NANSO hoop Geingob sluit skole
Namibiërs sit in afwagting en wag op wat President Hage Geingob in sy Covid 19-toespraak gaan sê. Een so ‘n instansie is die Namibië Nasionale Studente-Organisasie. Hul waarnemende woordvoerder, Ester Shakela, het gesê dat hulle van die President verwag om die skole toe te hou, aangesien die pandemie onder leerders en onderwysers ‘n groot bron […]
Harvey Boulter se saak tot 20 September uitgestel
Die Britse moordbeskuldigde en sakeman, Harvey Boulter, het vanoggend vlugtig in die Kamanjab-landdroshof verskyn. Landdros Eric Kesslau het gelas dat hy in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 20 September. Boulter word daarvan beskuldig dat hy sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, op 27 Februarie op sy plaas Kaross in die Kamanjab-distrik doodgeskiet het. Boulter […]
Konstitusionele Hof lewer donderdag uitspraak oor CR17-veldtog
Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika lewer donderdag uitspraak oor of President Cyril Ramaphosa die parlement mislei het met betrekking tot skenkings vir sy CR17-veldtog. Die hof sal beslis openbare beskermer by magte is om die veldtog te ondersoek.
Veevrektes in Oos-Kaap is owerhede se skuld
Die DA in die Oos-Kaap sê besoedeling in die Visrivier in die provinsie lei tot die hoë parasietbesmettings wat veevrektes veroorsaak het. Volgens die party moet die owerhede in die Chris Hani-distriksmunisipaliteit in die provinsie die verantwoordelikheid daarvoor dra omdat twee rioolaanlegte stukkend is. Retief Odendaal van die party…
Kavango-olie – daar’s geen bedreiging nie sê Shiimi
Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi was op die Amerikaanse nuuskanaal CNN in gesprek met Richard Quest. Die onderhoud het gehandel oor olie-eksplorasie in die Kavango-bekken en die heersende kommer oor die omgewing en waterbronne in die gebied. Volgens Shiimi is daar nie enige bedreiging in die verband nie…
Landbou-uitvoere daal
Inkomste van landbou-uitvoere het met 7,8 persent in die eerste kwartaal van 2021 gedaal vergeleke met dieselfde periode verlede jaar, terwyl invoere met 1,3 persent gedaal het. Die handelstekort in die sektor vir die eerste kwartaal staan op 231,6 miljoen dollar teenoor 197,2 dollar in 2020. Die verswakking van die handelsbalans kan aan ‘n daling […]
Zondo verwelkom Zuma-vonnis
Die voorsitter van die staatskapingskommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, het die Konstitusionele Hof se beslissing verwelkom om oudpresident Jacob Zuma skuldig te bevind aan minagting van die hof. Hy sê die regstelsel het nou sy kant gebring. Die kommissie sal voortgaan met sy werksaamhede nadat hy Maandag nog drie maande grasie gekry het.
Wees versigtig met vuur, veldbrande kom reeds voor
Verlede jaar het Namibië ‘n rekord hoeveelheid veldbrande beleef en met die goeie reënseisoen begin brande reeds weer voorkom. ‘n Groot brand het ook gisteraand by Dordabis voorgekom. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die omgewingsminsiterie Romeo Muyunda het lede van die publiek aangemoedig om baie versigtig te wees.
Mahangu – geen rede tot kommer nie sê Meulens
Informele berigte uit die verre Noorde toon dat die mahangu-oes nie so groot soos verlede jaar sal wees nie. Dit beteken dat Namib Meulens, wat kommersieel die oeste aankoop vir sy Meme Mahangu-produk, moontlik meer sal moet invoer. Ian Collard, die uitvoerende hoof van die NMI Groep van maatskappy sê hulle sal alles in die […]
Staatsmedia word wel voorgetrek
Privaat mediahuise is keelvol vir wat hulle beskryf as ‘media apartheid’. Die heersende Covid-pandemie het die belangrikheid van toegang tot inligting, veral die korrekte inligting, herhaaldelik beklemtoon, en tog, kom dit voor asof die owerhede voorkeur gee aan sy eie mediahuise. Inligting word gereeld eers aan die instansies verskaf voor privaatmedia dit ontvang. Graham Hopwood, […]