Bonusse by NBC is ‘malligheid’

Die leier van die All People’s Party Ignatius Shixwameni sê net malligheid kan verduidelik hoe die bestuur van die NBC bonusse van 5 miljoen Namibiese doller ontvang het terwyl die korporasie se finansies so duister is. Hy het die aanmerking gemaak tydens ‘n vergadering van die ‘n staande komitee en die Minister van Inligting Peya […]

Read More

Sondag-verkope is belangrik – alkohol industrie

Die Namibiese Minister van Gesondheid het geen aanpassings gemaak in die maatreëls ingevolge die verkope van alkohol met sy aankondiging Donderdagmiddag. Horst Heimstädt, die Koördineerder van die Self-Regulerende Alkohol Industrie Forum het sy reaksie so verwoord…

Read More

Sonkrag skep baie werk

Reaksie word ontvang op ‘n verslag wat toon dat sonkrag tussen 11 000 en 13 000 vaste werksgeleenthede teen 2030 in dié bedryf in Suid-Afrika geskep kan word. Dr Chris Brown, van die Namibiese Kamer van Omgewingsake het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Gemor oor niks – Boris oor sy woonstel

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê hy skenk al sy aandag aan dinge wat werklik van belang is, soos om meer mense teen Covid-19 te laat inent. Dit volg te midde van toenemende druk op hom om bekend te maak wie oorspronklik vir die opknappingswerk aan sy woonstel in Downingstraat betaal het. Britse media […]

Read More

Shikongo gesels met boere in Karibib

Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die hoof van operasies by die Namibiese polisie, lê môre besoek af op Karibib om met die boere gemeenskap te gesels oor uitdagings veral in verband met veediefstal. Die vergadering is in die dorpsaal en begin om 10-uur. Shikongo het pas ‘n vergadering met boere in die Windhoek-Omitara-Gobabis gebied gehou om oor […]

Read More

BoN sê oor huishoudings

Die Bank van Namibië sê kredietverlening aan huishoudings het in 2020 met 5,4 persent verminder teenoor die skuld wat in 2019 aangegaan is. Een van die redes wat hiervoor aangevoer word is die inkrimping van besteebare inkomste. Luidens die bank het dit verlede jaar met 1,7 persent gedaal teenoor groei van 1,1 persent wat in […]

Read More

Rolbal kampioenskap die naweek

Die Nasionale Rolbal Kampioenskap begin die naweek in die hoofstad. Die Nasionale Rolbalvereniging se Woordvoerder Huipie van Wyk het die besonderhede.

Read More

Entstof: ryk lande het ‘n miljard meer as nodig aangekoop

Die Wêreldbank sê die versnelde ontwikkeling en lewering van entstowwe om die verspreiding van Covid-19 te beheer, moet wêreldwyd voorkeur kry. ‘n Ondersoek deur ONE’s Policy het bevind dat die wêreld se rykste lande saam ‘n miljard méér dosisse gekoop het as wat nodig was vir hulle burgers. Die res van die wêreld kon slegs […]

Read More

NamRa was onnodig – Swartbooi

Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swartbooi het tydens sy hersiening van die Namibiese begroting melding gemaak van die pasgestigte Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa. In sy mening is die agentskap nie nodig nie en die regering is volgens hom ook so ingelig deur sy eie konsultante…

Read More

Meer as 334 000 kwesbare kinders kry bystand

Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka sê die meerderheid van haar ministerie se begroting van 5 miljard Namibiese doller word aan toelae bestee. Sy sê daar is net meer as 334 000 kwesbare kinders, 191 000 pensioenarisse en amper 47 000 persone met gestremdhede. Sioka het bygevoeg dat meer as 2 000 huishoudings in […]

Read More