Air Namibia se likwidasie vorder

Een van die likwidateurs van Air Namibia, Dave Bruni sê die oorblywende vliegtuie sal binnekort oorgegee word en volgende week is daar ‘n vergadering met die redery se krediteur. Bruni sê die proses verloop op die oomblik goed.

Read More

NBC is bodemlose pit

Die sake van die NBC is steeds in die nuus. Die personeel staak vir ‘n verhoging en is tans vir die derde dag in onderhandelings met die bestuur. Die Tesourier van die PDM-party Nico Smit sê die uitsaaier is ‘n bodemlose pit en onnodig.

Read More

Mosiehof: N$12m in reël 108 aansoeke

Daar was vanoggend 111 aansoeke om verstekvonnisse en reël 108 beslissings voor Regters Thomas Masuku en Kobus Miller in die Mosiehof in die hoofstad. Kommersiële banke het 43 van die aansoeke gebring. Daar is 19 lenings op eiendomme wat teruggeëis is ter waarde van net minder as 16 miljoen Namibiese doller. Die eerste aansoek vir […]

Read More

Kleinboere in Noordwes kry bystand

Die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in Noordwes in Suid-Afrika, Desbo Mohono, sê kleinboere in die provinsie is geregistreer vir die program vir die bemagtiging en bevordering van kleinboere. Mohono het dit hierdie week bekend gemaak en sê die program is daarop gemik om kleinboerprodusente te help om hul inkomste te verhoog deur hul […]

Read More

Eskom sê hy sal ‘versigtig’ onderhandel

Eskom sê hy gaan Dinsdag na die Sentrale Bedingingsforum om salarisse te bespreek met die betrokke vakbonde NUM, Solidariteit en Numsa. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê dit is daarop gemik om die werksvoorwaardes en vergoeding van almal buiten bestuursposisies vas te stel. Hy sê die kragvoorsiener gaan die onderhandelings in goeie trou benader:

Read More

Katutura ongevalle word opgeknap

Die Motor Voertuig Ongelukkefonds sal, in samewerking met Standard Bank, die ongevalle-eenheid van die Katutura Hospitaal opknap. Die projek, 9682, is daarop gemik om kwaliteit gesondheidsorg aan Namibiërs te bied. Die ongevalle-eenheid in Katutura is die besigste een in die land. Surihe Gaomas-Guchu, die Hoofbeampte vir Korporatiewe Beampte van die ongelukkefonds…

Read More

Nuwe ekonomiese inisiatief vir Whk

Stad Windhoek het die Windhoek Ekonomiese Herstel Inisiatief goedgekeur. Die Stad sal binnekort aansoekers vra om besigheidsvoorstelle in te dien, veral voorstelle wat werkskepping ondersteun. Die Burgemeester Job Amupanda sê omkopery en korrupsie in die verband is nou iets van die verlede en alle voorstelle sal gelyk geëvalueer word. Die Stad sal volgende week ‘n […]

Read More

Vlugtelinge van Palma wek kommer – VN

Internasionale nuusgentskappe berig dat ongeveer 30 000 mense tot dusver uit Palma in die noorde van Mosambiek gevlug na die aanvalle op 24 Maart. Islamitiese terroriste het die drop aangeval en meer as 40 mense is dood. Die VN se vlugteling agentskap sê daar is groot uitdagings met bystand en het sy kommer uitgespreek oor […]

Read More

Netbal: Kaapse kampioenskap skop af

Die Wes-Kaapse regering bied vanaf vandag tot Sondag die provinsiale kampioenskap in Langebaan en Saldanhabaai aan. Die woordvoerder van die Departement van Kultuursake en Sport, Stacey McClean, sê alle Covid-19 protokolle sal nagekom word. Sy sê hulle is bly dat hulle in staat is om die byeenkoms te kan aanbied:

Read More

Ramaphosa hou nie van my nie, en ek hou nie van hom nie – Vavi

Die Hoofsekretaris van die vakbondfederasie Saftu, Zwelinzima Vavi, het die ANC-president, Cyril Ramaphosa, van skynheiligheid beskuldig. Hy het na aanleiding van die president se getuienis voor die staatskapingskommissie gesê Ramaphosa het stilgebly en gekyk hoe die land ondergaan. Vavi sê Ramaphosa het destyds ‘n rol gehad om te speel as adjunk-president van die land, en […]

Read More