ANC-prosesse beskerm vryheid meen Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het die ANC se ontplooiingsprosesse verdedig. Hy sê dis opgestel om die vryheidsbeweging se doelwitte te bereik in die strewe na ‘n nie-rassige en nie-seksistiese Suid-Afrika. Ramaphosa getuig voor die staatskapingskommissie in sy hoedanigheid as die ANC se president. Hy sê die party se ontplooiingskomitee het streng riglyne wat gemik is op […]

Read More

Kritiek uitgespreek oor Geingob se besoek aan Nchindo-familie

Die Namibian Lives Matter-beweging beskuldig President Hage Geingob van apartheid-taktiek. Volgens Sinvula Mudabeti van die beweging poog die president om die Nchindo-familie teen die beweging te draai. Die beweging is gestig na 4 lede van die Nchindo-familie verlede jaar doodgeskiet is deur die Botswana weermag by die Chobe-rivier. Mudabeti sê dit is onaanvaarbaar. Die verdrag […]

Read More

Jongste stamboek-wenners in SA

Die Suid-Afrikaanse Stamboekvereniging het die wenners in verskeie kategorieë van hul Stamboek Elite 2021-toekennings aangekondig.’n Bonsmara-beesteler van Reddersburg in die Vrystaat, Gert Nel, is die wenner van die beste vleisbees-stoet. In die beste perde-stoet-afdeling was die Pela Graça-friesperd-stoet die wenner. Die opkomende boer van die jaar is Zemele Denga wat ‘n Boran-stoetplaas naby Port Alfred […]

Read More

Terrorisme in Mosambiek word vanaf SA befonds

‘n Verslag deur die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap dui daarop aan dat verskeie Suid-Afrikaners fondse verskaf aan Islamitiese militante wat bedrywig is in Mosambiek en verantwoordelik is vir die sterftes van honderde burgerlikes in die noorde van daardie land. Die SAOG verslag sal voorgelê word aan die SAOG spesiale beraad van staatshoofde en ministers wat vandag en […]

Read More

Zim-owerhede moet seker maak van hulle syfers

Reaksie word ontvang op berigte dat Zimbabwe se Nasionale Parke-bestuursagentskap begin het met die verkoop van jagregte vir tot 500 olifante van vandeesmaand tot Oktober om geld in te samel. Die agentskap sê die reg om ‘n enkele olifant te jag kan 143-duisend-rand inbring. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die plaaslike olifant beskermingsgroep EHRA, Rachel […]

Read More

Slenters word weer gestuur

Owerhede het lede van die publiek gewaarsku oor ‘n boodskap wat wyd op WhatsApp gesirkuleer word. Afrikane, maar net inwoners van Suid-Afrika, Namibië, Swaziland en Botswana word uitgenooi om ‘n nommer te skakel en so toestemming te bekom om in die VSA te werk of studeer. Dit is moontlik ‘n slenter of is verbonde aan […]

Read More

Likwidasies in SA styg

Statistieke Suid-Afrika sê die finansiering, versekering, vaste eiendom en sakedienste is verlede maand die swaarste getref deur likwidasies, met 77 aangeteken. Altesaam 216 likwidasies is in alle sektore aangeteken, wat ‘n toename van 49 persent is in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Vrywillige likwidasies het met 61 sake toegeneem en verpligte likwidasies het met […]

Read More

Die toekoms vir toerisme is onseker

Vooruitsigte vir toerisme is uiters onseker. Dit is die standpunt van die Bank van Namibië na ‘n peiling in die bedryf. Die Gasvryheidsvereniging het net minder as 34 persent van sy beskikbare 284 000 beddens in 2020 verkoop. Beskikbare akkommodasie het ook skerp gedaal van 284 000 verlede jaar tot net minder as 215 000 […]

Read More

Ons kom meer gedoen het in Zuma-era – Cyril

In sy getuienis voor die Zondo-kommissie, het President Cyril Ramaphosa erken dat die ANC meer kon gedoen het om korrupsie te bekamp tydens die Zuma-era. Hy sal na verwagting eers in sy hoedanigheid as hoof van die ANC getuig oor kwessies wat verband hou met die party se beleid oor kader-ontplooiing. Daarna sal hy ondervra […]

Read More

NBC: fout lê by bestuur en personeel

Die bekende Ekonoom van Unam, Dr Omu Kakujaha Matundu is van mening dat die NBC nie ‘n kommersiële entiteit moet wees nie en moet, soos tans die geval is, geklassifiseer bly as ‘n openbare uitsaaier. Die personeel vergader op die oomblik met die korporasie se bestuur in ‘n poging om ‘n oplossing te vind. Intussen […]

Read More