Weermag: ‘Ons kan nie ons geheime bewaar nie’
Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Verdediging Wilhelmine Shivute, sê geklassifiseerde inligting word gereeld in die openbaar bekend gemaak en dat dit ‘n baie groot uitdaging vir die ministerie is. Sy het die Staande Komitee vir Buitelandse Sake, Verdediging en Sekuriteit toegespreek. Daar is volgens berigte kommer dat die inligting die veiligheid van […]
Afrika het een entstof-vervaardigings aanleg, net een
Die Suid Afrikaanse Minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê dis hoog tyd dat Afrika-lande meer geld begin belê om hul eie entstof-vervaardigings aanlegte op die been te bring. Mkhize het die week aan ‘n Unesco-inligtingsessie deelgeneem. Hy sê dat alhoewel inisiatiewe soos die WGO-geleide Covax-fasiliteit beloof om Afrika-lande met Covid-19 entstowwe te help, dit nie […]
N$1m vir entstowwe
Old Mutual Namibia het vandag ‘n skenking van 1 miljoen Namibiese doller geskenk vir die aankoop van entstowwe. Die donasie is vandag gemaak en volgens Mauriza Fredericks, die Bestuurder van Kommunikasie by Old Mutual, ondersteun die maatskappy die regering se inentingsveldtog ten volle.
N$2m vir straatkinders
Die Ministerie van Geslagsgelykheid in die Presidensie het 2 miljoen Namibiese doller begroot om kinders op die straat na ‘n regeringsplaas Kaukurus te verskuif. Die minister, Doreen Sioka het die aankondiging gemaak. Sy sê saam met beplanning en logistieke ondersteuning sal die kinders versorg en beskerm word. Die kwessie van straatkinders, veral in die hoofstad, […]
Ekonomiese herstel gaan nog lank vat
Plaaslike ekonome meen dat ingrypings deur die regering nodig is om werklike groei te bewerkstellig. Daar sal die jaar min verligting vir verbruikers en langtermyn herstel het ook sy eie uitdagings. Cons Karamata van die Namibiese Ekonomiese-vereniging het dit so opgesom.
Begroting is te staties – Swartbooi
Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swartbooi het vanmiddag sy party se hersiening van die begroting gedoen. In sy mening is die begroting staties en reageer die dokument en sy bepalings nie op die verskeie uitdagings in verskeie gebiede van die land nie…
Maatreëls vir begrafnisse aangepas
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het klein aanpassings aan maatreëls in verband met begrafnisse gemaak toe hy vanmiddag die aankondiging oor die regering se reaksie op pandemie vir die volgende maand bekend gemaak het. Hy het verder gesê geen persoon kan inenting geweier word as hy nie nasionale dokumente het nie. Hy […]
Alkohol: verkoop so dat mense steeds tuis kan wees om 22:00
Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het vanmiddag meer duidelikheid gegee oor die verkoop van alkohol met die aandklokreël wat om 10-uur saans inskop.
Maatreëls effe aangepas
Die Namibiese Minister van Gesondheid het die jongste maatreëls in verband met die pandemie aangekondig. Hy het gesê as ‘n maatreël nie bespreek word nie is dit onveranderd dus is die reëls in verband met die verkoop van alkohol onveranderd. Die maatreëls tree môre in werking en verval 31 Mei. Shangula…
VSA: staaltekorte vertraag trekkervervaardiging
Die Amerikaanse boerdery-korporasie AGCO sê fabrieke kan nie voorbly nie omdat boere sukkel om die nodige trekkers aan te skaf weens ‘n tekort aan staal, plastiek, mikroskyfies en bande. Dit het veroorsaak dat baie boere teleurgesteld is alhoewel hulle kontantvloei verbeter het na hoër graanpryse. Hul probeer om betyds nuwe masjinerie aan te skaf vir […]