Stad Windoek heropen rekreasiegeriewe Paaltjies en Goreangabdam in September

Stad Windhoek het aangekondig dat sy rekreasiegeriewe, Brakwater se Paaltjies en Goreangabdam, weer op 1 September oopmaak. Weens die Covid-maatreëls sal openbare swembaddens steeds vir die publiek gesluit wees. Sportklubs mag egter die swembaddens vir oefendoeleindes gebruik. Die lapa by die openbare swembad in Olympia, sal steeds vir private funksies oop wees. Stad Windhoek doen […]

Read More

Nuwe walvisspesie met vier bene in Egipte ontdek

Die ontdekking van ‘n gedeelte van ‘n geraamte in die Fayum-laagte in Egipte het ‘n nuwe walvisspesie met vier bene bekend gestel. Dié dier het vermoedelik sowat 43 miljoen jaar gelede gelewe. Die gebied wat deesdae ‘n woestyn is, was eens met water bedek. Die Phiomecetus anubis-walvis het ongeveer 600 kilogram geweeg en was drie meter lank. Dié […]

Read More

Covid-19: 25 leerders uit verskillende skole toets positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het nege Covid-sterftes in vyf distrikte aangemeld, asook 128 nuwe gevalle uit 1 600 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van agt persent verteenwoordig. In die groep is 25 leerders van verskillende skole, vyf studente, twee onderwysers en ses gesondheidswerkers. Die leerders verteenwoordig 20 persent van alle positiewe gevalle. Daar is nou 2 408 aktiewe gevalle, waarvan 196 in hospitale is en 37 […]

Read More

Wes-Kaapse winterstorm beweeg na binneland

Die winterstorm wat die Wes-Kaap gister getref het, het na die binneland beweeg nadat swaar reënneerslae oornag in die Kaapse metropool voorgekom het. ‘n Woordvoerder van die fepartement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê geen ernstige voorvalle is aangemeld in die streke wat geraak is nie, maar moontlike skade word nog bepaal.

Read More

Otjonzondjupa-streek is broodmandjie van Namibië

Voedselsekuriteit bly ‘n groot bron van kommer in Namibië en dit is deels weens die land se laks benadering om sy landboupotensiaal te volle te benut. Selfs met streke soos die Zambezi en die Kavango wat riviere en vrugbare grond het, slaag hulle nie daarin om die broodmandjie van die land te word nie. Namibië […]

Read More

SA Dierebeskermingsvereniging lê beslag op tien luislange

Die Suid-Afrikaanse Dierebeskermingsvereniging sê hulle het in Junie en Julie beslag gelê op altesaam tien luislange by ‘n roofdierpark in Noordwes. Die organisasie het ‘n saak van dieremishandeling teen die park se eienaar aanhangig gemaak. ‘n Woordvoerder van die Natuurlewe-beskermingseenheid, Annelie de Klerk, sê hulle het baklei om hierdie diere te beskerm en uit die onaanvaarbare omstandighede te verwyder […]

Read More

WGO: Mediese voorrade in Afghanistan broodnodig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se nooddirekteur in Afghanistan sê die behoefte aan mediese voorrade is reusagtig en neem steeds toe. Rick Brennan se opmerkings volg ‘n dag nadat twee ontploffings by die Kaboel-lughawe tot die dood van minstens 90 mense gelei het, terwyl meer as 150 beseer is. Brennan sê die grootste behoefte is aan trauma-stelle en noodvoorrade vir […]

Read More

Reën sak sag in Suide uit, snerpende koue kom

Reën het reeds saggies begin uitsak in die suide van die Namib in die Betta-omgewing. Piet Swiegers van Gondwana Klein-Aus Vista Lodge, sê dit is op die oomblik 6,3 grade Celsius by hul weerstasie en dit drup saggies. Hy sê sneeu word voorspel en die res van die naweek gaan baie koud wees met die […]

Read More

Namibiese ekonoom was styging in brandstofprys te wagte

Reaksie word ontvang op die styging van die Namibiese brandstofprys vir September. Die prys van petrol styg met 60 sent ‘n liter en diesel met 30 sent. Die pryse is vanaf 1 September van toepassing. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit was te wagte.

Read More

ANC sê Da wil nie grondhervorming ondersteun nie

Die ANC in die Wes-Kaap sê die DA in die provinsie het duidelik bewys hy wil nie grondhervorming ondersteun nie. Die leier van die opposisie in die wetgewer, Cameron Dugmore, sê die Wes-Kaapse Afrika Boerevereniging het intussen ook die provinsiale regering se verbintenis tot vernuwing in die landbousektor bevraagteken. Dugmore sê die Wes-Kaapse ANC sal […]

Read More