Geld bewillig vir hervestiging van generasionele plaaswerkers

Generasionele plaaswerkers en die wat in korridors woon bly ‘n uitdaging in die land. Die adjunk-landbouminister Anna Shiweda het in die parlement ‘n uiteensetting gegee van die bedrag wat die ministerie gekry het om grond vir die hervestiging van hierdie plaaswerkers te bekom. Sy sê dit is nie genoeg nie, maar wanneer hulle nog fondse […]

Read More

Wêreldbank sertifiseer Zim se ZiG

Die Zimbabwiese-geldeenheid het internasionale erkenning ontvang. Die Zimbabwiese Reserwebank het aangekondig die Wêreldbank het die ZiG internasionale geldeenheidkode gesertifiseer wat dit sy eie duidelike identiteit gee. ZiG is ‘n afkorting vir Zimbabwe Gold. Sowat 1,4 miljard Namibiese dollar se ZiG is tans in sirkulasie en dit word gerugsteun deur edelmetale en buitelandse valuta ter waarde […]

Read More

Oudpresident van Honduras tronk toe oor dwelm-misdade

‘n Voormalige president van Honduras, Juan Orlando Hernández, is tot 45-jaar gevonnis in ‘n Amerikaanse tronk vir dwelm-misdade. Hernández, wat in Maart skuldig bevind is aan die invoer van kokaïen en die besit van masjiengewere, word beskuldig dat hy Honduras as ‘n narkotiese staat bestuur. Berigte dui aan Hernández het miljoene se omkoopgeld van dwelmsmokkelaars […]

Read More

Onder-20 rugbytoernooi skop môre in Kaapstad af

Die 14de Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap word van môre tot 19 Julie vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Moederstad aangebied. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die wêreld se 12 beste nasies meet oor vyf wedstryd-dae kragte op die Athlone-stadion, die Kaapstad-stadion en Danie Craven-stadion in Stellenbosch:

Read More

Baba, 8 maande, in begraafplaas gelos 

Die Oshana-polisie sê ‘n baba is in die Onelago-begraafplaas gevind. ‘n Man wat verbygestap het, het blykbaar die baba hoor huil. Hy het haar na die nabye winkels geneem om te kyk of iemand haar erken maar, niemand het nie. Die baba, omtrent agt maande oud, word tans by die Oshakati-staatshospitaal gehuisves. 

Read More

Minder besighede sluit in SA 

Volgens die jongste data van Statistieke Suid-Afrika, doen aansienlik minder ondernemings aansoek om te sluit. Verlede maand het 125 ondernemings hulle deure gesluit, ‘n daling van 17,2-persent teenoor die vorige jaar. Die totale aantal likwidasies vir die vyf maande is 638, ‘n daling van 9,3-persent teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Die opnamestatistikus van Statistieke SA, […]

Read More

Algoritmes bevorder haat, diskriminasie 

Vae en ondeursigtige algoritmes druk aanlyngebruikers in inligtingborrels in en versterk vooroordele insluitend rassisme, vrouehaat en diskriminasie van alle soorte. Dit is die mening van Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies. Hy sê tegnologie-reuse moet verantwoordelikheid aanvaar.

Read More

Verstappen bly by Red Bull 

Die driemalige wêreldkampioen Max Verstappen het uiteindelik bevestig dat hy volgende seisoen vir Red Bull gaan jaag. Mercedes het voelers na die 26-jarige Nederlander uitgesteek ten spyte van sy kontrak met Red Bull wat eers einde 2028 verstryk, en sy huidige motor wat hierdie seisoen sewe uit tien wedrenne gewen het. Verstappen het by ʼn […]

Read More

Afrika kompeteer met wêreld vir toerisme, belegging 

Die Afrika Gasvryheid-beleggingsforum het sake afgehandel by die Mövenpick Hotel in die hoofstad. Hierdie eerste Suider-Afrika-geleentheid het vooraanstaande internasionale hoteleienaars, beleggers en bedryfsleiers gelok. Die forum se doel is om groei te inspireer, ontwikkeling te bevorder en gasvryheidsbelegging in die streek aan te dryf. Lullu Krugel van PwC Suid-Afrika het beklemtoon hoe belangrik dit is […]

Read More

Rob-kwota vir 2024-seisoen bekend 

Die kabinet het die robbe-oes kwota vir die 2024-seisoen bekend gemaak. Vanaf 1 Julie tot 15 November vanjaar sal 70 000 robwelpies en 10 000 robbulle geoes mag word. Die oes is jaar op jaar uiters omstrede as gevolg van die manier wat die diere gedood word. Welpies word doodgeslaan en bulle word in die […]

Read More