Scana vestig hom plaaslik oor oliebedryf
Die Noorse maatskappy Scana het internasionaal uitgebrei deur die vestiging van ‘n filiaal in Namibië. PSW Technology wat deur Scana besit word, volg sleutelkliënte, insluitend Odfjell Drilling en Northern Ocean, om boorbedrywighede by te staan met ‘n verskeidenheid dienste. Volgens die maatskappy se besturende direkteur Richard Cornell, is Namibië ‘n brandpunt van olie- en gaseksplorasie […]
Goeie groei in SA se bewaringsgebiede
Suid-Afrika het sy beskermde gebiede die afgelope vier jaar met 11 persent uitgebrei en 89 nuwe bewaringsgebiede van 11 500 vierkante kilometer bygevoeg. Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur het die vordering benadruk, wat mariene-beskermde gebiede, Ramsar-gebiede, natuurreservate, botaniese tuine en biosfeerreservate insluit. Die land se bio-diversiteitspogings, wat deur instellings soos SANParke […]
Joe Biden baklei terug
Na die rampspoedige debat het die New York Times ‘n beroep op president Joe Biden gedoen om uit te tree. Die invloedryke publikasie sê dit is eenvoudig die regte ding om te doen. Maar, Biden het terug baklei by ‘n politieke saamtrek in Raleigh, Noord-Carolina.
Kom ondersteuen die Welwitschias!
Daar heers groot opgewondenheid vir vanmiddag se wedstryd tussen die Windhoek Beer Welwitschias en Suid-Afrika se Blou Bulle. Die vriendskaplike wedstryd skop om drie-uur vanmiddag af op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Hoofafrigter Allister Coetzee het met Sport Wrap gesels en ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die span te ondersteun.
Drank en dwelms oorheers Copps 94.1 se patrollie
Drank- en dwelm-misbruik raak ‘n toenemende probleem in Namibië en owerhede sukkel nie net met die beheer daarvan nie maar, ook die maatskaplike koste. Copps 94.1 het direk daarmee te doen gehad tydens Vrydagaand se program. Francois Lottering was, oudergewoonte, aan diens.
SA het nie genoeg gedoen om van gryslys af te kom nie
Suid-Afrika het steeds nie genoeg gedoen om van die Finansiële Aksie Taakspan se gryslys verwyder te word nie. Ter afsluiting van sy drie-daagse vergadering in Singapoer, het die waghond gesê hoewel daar sedert verlede jaar vordering gemaak is, bly daar steeds belangrike tekortkominge. Dit sluit in die doeltreffende deel van inligting, die afdwing van sanksies […]
Iran stem vir nuwe president
Die mense van Iran het gestem vir ‘n nuwe president nadat Ebrahim Raisi in ‘n helikopterongeluk gesterf het. Daar is meer as 61,5-miljoen stemgeregtigde kiesers, en die verwagting is miljoene het die verkiesing geboikot. Vier kandidate, lojaal aan die opperleier, is in die wedloop. Die uitslag kan die opvolging van die 85-jarige Ayatollah Ali Khamenei, […]
Cosafa: Warriors speel gelykop teen Angola
Die Brave Warriors het gelykop geëindig in hulle eerste groep C Cosafa-wedstryd teen Angola met ‘n 0-0 eindtelling. Dit was eintlik ‘n goeie vertoning omdat die Warriors tot dusver nog nooit Angola in ‘n internasionale wedstryd gewen het nie. Almal in die groep, wat Lesotho, Seychelle en Angola insluit, het een punt. Die volgende wedstryd […]
Jaarlikse Bonsmara Top 10 veiling op pad!
Die jaarlikse Bonsmara Top 10 veiling gaan by die Agra Veilingskrale in Otjiwarongo gehou word. Die geleentheid vind op 19 Julie om 11-uur die oggend plaas. ‘n Span telers gaan ‘n topseleksie van 25 Bonsmara-bulle aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met Hella Coetzee van Agra gesels oor die bulle wat aangebied word. Coetzee het ‘n […]
Maak werk van die ekonomie, sê Cosatu
Cosatu doen ‘n beroep op die regering van nasionale eenheid om vinnig te beweeg en om sodra die Kabinet aangestel is, blokkasies uit die weg te ruim vir die ontsluiting van die ekonomie. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dit is van kritieke belang vir die nasionale Tesourie om sy verbintenis na te kom om […]