Fopnuus oor inentings irriteer
Veldtogte en optogte deur mense wat huiwerig is oor Covid-19-inentings maak oral in die wêreld opslae. Die medestigter van die BroadReach-groep in Suid-Afrika, Ernest Darkoh, sê ‘n paar opspraakwekkende gevalle het voorgekom waar mense met oënskynlike professionele geloofwaardigheid gevaarlike uitsprake maak wat vals inligting bevat. Die organisasie versprei inligting oor gesondheidskwessies soos Covid-19. Darkoh sê […]
Inenting teen malaria toon positiewe uitslae
‘n Proefneming wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is toon malaria en sterftes aan dié siekte onder kinders in Afrika kan met 70 persent verlaag word as hulle voor die seisoen se hoogtepunt ingeënt word. Die navorsers sê die uitslag is selfs beter as voorkomende medisyne bygevoeg word. Sesduisend kinders jonger as […]
Doodsvoordeel vir staatspensioenarisse
Enige Namibiër wat die ouderdom van 60 jaar bereik het, kan aansoek doen om pensioen van die staat te ontvang, al het die persoon nog nie amptelik by sy werk afgetree nie. Boere word daaraan herinner dat plaaswerkers ook geregtig daarop is, sonder dat hulle uit diens hoef te tree op pensioen. Indien ’n persoon […]
ANC-regering beloof ook dat puttoilette sal waai
Nes in Namibië het Suid-Afrikaanse owerhede groot uitdagings met voldoende sanitasie en die wegdoen van puttoilette regoor die land. Die buurland se departement van water en sanitasie sê hy het planne om ‘n einde te maak aan die gebruik van puttoilette, veral in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. Adjunk-minister David Mahlobo sê die regering […]
Hlophe: speaker kry regsadvies oor pad vorentoe
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa Nqakula, het ‘n brief van die waarnemende voorsitter van die Regterlike Dienstekommissie, regter Sisi Khampepe, ontvang oor hul besluit oor die regter-president van die Wes-Kaap, John Hlophe. Die kommissie het vandeesweek ten gunste daarvan gestem dat Hlophe in ‘n staat van beskuldiging geplaas moet word. Die Regterlike […]
Dr. Hangala doen beroep op landsburgers om in te ent
Die Hangala-groep voel bevoorreg om deel van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid se sakekonsortium te wees wat die Covid-pandemie in Namibië takel. Die uitvoerende voorsitter, dr. Leake Hangala, was teenwoordig tydens die amptelike oorhandiging van ‘n Covid-veldhospitaal van 40 beddens by die Oshakati-staatshospitaal aan die ministerie van gesondheid. Dr. Hangala, gesels met Kosmos […]
Guterres veroordeel Kabul-bomme
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die terroriste-aanval by die Kabul-lughawe in Afghanistan ten sterkste veroordeel. Minstens 90 mense is in die aanval dood, insluitende 13 Amerikaanse soldate, met meer as 150 wat deur die twee bomme beseer is. ‘n Sustersgroep van die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar. Guterres sê die voorval […]
Meer as 1,3m hektaar grond geraak deur veldbrande
Die Namibiese Landbou-unie het die dienste van ’n karteringskundige ingespan om ’n oorsig te verkry oor die landwye situasie van veldbrande vir die maande April tot Augustus vanjaar. Uitslae toon dat ’n totaal van 1 388 188 hektaar landbougrond, wat 503 plase en kleinhoewes insluit, hetsy gedeeltelik of in geheel deur veldbrande geraak is. Die […]
DA bly oor staat van beskuldiging teen Hlophe
Die DA sê die besluit om die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, in ‘n staat van beskuldiging te stel, is ‘n stap in die regte rigting. Die DA se skaduminister vir justisie, Glynnis Breytenbach, het die Regterlike Dienskommissie se besluit verwelkom om te begin om Hlophe te verwyder. Sy beskryf dit as ‘n oorwinning vir die […]
GRN stil oor shebeen-eise
Shebeen-eienaars het nog nie terugvoering van die Namibiese regering gekry nadat hulle Woensdag as ‘n sperdatum vir terugvoering op hul petisie gegee het nie. In die petisie pleit hulle dat alkohol op hul persele bedien kan word, want hul lewensbestaan is besig om in duie te stort. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, twyfel egter of […]