Oktober-vakansie word nie in SA opgeskort nie

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys gaan nie die Oktober-skoolvakansie opskort nie. Hy sê hy laat dit aan skole op distriksvlak oor om verlore tyd in te haal. Die minister, Angie Motshekga, het ‘n oorsig gegee oor ontwikkelings in die sektor se reaksie op die impak van Covid-19 op skole. Skole in KwaZulu-Natal, die Vrystaat […]

Read More

Ministens sewe sterf aan die kus

Daar was verskeie ernstige en noodlottige motorongelukke die afgelope langnaweek aan die kus. Volgens Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services het minstens ses mense in ongelukke gesterf, en was daar ook ‘n voorval van ‘n tref-en-trap-ongeluk wat in die informele nedersetting van die DRK in Swakopmund aangemeld is.

Read More

Grondbesit moet gewaarborg word

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê sekuriteit in verband met grondbesit is baie belangrik vir voortgesette landbouproduksie. Wanneer grondbesit nie gewaarborg is nie, word daar nie beleggings in die sektor gemaak nie en grond word ook nie ontwikkel nie. Schlettwein het weer sy standpunt oor billike toegang tot grond beklemtoon. Groot dele van die land […]

Read More

ANC kry bystand om salarisse te betaal

Die ANC sê hy is bemoedig deur die reaksie sover op sy skarebefondsingsveldtog om personeel se salarisse te betaal. Die regerende party se werkers het verlede week aan ‘n protesoptog deelgeneem om hul salarisse te eis nadat sommige van hulle die afgelope twee maande nie betaal is nie. Die ANC-woordvoerder, Pule Mabe, sê die party […]

Read More

Ida tref Louisiana hard, 16 jaar na Katrina

Amerika se federale rampbestuursagentskap sê die volle omvang van die skade deur die orkaan Ida, sal eers vandag duidelik wees. Die kategorie vier-storm het Louisiana gister bereik. In New Orleans is die hele stad se krag af nadat Ida die gebied getref het. Die stormwind het gisteraand oor die binneland begin inbeweeg met swaar reën […]

Read More

Reaksie op skikking oor A330’s van Air Namibia

Kundiges het gereageer op die verklaring van die Namibiese ministerie van openbare ondernemings oor die onderhandelinge van tien maande met Castlelake, rakende die Airbus A330 huurooreenkoms van Air Namibia en die skikking wat bereik is. Dr. Omu Kakujaha-Matundu, ‘n ekonoom en akademikus van die Universiteit van Namibië, het sy reaksie so verduidelik aan Kosmos 94.1 […]

Read More

Gautengse regering moet vinniger betalings aan klein besighede maak

Die Gautengse regering word beskuldig dat hy voete sleep met die betaling van kleiner besighede. Volgens die DA in die provinsie, veroorsaak dit verdere finansiële frustrasie vir honderde huishoudings. ‘n Onlangse verslag deur die Nasionale Tesourie het bevind 50 persent van betalings in 2020-2021, was ouer as 30-dae. Dit beloop meer as 14 miljard Suid-Afrikaanse […]

Read More

Vreemde saak oor 440 000 maskers wat plaaslik bestel is en in China moet afgelewer word

Die saak waar Namibia Oriental Tobacco Mickir Supplies in die hoërhof dagvaar is weer vandag voor regter Herman Oosthuizen vir ‘n voorverhoor konferensie. Die aansoeker in die saak eis betaling van net meer as 6,5 miljoen Namibiese dollar vir kontrakbreuk. Lou Ming van die tabak maatskappy sê in sy eis hy het met Trevor Peterson […]

Read More

Nampol kry N$1,5m se dagga op Warmbad

Die Namibiese polisie het ‘n Namibiese burger en ‘n Suid-Afrikaner by Warmbad in die verre Suide, vasgetrek in besit van 30 kilogram dagga met ‘n beraamde straatwaarde van meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar. Die polisie sê die operasie is eintlik uitgevoer omdat hulle inligting ontvang het dat die 54-jarige Namibiër ‘n Suid-Afrikaanse burger skuiling […]

Read More

Tjongarero reageer op Shikongo se silwer

Die Namibiese minister van sport is baie opgewonde oor die Paralimpiese naelloper Ananias Shikongo en sy gids Sem Shimanda wat die eerste medalje vir Namibië in die T11, 400 meter vir mans, gewen het by die Paralimpiese Spele in Tokio. Hulle het die silwer medalje verower nadat hulle tweede geëindig het agter die wêreldkampioen en […]

Read More