Twee skaars diamante van Cullinan haal R200 miljoen

Twee skaars diamante wat ‘n Britse mynmaatskappy uit die ikoniese Cullinan-myn in Gauteng gehaal het, is vir meer as 200 miljoen rand verkoop. ‘n Woordvoerder van Petra Diamonds sê die edelstene sal in Johannesburg geslyp word voordat dit op die mark kom. Petra Diamonds het die Cullinan-myn in 2008 by De Beers gekoop en die […]

Read More

Sneeukombers vir Wes-Kaap

Groot dele van Suid-Afrika is yskoud vandag en dele van die Wes-Kaap het swaar sneeu-neerslae gehad. Kosmos 94.1 Nuus het met Didi Smith-de Kock van Matroosberg Reservaat gesels.

Read More

Kenner sê oor moontlike wraakaanval deur VSA

Dit is nie duidelik of Amerikaanse magte ‘n aanval op die sogenaamde Khorasan-provinsie van die Islamitiese Staat sal uitvoer of nie, en wanneer dit sal gebeur nie. President Joe Biden het die groep gewaarsku dat Amerika sal terugslaan, op ‘n tyd en ‘n plek wat hy self sal kies. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n […]

Read More

NWR se salarisbesnoeiings is wettig

Namibia Wildlife Resorts was die eerste onderneming in staatsbesit wat in Julie aangekondig het dat personeel se salarisse gesny sal word. Dit was deel van die toerismemaatskappy se maatreëls vir kostebesnydings oor die afgelope 16 maande. Daar was berigte dat salarisbesnydings onwettig is, maar volgens die besturende direkteur, Matthias Ngwangwama, is dit volgens die arbeidswet […]

Read More

SA-bulpryse deur die dak

Suid-Afrikaanse beesprodusente betaal volgens berigte baie meer vir bulle as voorheen. Die afgelope twee jaar is die hoogste pryse ooit vir geregistreerde bulle by veilings betaal. ‘n Beefmaster-stoetbul van Bos Blanco in die Vrystaat is onlangs vir 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand verkoop terwyl ‘n ander bul 1,7 miljoen rand gehaal het. Die gemiddelde prys waarteen […]

Read More

Dra ‘n masker, schmuck, sê Arnie

Die Amerikaanse aksieheld en voormalige goewerneur van Kalifornië Arnold Schwarzenegger het groot kritiek uitgelok na ‘n onderhoud met Amerikaanse media wat hy homself sterk uitgespreek het teen diegene wat weier om maskers te dra en ook nie ingeënt wil word nie. Hy sê mense moet na kenners luister. Na sy aanmerkings het Redcon1, ‘n sportaanvullingsmaatskappy, […]

Read More

Brandstofprys: redes vir verhoging

Die Namibiese brandstofprys vir September is bekend. Die prys van petrol styg met 60 sent ‘n liter en diesel met 30 sent. Die pryse is vanaf 1 September van toepassing. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie van myne en energie het die besonderhede.

Read More

Slegte nuus vir plunderaars

Vir Suid-Afrikaanse plunderaars wat dink hulle het weggekom met ’n winskopie deur een van die vele Samsung-TV’s in die hande te kry wat gedurende die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng gesteel is, is daar slegte nuus. Alle Samsung-TV’s het ’n ingeboude blokkeerstelsel bekend as TV Block wat per afstandbeheerder geaktiveer kan word. Dis reeds […]

Read More

Seroptipe-O bek-en klouseer onder beheer

‘n Nuwe variant van bek-en-klouseer is op 9 Augustus in die Zambezi-streek ontdek met sowat 1 300 beeste wat besmet is. Volgens dr. Albertina Shilongo, direkteur van veeartsenydienste in die landbouministerie, is die siekte tot vier kiesafdelings in die oostelike dele van die Zambezi-streek beperk. Shilongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus nuus dat entstowwe moontlik […]

Read More

Onwettige visvang ‘n uitdaging by Von Bach

Die Von Bach-oord en natuurreservaat het groot uitdagings met onwettige visvang en nette wat in die dam gelos word, nie weer na gekyk word nie en ook uiteindelik bootenjins beskadig. Derek van der Merwe van die oord sê meer as 100-meter se nette is Donderdag verwyder.

Read More