Kabinet bespreek vandag shebeen eise

Die Namibiese Shebeen-vereniging het Maandag met verskeie ministers, die van gesondheid, toerisme, handel en binnelandse sake, vergader in verband met eise dat hulle weer op hulle persele drank mag verkoop. Die eienaars van die kroeë sê hulle word met die huidige maatreëls in bankrotskap in gedwing. Volgens Andreas Nuule, president van die vereniging, sal die […]

Read More

Gauteng bestee miljoene op korrupsie ondersoeke maar geen verslag is bekend nie

Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering het 63,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan 54 ondersoeke na vermeende korrupsie, maar nie ‘n enkele verslag is bekendgemaak nie. Daar word egter daarop geroem die aanbevelings is ingestel of word ingestel. Die feite is onthul deur premier David Makhura in ‘n geskrewe antwoord op die DA […]

Read More

Sewe waterprojekte kort konsultante

Die Namibiese ministerie van landbou, water en grondhervorming is op soek na konsultante om omgewingsimpak studies te doen ingevolge ‘n nuwe plan vir watervoorsiening. Dit volg na die onlangse bekendstelling van die watersektor se ondersteuningsprogram nadat fondse vanaf die Afrika Ontwikkelingsbank bekom is. Sewe projekte word geteiken. Die projekte is almal in die verre noorde […]

Read More

Diana vandag 24 jaar gelede oorlede

Prinses Diana is vandag 24 jaar gelede oorlede in ‘n gru-motorongeluk in Parys, Frankryk. Haar vriend, Dodi Fayed en sy hoof van sekuriteit en die bestuurder van die motor Henri Paul is ook in die ongeluk dood. Diana se lyfwag, Trevor Rees-Jones, het die ongeluk oorleef maar is ernstig beseer. Daar was berigte dat die […]

Read More

Vinnige ontstaan van variante wek kommer

‘n Nuwe Covid-19 variant, C.1.2, wat in Suid-Afrika en verskeie ander lande bevestig is, strek tot kommer onder internasionale gesondheidskenners. Die mutasie is ook al in China, Engeland, Nieu-Seeland, Portugal, Switserland en selfs die DRK bevestig. Nuwe navorsing in Suid-Afrika toon die mutasie bied weerstand teen die inentings en is meer aansteeklik. Dr. Naseeba Kathrada, […]

Read More

Billike toegang tot grond by werkswinkel deur aktiviste bespreek

Die Namibiese Burgerlike Samelewingorganisasie se werskgroep op grondhervorming is op die oomblik besig met ‘n werkswinkel in samewerking met grond aktiviste en die Evangeliese Lutherse Kerk, om te kyk na kwessies in verband met kommersiële grond, sowel as die beleid van onteiening met regverdige kompensasie. Volgens Uhuru Dempers, een van die organiseerders, is daar verskeie […]

Read More

Katrina gedagvaar vir laster

Die voormalige Namibiese onderwysminister, Katrina Hanse-Himarwa, wat in Julie 2019 skuldig bevind is op klagte van korrupsie, word deur ‘n Swapo sentrale komitee-lid, Colleen van Wyk, vir laster gedagvaar. Van Wyk vra skadevergoeding van 250 000 Namibiese dollar. In haar stukke voor die hof sê Van Wyk dat Hanse-Himarwa op 25 en 26 Februarie vanjaar […]

Read More

Koebaai gelode brandstof, Greenpeace juig

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram het aangekondig dat gelode petrol van gister af nie meer beskikbaar is nie. Die omgewingsdrukgroep Greenpeace sê dié wêreldwye prestasie volg nadat ‘n raffinadery in Algerië opgehou het om die giftige bymiddel by petrol te voeg. ‘n Klimaat- en omgewingsaktivis van Greenpeace Africa, Thandile Chinyavanhu, sê gelode brandstof het die […]

Read More

KZN-verkeersbeamptes voorgekeer, doodgeskiet en wapens gesteel

Twee verkeersbeamptes van onderskeidelik 36- en 48-jaar-oud is in KwaZulu-Natal in ‘n hinderlaag gelei en doodgeskiet. Die voorval het op die Nkodibe-afrit van die N2 plaasgevind. Hulle was tydens die voorval aan diens en die wapens wat hulle by hulle gehad het, is geroof. Die woordvoerder van die departement van Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Kwanele […]

Read More

Almal in SA moet deelneem aan AfriForum se BelastingOpstand

AfriForum se BelastingOpstand-veldtog begin vandag in die buurland. Johan Kruger van die organisasie sê hulle sal die besonderhede van die veldtog uiteensit en hulle belasting-manifes bekend stel. Dit is opgestel met die hulp van verskeie kenners. Kruger sê hulle lede en die publiek sal aangemoedig word om belastingaktiviste te word:

Read More