FIC vorder goed, gesels oor gryslys
Die Finansiële Intelligensiesentrum het sy 2023/24-jaarverslag-hoogtepunte bekendgestel. Die sentrum het ‘n ongekwalifiseerde ouditmening behaal, met reserwes wat met 128 persent toegeneem het tot 44,3 miljoen Namibiese dollar, van 19,3 miljoen dollar. Die sentrum het ‘n prioritiseringsmodel vir verdagte verslae ontwikkel en geïmplementeer, en ‘n outomatiese toesighulpmiddel en die UNSC Bot ingestel, wat operasionele doeltreffendheid aansienlik […]
Azapo veroordeel die vertraging in kabinet samestelling
Die Azanian People’s Organisation in die buurland het die vertraging om die sewende administrasie se kabinet saam te stel, veroordeel en sê dit hou die kiesers en die nasie gyselaar. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê volgens Artikel 94 van die Grondwet bestaan die sesde administrasie se kabinet nie meer sodra die nuwe president ingehuldig […]
WGO het groot kommer oor M-pokke in DRK
Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku teen ‘n nuwe stam van die M-pokkevirus wat vinnig langs die oostelike grens van die Demokratiese Republiek die Kongo versprei. Die huidige uitbreking word vermoedelik seksueel oorgedra hoewel dit glo ook deur nabye kontak met aanraking van vel tot die vel oorgedra kan word. Globale gesondheidskenners sê die nuwe variant kan oor […]
Klimaatsverandering: Abe smelt weg
Stygende temperature het hulle tol geëis met ‘n wasstandbeeld van Amerikaanse president, Abraham Lincoln, in Washington DC. Die meer as 1,8-meter replika van die Lincoln-gedenkteken het in die hitte begin wegsmelt voordat dit heeltemal kop verloor het. Toe het een van die bene losgekom van die lyf en ‘n voet het in ‘n vormlose hopie […]
Drie weke, 536 000 kiesers geregistreer
Die registrasie van Namibiese kiesers blyk om goed te vorder. Die eerste maand is amper verby en die kommissie sê tussen 3 en 22 Junie is 536 202 kiesers geregistreer. Daar is ongeveer 1,7 miljoen kiesers wat voor 1 Augustus moet registreer. Die weeklikse gemiddeld het gedaal en in die week van 17 tot 22 […]
Nuwe eenheidsregering moet plaasaanvalle aanspreek
TLU SA sê plaasmoorde kan nie langer slegs as misdaad beskou word nie, maar as terrorisme en sabotasie. Die landbou-organisasie se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê wanneer ʼn boer en sy werkers, of enige onskuldige landsburger, gejag en koelbloedig met aanvalsgewere geskiet word, is dit sabotasie teen die land:
Droogte dwing Zim-regering tot kontanttoelaes
Die regering van Zimbabwe gaan na verwagting begin met ‘n program om kontanttoelaes aan kwesbare stedelike gemeenskappe te gee. Dit is in reaksie op die uitwerking van die El Niño-droogte in dele van die land. Die minister van Maatskaplike Welstand July Moyo het die toekenning aangekondig van tot 250 miljoen Namibiese dollar wat tot Maart […]
Biden gee kwytskelding aan gay-soldate
Die Amerikaanse president, Joe Biden, beplan om militêre veterane kwyt te skeld wat skuldig bevind is ingevolge ‘n wet wat homoseksualiteit in die gewapende magte verbied het. Biden sê in ‘n verklaring, hy beoog om ‘n historiese fout reg te stel. Hy prys die moed en opoffering van duisende LGBT-dienslede wat uit die weermag gedwing […]
Kragtariewe na verwagting vandag bekend
Ferdinand Molale, woordvoerder van die Elektrisiteitsbeheerraad het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die kragtariewe, wat Maandag in werking tree, vanoggend bekend gemaak sal word. Dit volg na landswye konsultasies na NamPower ‘n 8 persent verhoging deur die raad toegestaan is. Stad Windhoek het intussen vir 10,4 persent gevra. Die stygings kom te midde van […]
Nuwe LPM LP stel haarself voor
Nadat die Landless People’s Movement se hoofsweep, Henny Seibeb, uit die party en die parlement bedank het, is Agnes Tjiramba aangestel om sy setel in die Nasionale Vergadering te vul. Aina Hanganeni Kodi vervang Edson Isaaks, wat saam met Seibeb bedank het. Tjiramba het in haar nooienstoespraak in die parelement verklaar dat die skoolkurrikulum geskep […]