Shiimi vertel NV oor gryslys-aksieplanne
Die kwessie van Namibië se plasing op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys was weer onder die loep in die Nasionale Vergadering. Parlementslede het voor die plasing hard gewerk om sekere wetgewings in orde te kry om te verhoed dat die land gelys word. Finansminister Iipumbu Shiimi het in die NV gesê daar is 13 […]
Oud-gesondheidminister praat oor middelmanne, tenders
Die middelman in tenders bly in die nuus. Die gesondheidministerie word gereeld geroskam omdat middelmanne in sy tenderprosesse glo pryse opstoot. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het verduidelik dat items net duurder word wanneer dit nie onder kontrak is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Bernhard Haufiku, oud-gesondheidsminister, wat sy mening oor […]
Mynbousektor groei 18,9% in 2023
Die mynbousektor het verlede jaar totale belasting van 6,861 miljard Namibiese dollar betaal. Dit is aansienlike toename van 55,9 persent van die 4,401 miljard dollar wat in 2022 betaal is. Die bruto vaste kapitaalformasie het ook aansienlike groei getoon, en het van 3,48 miljard dollar in 2022 tot 5,908 miljard dollar gestyg verlede jaar. Die […]
Nog hoëgraad-uraanneerslae gevind in Erongo
Madison Metals het aangekondig dat hy hoëgraad-uraanneerslae gevind het by sy Khan-uraanprojek by Madison-Wes, in die sentrale Erongo-streek. Die maatskappy het sy eerste boorprogram van nege gate van omgekeerde sirkulasieboor voltooi. Uraanmineralisasie is suksesvol op diepte in ses van die nege boorgate gevind. Dr. Roger Laine, ‘n geologiese ingenieur en direkteur van Madison, sê dit […]
Stigtings vra vir nasionale dialoog in SA
Nege bekende stigtings, insluitend die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu Legacy Foundation, moedig alle Suid-Afrikaners aan om deel te neem aan die gesprek oor die vorming van die land se toekoms. Die stigtings het op ‘n nuuskonferensie ‘n beroep gedoen vir ‘n nasionale dialoog te midde van die regering van nasionale eenheid […]
Pakistan teken vele hitte-sterftes aan
Die Edhi-ambulansdiens in Karachi, Indië sê dit neem gewoonlik 30 tot 40 mense daagliks na die stadslykhuis. Maar oor die afgelope ses dae het dit sowat 568 lyke ingesamel – 141 van hulle op Dinsdag alleen. Die stygende getalle dooies kom terwyl temperature in Karachi bo 40 grade Celcius gestyg het, maar die hoë humiditeit […]
Luister hierna, dis Biden vs Trump
Na aanleiding van vanaand se debat tussen president Joe Biden en sy voorganger Donald Trump, loop Amerikaanse media oor van die kwessies wat onder die loep sal kom. Een is natuurlik immigrasie. Hoor wat meen Biden daaroor… En hoe sê Trump… Die twee kan nie verder van mekaar verskil nie. Die debat is deur CNN […]
Heldedag vanjaar op Omuthiya gevier
Namibië gaan op 26 Augustus die 34ste Heldedag by die Omuthiya-ontspanningspark in Omuthiya in die Oshikoto-streek herdenk. Die tema is “Die verering van ons martelare”. Die Heldedag-herdenking word op ‘n rotasiebasis in die streke gehou en verlede jaar was dit in Windhoek aangebied. Oshikoto goewerneur Penda Ya Ndakolo het die aankondiging gemaak en sy dankbaarheid […]
SA regering waarsku oor onwettige inlywingskole
Die regering waarsku Suid-Afrikaners teen onwettige inlywingskole soos die winter-ontgroeningstydperk in dele van die land voortduur. Die direkteur van die Regeringskommunikasie- en inligtingstelsel, Tiisetso Ramotse, doen ‘n beroep op ouers om hul kinders te beskerm deur deeglike navorsing te doen voordat hulle na enige skool gestuur word. Ramotse sê die regering veroordeel die gruweldade en […]
Prosedure gee Parkinsons-lyers hoop
‘n Nie-ingrypingsprosedure met hoë-intensiteit, gefokusde ultrasoon wat ‘n snytjie maak in die deel van die brein wat beweging beheer gee nou Parkinsons-pasiënte hoop op onafhanklikheid. Die prosedure is die eerste keer vroeër die maand in Skotland op ‘n pasiënt uitgevoer. Die afgetrede brandbestryder Ian Keir se regterhand het twee jaar lank gebewe, wat alledaagse take […]