho, eSwatini en die suide van Namibië, volgens Snow Report South Africa. Die Windhoekse weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik met winderige en baie koue weer, en selfs reën, wat veral in die Suide, voorspel word. Kleinveeboere en gewasprodusente moet die nodige voorsorgmaatreëls tref. […]

Read More

Hulde aan Marco Hausiku

President Hage Geingob het op Twitter gesê hy is verpletter oor die adjunk-sekretaris-generaal van Swapo en voormalige kabinetsminister, Marco Hausiku, wat op Heldedag sy stryd teen Covid-19 in ‘n Windhoekse hospitaal verloor het. Hausiku is vroeg in Julie in ‘n hospitaal op Rundu opgeneem, waarna hy na ‘n Windhoekse hospitaal oorgeplaas is. Geingob het sy […]

Read More