Werknemers by UNICEF se voordele lok reaksie uit
Reaksie word ontvang oor voordele wat werknemers by UNICEF in Namibië of elders in die wêreld kry. ‘n Manlike werknemer kan byvoorbeeld vier maande vaderskapsverlof kry en ‘n vroulike werkgewer is geregtig op ses maande swangerskapverlof. ‘n Aktivis vir vroue en kinders, Rosa Namises, sê sy loof UNICEF vir hierdie werksvoordele.
Die Bulle steeds bo-aan die Curriebeker punteleer
Rugby: Die Westelike Provinsie het ‘n stok in die Curriebeker-wiel gesteek deur die Haaie gisteraand in Durban met 35-24 te uitoorlê. WP het teen alle verwagting in, na die halfeindronde van die kompetisie deurgedring. Dit is ook moontlik gemaak deur die uitslag van die wedstryd tussen die Pumas en die Griekwas wat met 13-elk gelykop […]
Rebelle vermoor burgerlikes in die DRK
Ugandese rebelle het 19 burgerlikes in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo vermoor. AFP berig 14 liggame is gister gevind, ‘n dag na die aanval op die Kasanzi-nedersetting in die Beni-streek van Noord-Kivu. Beni is die middelpunt van ‘n gebied waar die Geallieerde Demokratiese Magte, wat by die Islamitiese Staat geaffilieer is, […]
Biden hou vol China weerhou inligting oor Covid-19
President Joe Biden van Amerika hou vol dat China steeds belangrike inligting weerhou oor waar presies Covid-19 vandaan kom. Dit volg nadat die Amerikaanse intelligensiegemeenskap bekendgemaak het dat hulle glo nie die virus was ‘n sogenaamde biowapen nie. China kritiseer intussen Amerika oor die politisering van pogings om die oorsprong van die koronovirus vas te […]
Namibiese politiek onder die loep
Demokrasie, regverdigheid en deursigtigheid blyk die afgelope tyd die norm in Namibiese politiek te wees. Die afgelope paar weke is gesien dat ‘n aantal kwessies met openbare belang in die publieke domein hanteer word. Sommige hiervan is byvoorbeeld Stad Windhoek se begroting, en daarna is onderhoude in die openbare domein gevoer met die drie moontlike […]
Titans van Suid-Afrika klop die Namibiese Eagles
Plaaslike krieke: Die Eagles stap vandag weer op die veld teen die Suid-Afrikaanse Titans vir ‘n T20-kragmeting op die Wanderers in die hoofstad nadat hulle gister hulle eerste eendagwedstryd in die Castle Lite-reeks teen die Suid-Afrikaners met 34 lopies verloor het. Die besoekers het die gasheer in 41.4 boulbeurte vir 190 lopies uitgeboul. JJ Smit, […]
Westerse magte steeds besig met ontruiming in Afghanistan
Die Taliban het bykomende magte rondom die Kaboel-lughawe in Afghanistan ontplooi om te voorkom dat groot skares daar saamdrom ná ‘n verwoestende selfmoordbomaanval Donderdag. Dit het gebeur terwyl die massiewe Amerikaanse-geleide lugbrug sy bedrywighede afskaal voor dié week se spertyd. Brittanje het ook sy troepe uit Afghanistan ontruim. Die Britse regering sê hy het die […]
Nuwe Covid- 19 gevalle in Suid-Afrika neem af
Suid-Afrika ondervind tans ‘n afname in die aantal nuwe gevalle van Covid-19 wat aangemeld is. Gister se syfer van tien-duisend-173 is amper twee-duisend minder as Vrydag. Dit is ook laer as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag oor die sewe voorafgaande dae. Die meerderheid van die nuwe gevalle is van KwaZulu-Natal, gevolg deur die […]
September is amnestiemaand
Die Namibiese minister van Binnelandse Sake, Immigrasie,Veiligheid en Sekuriteit Albert Kawana, stel eerskomende Dinsdag September as amnestiemaand bekend. Volgens ‘n verklaring van die ministerie, sal persone wat in besit is van onwettige vuurwapens en ammunisie Septembemaand die geleentheid kry om dit by die polisie in te handig sonder enige vervolging.
Namibiese atlete doen goed by die Paralimpiese Spele in Tokio
Nuus van die Paralimpiese Spele..die Namibiese veteraan-naelloper Ananias Shikongo is vandag in die finaal van die 400 meter T11-klas vir blindes by die Spele in Tokio. Saam met sy gids Sem Shimanda het hy gister die uitdun gewen met ‘n tyd van 51.22 sekondes. En nog goeie nuus van die spele is dat die Namibiese […]