Gauteng se provinsiale kabinet-onderhandelings afgehandel
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê onderhandelings vir provinsiale kabinetslede is afgehandel. Lesufi het Sondag die aankondiging van die provinsiale kabinet uitgestel met verwysing na ingewikkelde gesprekke. Lesufi het bykans twee weke sedert sy herverkiesing, nog nie sy uitvoerende bestuur aangekondig nie. Hy het tydens ‘n elektrifiseringsprojek in Kromdraai, Mogale City, die versekering gegee […]
Israeliese magte val dieper in Gaza in
Israeliese magte gaan voort met hul inval in twee noordelike en suidelike gebiede van die Gaza-strook. Palestynse gesondheidsamptenare sê minstens 11 mense is dood in tenkbombarderings in Rafah. Inwoners sê tenks het verder wes in die Shakoush-woonbuurt in Rafah gevorder, wat duisende ontheemdes gedwing het om noordwaarts te vlug. ‘n Inwoner wat met Reuters via […]
Night At The Museum-akteur Bill Cobbs sterf op 90
Die Amerikaanse akteur Bill Cobbs het in die ouderdom van 90 gesterf. Hy was veral bekend vir sy rolle as die veiligheidswag Reggie in die 2006-rolprent Night At The Museum, en as Whitney Houston se bestuurder Bill Devaney in die 1992-rolprent, The Bodyguard. Sy agent het aan die PA-nuusagentskap gesê die veteraan-akteur is Dinsdagaand in […]
Verkiesingskommissie tevrede, maar sê almal moet registreer
Die eerste maand van die registrasie van Namibiese kiesers is byna op ‘n einde. Die verkiesingskommissie sê tot op 22 Junie is 536 202 kiesers geregistreer. In die week van 17 tot 22 Junie is egter net gemiddeld 28 211 kiesers landswyd elke dag geregistreer. Daar is altesaam sowat 1,7 miljoen kiesers wat voor 1 […]
Forum sê die sogenaamde RNE is verraad teen kiesers
Die Activists and Citizens Forum sê politieke partye moet ophou om die leuen te versprei dat die land hulle versoek het om almal saam te werk. Die woordvoerder van die Forum, Dennis Bloem, sê politieke partye het op 29 Mei kiesers oortuig om vir hulle onderskeie politieke partye te stem. Volgens Bloem het die kiesers […]
Kenia hoërhof keur militêre magsgebruik toe na betogings
Kenia se hoërhof het die gebruik van militêre mag goedgekeur om orde te herstel, ná dae van teenbelastingbetogings wat die polisie op ‘n stadium oorweldig het. Regter Lawrence Mugambi het gesê dat die militêre ontplooiing van kritieke belang is om regeringsinstellings te beskerm. Hy het die owerhede twee dae gegee om uit te klaar hoe […]
Eks-Kameroen sokkerspeler Nguemo sterf in motorongeluk
Sokker: Die 38-jarge voormalige internasionale speler van Kameroen, Landry Nguemo, is gister in ‘n motorongeluk dood. Die Voetbalfederasie van Kameroen het dit op Facebook bekendgemaak. Die middelveldspeler kom van Yaounde en het tussen 2006 en 2014 in 42 wedstryde vir Kameroen drie doele aangeteken. Hy was in sy klubloopbaan meesal in Frankryk en het as […]
Konsessies sal altyd tot voordeel van gemeenskappe, operateurs wees
Die omgewingsministerie sal nooit konsessies toeken wat ‘n nadelige uitwerking op toeroperateurs het nie. Volgens minister Pohamba Shifeta word konsessies direk toegeken aan gemeenskappe wat binne of langs beskermde gebiede woon. Hy sê in al die land se beskermde gebiede, naamlik Etosha, Namib Naukluft, Skedelkus, Dorob en Bwabwata is daar konsessies wat direk aan gemeenskappe […]
Cyril vra raad en parlement om op Mandela-dag te sit
President Cyril Ramaphosa het gevra dat ʼn gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies gehou word vir die Parlementsopening op 18 Julie 2024. Die sitting wat saamval met Internasionale Nelson Mandela-dag, sal die president kans gee om die sewende administrasie se prioriteite uiteen te sit. Woordvoerder Vincent Magwenya sê die […]
Druk om op te hou bewaring in Congo-park te befonds…
Regtegroepe vra befondsers om op te hou om bewaringspogings in ‘n park van die Republiek van die Kongo-Brazzaville te ondersteun, om dit in ware te beskerm. Die land se regering het in Februarie ’n olie-ontginningspermit uitgereik vir die mees biodiverse beskermde gebied in die Conkouati-Douli Nasionale Park. Nou vra ‘n konsortium van 13 nie-regeringsorganisasies skenkers […]