Buurland sê dankie vir Brittanje se hulp

Die Suid-Afrikaanse Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het maatreëls deur Brittanje verwelkom om Suid-Afrika te help in sy stryd teen korrupsie. Brittanje het onderneem om teen mense op te tree wat in Suid-Afrika van bedrog en korrupsie beskuldig word. Lamola het gereageer op die onlangse inhegtenisneming van Michael Lomas in Londen in […]

Read More

Suid-Afrikaanse befondsing vir ISIS verbaas nie

Reaksie word ontvang op ‘n verslag deur die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat daarop dui dat verskeie Suid-Afrikaners fondse verskaf aan Islamitiese militante wat bedrywig is in Mosambiek en verantwoordelik is vir die sterftes van honderde burgerlikes in die noorde van daardie land. Professor Andre Duvenhage, ‘n Politieke Ontleder in die buurland sê terwyl dit alles nog […]

Read More

Verbod op vlugte van SA het plaaslik ‘n impak

België se tydelike verbod op alle reisigers uit Suid-Afrika, Indië en Brasilië weens ‘n skerp toename in korona-virus gevalle sal ‘n impak op Namibië hê. Die Nederlandse regering het ook vlugte uit Indië, Suid-Afrika en verskeie lande in Sentraal- en Suid-Amerika van Maandag af verbied. Ander lande wat reisigers van Suid-Afrika verbied, is onder meer […]

Read More

Keetmans onderwyser se ontvoeringsaak uitgestel

Die saak teen die voormalige onderwyseres van die Suiderlig Hoërskool in Keetmanshoop, Valerie Bock, is deur Landdros Elzabe Konjore uitgestel tot 27 Mei sodat Bock regsverteenwoordiging kan bekom. Bock word daarvan aangekla dat sy ‘n 15-jarige meisie, een van haar leerders, ontvoer het en haar seksueel aangerand het. In totaal is daar 7 klagtes in […]

Read More

Collins, die derde lid van die maansending, sterf

Huldeblyke stroom in ná die afsterwe van die 90-jarige Apollo 11 ruimtevaarder Michael Collins. Sy familie het bevestig dat hy aan kanker oorlede is. Collins het in 1969 in die bestuursmodule om die maan gewentel terwyl Neil Armstrong en Buzz Aldrin in die maanmodule op die maan geland en die eerste treë vir die mensdom […]

Read More

Windhoek soek ‘n baas

Stad Windhoek is opsoek na ‘n Hoof Uitvoerende Beampte en die pos sal amptelik môre geadverteer word. Die pos het vakant geword na Robert Kahimise op 1 November 2020 aangesluit het by Cenored in Otjiwarongo. Die pos is van kritiese belang vir die volhoubare bestuur van die munisipaliteit. Harold Akwenye, Woordvoerder by Stad Windhoek…

Read More

Staatskaping: Cyril omseil kwessies

President Cyril Ramaphosa se getuienis voor die staatskapingskommissie is duidelik daarop gemik om die ANC se openbare beeld ‘n hupstoot te gee. So sê die politieke ontleder Daniel Silke. Ramaphosa het in sy hoedanigheid as ANC-president getuig en erken dat sommige lede van die party staatskaping en korrupsie gepleeg het. Silke sê Ramaphosa se pogings […]

Read More

Staatsamptenare moet die jaar verhogings ontvang

Die Vakbond Kongres van Namibië sê dat staatsamptenare in die land die jaar verhoging moet ontvang. Volgens die Sekretaris-Generaal van Tucna, Mahongora Kavihuha, is dit amper 8 jaar wat daar geen verhogings was nie en binnekort, sal samesprekings met die betrokke vakbonde moet begin.

Read More

Bruni, McClaren dagvaar Ndishishi en kie

Regter Hannelie Prinsloo sal vanoggend weer die saak waar die likwidateurs die direkteure van die bankrot SME Bank dagvaar, aanhoor. Die respondente is almal hooggeplaastes in die regering. Dave Bruni en Ian McClaren dagvaar Andrew Ndishishi, Petrina Nakale, Justus Hausiku, Milka Mungunda, Frans Kapofi, George Simataa, die Minister van Handel, die Finansiële Intelligensie Sentrum en […]

Read More

Skole vies oor N$161m se bystand aan kerkskole

Die Namibiese Ministerie van Onderwys het aangekondig dat 161 miljoen Namibiese doller beskikbaar gestel sal word aan skole wat deur kerke besit word en wat ‘n ooreenkoms met die staat het. Die Uitvoerende Direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp het die bedrag aan plaaslike media bevestig en gesê daar is reeds so ooreenkoms in 1990 […]

Read More