Sekere KZN-strande gesluit ná pakhuis met chemiese stowwe brand

Inwoners van eThekwini in KwaZulu-Natal word weer herinner dat alle strande noord van die Umgenirivier tot by die Tongaatrivier gesluit bly. Die strande is sedert Julie gesluit nadat ‘n pakhuis met chemiese stowwe in Cornubia aan die brand gesteek is. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê ná die uitslae van monsters wat geneem is, […]

Read More

Meerderheid in Mangaung gekant teen onteiening sonder vergoeding

Die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur in Suid-Afrika het onlangs openbare verhore afgehandel oor onteiening sonder vergoeding in die Vrystaat. Die komitee se voorsitter, Nolitha Ntobongwana, sê die meerderheid deelnemers van die Mangaung-munisipaliteit maak beswaar teen die wetsontwerp uit vrees dit hou onbedoelde gevolge vir armes in.

Read More

Trump uitgejou ná hy inentings aanbeveel

Amerikaanse oudpresident Donald Trump se ondersteuners het hom uitgejou toe hy hulle op ’n saamtrek aangemoedig het om hulle teen Covid-19 te laat inent. Trump het op ’n saamtrek in Cullman, Alabama, gespog dat drie entstowwe, dié van Pfizer, Moderna en Johnson en Johnson, in minder as nege maande tydens sy presidentskap ontwikkel is. Hy […]

Read More

Vervoerkenner sê styging van Namibiese brandstofpryse gaan almal raak

‘n Kenner in die logistieke bedryf het gereageer op die styging van die Namibiese brandstofpryse op 1 September. Die prys van petrol styg met 60 sent ‘n liter en diesel met 30 sent. Stefan Terblanche sê dit het ‘n impak op alle Namibiërs, nie net op die vervoerbedryf nie. Hy sê die styging van brandstofpryse […]

Read More

Napha bied kursusse vir jaggidse en professionele jagters aan

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging bied twee kursusse vir jaggidse en professionele jagters aan. Die kursusse vind onderskeidelik plaas vanaf 4 tot Oktober en 25 Oktober tot 5 November. Registrasie vir inskrywings moet voor 30 September plaasvind. Die amptelike eksamens van die omgewingsministerie vind op 9 November plaas en word in Engels geskryf. Nicole Schwandt van […]

Read More

Sowat 473 miljoen Indiërs ingeënt

Ongeveer 473 miljoen mense in Indië wat in aanmerking daarvoor kom, het reeds een van hul Covid-entstowwe ontvang. Dit het aanvanklik 85 dae geneem om die eerste 100 miljoen inentings te gee, maar die regering sê dit het slegs 19 dae geneem om die volgende 100 miljoen toe te dien. Vanaf Januarie is meer as […]

Read More

Vlakplaas-polisiebeampte se beweerde moorde in 1982 word verhoor

‘n Vlakplaas-polisiebeampte uit die apartheidsera moet volgende Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn nadat sy voorverhoor uitgestel is. Die 67-jarige Thlomedi Mfalapitsa word beskuldig van die moord op drie studente-aktiviste aan die Gautengse Wes-Rand in Februarie 1982. ‘n Vierde Cosasa-lid het die ontploffing oorleef. Die staat beweer Mfalapitsa het met owerhede saamgewerk en sy […]

Read More

Nasionale Erfenisraad van Namibië wil Witbooi Einde tot erfenisgebied

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië het in ‘n openbare kennisgewing voorgestel dat Witbooi Einde as ‘n nasionale erfenisgebied verklaar word. Witbooi Einde is sowat 125km oos van Keetmanshoop naby Vaalgras in die Karas-streek geleë. Hendrick Witbooi /Nanseb is in 1830 gebore en was die hoofman van die grootste Nama-groep in Namibië wat teen Duitse koloniale […]

Read More

Namibiese jagbedryf sê meer as 80% minder buitelandse jagters het kom jag

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, oftewel Napha, sê vanaf Maart verlede jaar toe die pandemie Namibië getref het en die land se grense vir ‘n wyle gesluit is, het buitelandse jagters met 80,67 persent afgeneem. In 2019 het 5 032 buitelandse jagters Namibië besoek en vanjaar slegs sowat 1 000. Die amptelike syfers van jagtersbesoeke in […]

Read More

Indonesiese ambassade in Windhoek hou Batik-slypskool

Die Indonesiese ambassade in Namibië in samewerking met Batik House Indonesia hou Maandag en Dinsdag vanaf die oggend nege-uur tot die middag half-twee ‘n slypskool oor batik by die ambassadeurswoning in Andimba Toivo ya Toivo-straat 129 in Suiderhof in die hoofstad. ‘n Modeparade met tradisionele batikklere sal ook gehou word, asook ‘n uitstalling van handwerkprodukte […]

Read More