SA moet kabinet vorm, rand verswak
Die Suid-Afrikaanse rand het begin daal en daal steeds, te midde van onsekerheid oor president Cyril Ramaphosa se kabinet. Spanning laai ook op omdat daar friksie is tussen die DA, die ANC se grootste koalisievennoot, en Ramaphosa oor sleutelportefeuljes. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels oor wat die rand in […]
Kondoomtender: Raad erken hy het niks geverifieer nie
Plaaslike berigte lui dat die Verkrygingsraad beken het dat hy nie al sy prosedures toegepas het met die toekenning van die nou omstrede kondoomtender in Januarie 2023 aan Shapwa Kanyama nie. Die kwessie handel oor sy sogenaamde fabriek. Kosmos 94.1 Nuus het die fabriek ontbloot waar geen vervaardiging plaasgevind het nie en kondome is in […]
SWIFT-platform sal betalings se kostes duurder maak
Vroeër die jaar is aangekondig dat elektroniese oordrag-betalings van Namibië na en van ander lande in die gemeenskaplike monetêre gebied sal verander. Die lande is Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho. Die betalings sal nie meer elektronies gedoen word nie, maar via die SWIFT-platform verwerk moet word. Al sulke betalings sal dus as buitelandse valuta-betalings beskou word, […]
Kamala verdedig haar baas na debat
Nuus vanuit Amerika toon dat die Demokratiese Party skarrel na president Joe Biden se vertoning tydens sy debat teen sy voorganger Donald Trump. Hy het talle male sy ouderdom getoon en daar is groot kommer. Die visepresident Kamala Harris het hom verdedig in ‘n onderhoud na die debat met Anderson Cooper van CNN.
Bipa se kwytskelding kom Sondag tot ‘n einde
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Bipa het verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kon gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Die program kom Sondag tot ‘n einde. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die owerheid se woordvoerder, Ockert […]
Verkiesing lê verdelings in SA bloot
Die voorsitter van die Thabo Mbeki-stigting, Geraldine Fraser-Moleketi, sê die 2024-verkiesing het toenemende samelewingsverdelings in Suid-Afrika aan die lig gebring. Sy het op ‘n nuuskonferensie van nege stigtings gepraat, waaronder die Steve Biko- en die Chief Albert Luthuli-stigtings. Sy het kwessies soos welvaartongelykheid, stedelike-landelike gapings en onvoldoende bestuur benadruk. Die stigtings doen ‘n beroep vir […]
Chaos toe opposielede in Zim-hof verskyn
Die Zimbabwiese polisie het dosyne opposisie-ondersteuners aangerand en verskeie buite ‘n hof in die hoofstad Harare in hegtenis geneem, nadat Citizens Coalition for Change-partylede borgtog geweier is. Die party se tussentydse leier, Jameson Timba, en 78 aktiviste is op 16 Junie gearresteer vir die hou van ’n politieke byeenkoms wat volgens die owerhede ongemagtig was. […]
Trump-Biden debat afgehandel… Biden is ‘oud’ en Trump ‘lieg’
Die langverwagte debat tussen president Joe Biden en oudpresident Donald Trump is afgehandel. Kenners is dit eens dat Trump sterker vertoon het en Biden sy ouderdom gewys het. Maar, Trump kom onder skoot vir wat ontleders meen pure leuens was met talle van sy aanmerkings wat nie waar was nie. Nietemin, al die belangrike kwessies […]
Opgeskorte poste ‘is oor vraag en aanbod’
Alle pre-primêre en graad 1 tot 3 onderwysposte is opgeskort, omdat die voorvereistes hersien gaan word. Die vereistes was bedoel om standaarde te verhoog en gehalte-onderwyslewering op grondliggende vlakke te verseker. Onderwysers en belanghebbendes was egter bekommerd dat die veeleisende vereistes reeds gekwalifiseerde onderwysers vir poste sal diskwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die […]
DA stel ultimatum aan Cyril oor kabinetsaanbod
Die DA het ‘n ultimatum aan president Cyril Ramaphosa gestel en eis hy moet hom by die oorspronklike kabinetsaanbod hou of die gevaar loop dat hulle ooreenkoms ineen kan stort. Volgens News24 het Ramaphosa sy aanvanklike aanbod verander en die sleutelportefeulje van Handel, Nywerheid en Mededinging met Toerisme vervang, wat die DA woedend gemaak het. […]