Von der Leyen benoem vir tweede termyn

Leiers van die Europese Unie het Ursula von der Leyen van Duitsland vir ‘n tweede termyn van vyf jaar as president van die Europese Kommissie benoem. Hulle het by ‘n beraad in Brussel ook die voormalige Portugese premier Antonio Costa benoem as voorsitter van die Europese Raadsvergaderings en Estland se eerste minister Kaja Kallas as […]

Read More

Israel looi talle dele van Gaza

Minstens ses mense, insluitend vier kinders, is dood en verskeie ander beseer na Israliese weermagaanvalle oornag op woonbuurte in Gaza Stad. Die VN se woordvoerder, Stephane Dujarric, sê die jongste Israeliese grondaanvalle in die Shujayea-buurt het minstens 60 000 inwoners gedwing om te vlug. Hy voeg by die Israeliese militêre operasies in die al-Mawasi-gebied in […]

Read More

Swakop werk hard aan behuising

Die nasionale behuisingsonderneming, die stedelike ontwikkeling-ministerie en die Swakopmund munisipaliteit het onlangs 119 huise in die dorp oorhandig. Die munisipaliteit sê die projek is ‘n voorbeeld van wat uitgerig kan word wanneer instellings saamwerk. Die munisipaliteit sê hulle moet voortgaan om behuisingslewering te prioritiseer, om volhoubare gemeenskaps- en stedelike ontwikkeling te verseker. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Solidariteit bepleit verlenging van Agoa

Die vakbond Solidariteit het formeel gevra vir die verlenging van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Afrika Groei en Geleenthede-ooreenkoms met Amerika. Dit kom te midde van voortuderende hersiening van AGOA in die Amerikaanse Kongres met die ooreenkoms wat volgende jaar verstryk. Solidariteit se ekonomiese navorser, Theuns du Buisson, sê die ooreenkoms bevoordeel byna 30 000 […]

Read More

Zelensky werk aan plan om oorlog te beëindig

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het bekend gemaak hy werk aan ‘n omvattende plan om ‘n einde aan die oorlog met Rusland te maak. Hy het op ‘n nuuskonferensie in Kiëf beloof die plan is gebaseer op die diplomatieke roete want dit moet deur die meerderheid van die wêreld se nasies gesteun word. Waarnemers sê […]

Read More

Uitklopfases begin in Euro 2024

Die uitklopfases van die Euro 2024 skop vandag af. In die eerste groep van 16 wedstryde kom Italië teen Switserland in Berlyn te staan. Die Italianers is die gunstelinge om die kwarteindronde te haal. Die gashere, Duitsland, hoop om die opwinding van die toernooi lewend te hou deur Denemarke vanaand in Dortmund te klop. Een […]

Read More

Cenored sal nie besighede, plase se krag opstoot nie

Die aankondiging van nuwe tariewe vir elektrisiteit die week het groot opslae gemaak omdat ekonomiese druk op alle fronte ervaar word. Intussen het Cenored, die kragverspreider vir die sentrale gebied, aandkondig dat tariewe vir algemene besighede, en plase, nie verhoog sal word nie. Volgens Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder sal net huishoudelike tariewe verhoog word […]

Read More

Kommer oor koalisie-wrywing in SA

Die Black Business Council is bekommerd oor die stadige pas van die regering van nasionale eenheid se onderhandelings tussen president Cyril Ramaphosa en die DA-leier, John Steenhuisen. Ramaphosa het die noodsaaklikheid van ‘n billike ooreenkoms beklemtoon vir ‘n bestendige regering. Die uitvoerende hoof van die raad, Kganki Matabane, sê die ANC moet sy standpunt oor […]

Read More

Israel en Hezbollah in ergste konfrontasie in 18 jaar

Satellietbeelde toon verwoeste plekke in die Suid-Libanese dorp Aita al-Shaab na maande van Israeliese lugaanvalle. Die beelde wys minstens 64 verwoeste plekke in Aita al-Shaab. Hezbollah het sterk steun van die Sjiïtiese Moslems in die gebied, wat in 2006 ‘n voorste linie was toe sy vegters Israelse aanvalle suksesvol tydens die volskaalse oorlog van 34 […]

Read More

Proteas poog vir eerste Wêreldbeker-trofee

Suid-Afrika staan vanmiddag voor ‘n Dawid teen Goliat-stryd in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker teen Indië op die Kensington-ovaal. Die Proteas wil hulle eerste Wêreldbeker-trofee verower nadat hulle Afghanistan met nege paaltjies geklop het. Indië het Engeland met 68 lopies verslaan en sal na verwagting klipharde teenstanders wees. Oud-Protea Fanie de Villiers het met […]

Read More