Rugby-kapteins plant bome

Die Varsitybeker-kapteins het aan ‘n boomplant-seremonie deelgeneem by die Universiteit van Pretoria se Toekoms Afrika-kampus in Tshwane. Die toernooidirekteur, Xhanti-Lomisi Nesi, sê die seremonie was ‘n simbool van hoe samewerking tussen die toernooi-organiseerders en die universiteit gegroei het. Nesi sê agt van die tien spanne wat aan dié maand se toernooi deelneem, het ‘n veilige […]

Read More

Zim-banke dank ook af

Banke regoor die streek, vasteland en wêreld besnoei poste omdat elektroniese transaksies die dienste van personeel oorgeneem het. In Zimbabwe, met sy talle uitdagings, het die CBZ Bank ook aangekondig dat vrywillige afleggings op die oomblik onderhandel word. Die Zimbabwiese Ekonoom Eddie Cross sê dit verbaas hom glad nie.

Read More

Geen heining sal opgerig word by Angolese grens nie

Die beplande heining tussen Namibië en Angola is te duur en sal nie opgerig word nie. Die Kabinet het die heining reeds in 2015 goedgekeur in ‘n poging om die grens tussen Namibië en Angola te versterk en so, beter beheer oor bek- en klouseer in die noordelike gebied van die land te verseker. Die […]

Read More

Gemeenskap 2 jaar sonder water, maar herstel was minder as N$700

Die Direkteur-Generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze het sy frustrasie uitgespreek met gemeenskappe en streeks leierskap strukture wat op die sentrale regering wag in plaas van om self herstelwerk te doen. ‘n nedersetting in die Kavango Oos-streek is reeds 2 jaar sonder water as gevolg van ‘n klein uitdaging met ‘n boorgat wat self […]

Read More

Saam is ons sterker op Europa-dag

Europa-dag word vanjaar gevier om die verhouding tussen die EU en Namibië te vier. Die tema van die dag is ‘Ons is sterker saam’. Die EU ambassadeur in Namibië Sinikka Antila sê die belangrikheid van samewerking is weer deur die pandemie na vore gebring. Twaku Kayofa, Persbeampte by die EU se Namibiese sending het met […]

Read More

Stemreg gee nie vryheid nie – AfriForum

AfriForum sê op Vryheidsdag Suid-Afrika is nie regtig vry nie. Die Woordvoerder, Ernst van Zyl, sê die blote feit om stemreg te hê, maak ‘n mens nie werklik vry nie. Hy wys op korrupsie in die regering sowel as die hoë misdaadsyfer en werkloosheid. Van Zyl meen die enigste manier om vry te wees, is […]

Read More

NBC: maandelikse uitgawes N$32m, inkomste, N$5m

Die NBC is tegnies bankrot. Dit is volgens die uitsaaier se Direkteur-Generaal Stanley Similo wat voor ‘n Staande Komitee van die parlement verskyn het. Similo sê die NBC het 400 miljoen Namibiese doller nodig om aan sy strategiese planne te voldoen. Die Minister van Finansies Ipumbi Shiimi het die toelaag aan die NBC vanjaar met […]

Read More

4 Kunene leeus word verskuif

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake sê 4 van die leeus in die Torra bewaringsgebied in weste van die Kunene sal verskuif word na N/a’ankusê net oos van die hoofstad. Die leeus in die weste van die streek is ondergewig en van hulle vrek van die honger. Die uitgerekte droogte gepaard met jagbedrywighede het wildgetalle skerp […]

Read More

Vryheidsdag: stand van sake is teleurstellend

Michael Morris van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in die buurland sê op Vryheidsdag Suid-Afrika het na ‘n goeie afskop in 1994 nie voldoen aan die verwagtinge van die vroeë jare nie. Hy skryf dit toe aan ‘n swak, ondoeltreffende regering wat geneig is tot korrupsie en meen dit is die gevolg van swak beleidsrigtings gegrond […]

Read More

Hof vir klein eise op pad

Namibië behoort binnekort ‘n hof vir klein eise te hê. Volgens Gladys Pickering, Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Justisie is werk aan die wetsontwerp gevorder en behoort dit voor die einde van die jaar in die parlement ter tafel gelê word. Pickering het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More