Eks-Comrades-wenner Ashworth se bestuurstermyn opgehef
Padwedlope: Die wenner van die Comrades in 2018, Ann Ashworth, is van haar pligte onthef as wedloop- en bedryfsbestuurder, sewe maande nadat sy daar begin het. Ashworth het op sosiale media aangedui die raad het ‘n probleem met haar gebrek aan leierskap en bestuursvaardighede. Sy verwerp die bewerings en sê sy het drie keer aangebied […]
N$150 000 se borg vir Brasiliaan na dodelike Otavi-ongeluk
‘n 59-jarige Brasiliaanse burger wat teregstaan op drie aanklagte van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en onbedagsame bestuur na ‘n motorongeluk wat die lewens van nege mense in die Otjozondjupa-streek op 20 Junie geëis het, is deur die Otavi-laerhof op borg vrygelaat. Die borgtog van Luis Charles, ‘n bekende chirurg in Brasilië, is op […]
Chaos in NV soos in ou dae…
Chaos het ontaard in die parlement toe die onderwysminister Anna Nghipondoka haar mosie op die beleid op skooltoelae wou ter tafel lê. Die lede het luis beswaar aangeteken omdat dit huisreëls oortree omdat dit oorvleuel het met die PDM LP Hidipo Hamata, se mosie wat reeds op die lys is. Die speaker, Peter Katjavivi, het […]
Tshwane maak reg om R246m se onregmatige besteding terug te kry
ActionSA in Tshwane verwelkom die stad se munisipale komitee vir openbare rekeninge wat verskeie verslae oor onregmatige besteding aanvaar het en sy besluit om miljoene Suid-Afrikaanse rand van korrupte amptenare terug te eis. ActionSA-woordvoerder Tshepiso Modiba sê die Artikel 79A-komitee het aanbeveel onregmatige besteding van 246 miljoen rand moet in die 2023/2024-boekjaar herwin word:
Gates sê KI kan help met klimaatsverandering
Die filantroop en medestigter van Microsoft, Bill Gates, sê kunsmatige intelligensie gaan vernuwing versnel en dit makliker maak om klimaatsverandering te beveg. In ʼn onderhoud met SkyNews waarsku hy egter dit moet deur mense met goeie bedoelings gebruik word. Hy sê kunsmatige intelligensie het tot dusver ʼn kleinerige rol gespeel om klimaatsverandering te bekamp, maar […]
Repokoers moet gesny word vir hupstoot in huismark
Inflasie en repokoerse het ‘n beduidende impak op die huismark. Soos die lewenskoste toeneem weens inflasie, wil dit voorkom asof meer mense verkies om te huur omdat koop te duur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hillie Valombola, ‘n plaaslike eiendomsagent, wat sê dit is broodnodig dat rentekoerse moet daal om die sektor ‘n […]
Inna Hengari moet eerder nie beleid maak nie – ekonome
Kommentaar deur PDM parlementslid Inna Hengari lok kritiek uit. Hengari meen huur moet beheer word, veral omdat lae-inkomste huishoudings sukkel. Ekonome meen dat terwyl Namibiërs gebuk gaan onder lae inkomste en hoë kostes en dit uitdagend is, is huurbeheer nie ‘n goeie beleid nie en mense wat so meen, behoort nie beleid te maak nie. […]
Balhao sê Lüderitz werk hard om ‘gereed’ te wees
Die makelaarsfirma Simonis Storm het ‘n ontleding van eiendomme en aansoeke daarvoor vir Lüderitz gedoen. Die dorpie groei vinnig as gevolg van die ontluikende oliebedryf sowel as groen-waterstof en aansoeke deur ontwikkelaars het aansienlik gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het met die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, gepraat. Hy sê hulle werk hard om die dorp […]
Windhoek kry 7,9% meer vir krag, mits hy alles nakom
Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n kragtarief-verhoging van 7,9 persent vir Stad Windhoek, wat 10,4 persent gevra het, goedgekeur. Nored, wat 7,7 persent gevra het, het 6,6 persent ontvang. Maar, beide se verhoging kan nie nou geïmplementeer word nie. Petrus Johannes, waarnemende uitvoerende hoof by die beheerraad verduidelik wat die probleem is. Die tariefverhogings vir al die […]
Deepsea Bollsta is terug, maar vir wie?
Northern Ocean het ‘n nuwe kontraktoekenning vir die Deepsea Bollsta-boortuig in Namibiese waters aangekondig met ‘n filiaal van ‘n onbekende maatskappy, wat glo ‘n groot operateur is. Die eenput-kontrak, wat na raming 63 dae sal duur, sal waarskynlik in die vierde kwartaal vanjaar begin. Die boortuig word deur Odfjell Drilling bestuur en werk al 18 […]