Bipa sê hy sal konsulteer, nie-nakoming van 165 000 besighede
Die besigheidsowerheid Bipa, sê hy sal nou konsulteer oor die pad vorentoe rakende die registrasie van voordelige eienaarskap van besighede in die land. Hy het in die verband sy boete-kwytskeldingsprogram verleng maar, dit het nou tot ‘n einde gekom. Daar word berig dat 165 000 besighede gederegistreer kan word oor die gaping in eienaarskap verklarings. […]
IMF keur US$360m uitbetaling aan Ghana goed
Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het die tweede hersiening van Ghana se leningsprogram van 3 miljard Amerikaanse dollar goedgekeur, wat die onmiddellike uitbetaling van sowat 360 miljoen dollar moontlik maak. Die besluit kom nadat die olie-, goud- en kakaoprodusent ‘n ooreenkoms met sy amptelike krediteurekomitee gefinaliseer het, ‘n stap wat ‘n voorvereiste was […]
Frankryk stem vandag, verregse Le Pen kan wen
Franse kiesers stem vandag in die in die eerste ronde van die parlementêre verkiesing wat Frankryk se eerste verregse regering sedert die Tweede Wêreldoorlog kan inlui. President Emmanuel Macron het die verkiesing aangekondig na sy sentristiese alliansie vandeesmaand in die Europese verkiesings verpletter is deur Marine le Pen se National Rally-party. Die finale uitslag word […]
Groot teleurstelling vir Proteas met Indië wat T20-titel opraap
Slegs sewe lopies het tussen die Proteas en hulle eerste T20 Wêreldbeker in Barbados gestaan. Indië het hulle tweede T20-Wêreldbeker verower. Indië het ‘n indrukwekkende 177 daargestel vir ‘n oorwinning, en Suid-Afrika tot 169 vir agt beperk. In ‘n stadium het die Proteas 30 lopies van 30 balle gejaag met ses paaltjies staande, maar Indië […]
Laaste dag vir SIM-registrasie
Vandag is die laaste dag wat SIM-kaarte geregistreer kan word. Volgens die inligtingsminister Emma Theofelus het die jongste syfers getoon dat ongeveer 91 persent van alle aktiewe kaarte reeds geregistreer is. Vanaf môre sal die betrokke nommer nie weer geaktiveer kan word nie en ‘n nuwe nommer sal bekom moet word. Die registrasie-proses was die […]
BOSA vergader met Ramaphosa oor koalisie-regering
‘n Afvaardiging van Build One South Africa, insluitend die leier Mmusi Mainane, het ANC-leiers ontmoet om ‘n koalisie op nasionale vlak te bespreek. BOSA se waarnemende woordvoerder, Roger Solomon, sê dit het ‘n duideliker begrip gegee oor indien, en hoe, BOSA moontlik kan deelneem. Solomons sê die instelling van ‘n verklaring van voorneme is noodsaaklik […]
Boliviaanse generaal sit vir 6 maande vir ondersoek na staatsgreep-poging
Die Boliviaanse generaal Juan Jose Zuniga is tot ses maande voorkomende aanhouding gevonnis vir sy rol in ‘n mislukte staatsgreep. Die kantoor van die prokureur-generaal het die aanhouding van ses maande versoek en gesê ander regeringsliggame, insluitend die ministeries van verdediging en binnelandse sake, ondersteun dit. Dit gee owerhede ‘n geleentheid om ‘n deeglike ondersoek […]
Oortuigende oorwinning vir die Blou Bulle
Die Vodacom Blou Bulle het ’n oortuigende oorwinning teen die Windhoek Beer Welwitchias aangeteken met ‘n finale telling van 90-8. Die vriendskaplike wedstryd is op die Hage Geingob-stadion gespeel en net meer as 4 000 toeskouers het dit bygewoon.
Verkiesing ’24: Wat sê LPM oor aborsie?
Die kontroversiële sodomiewet is onlangs deur ‘n volbank regters as ongrondwetlik verklaar. Nog ‘n kontroversiële kwessie in die land is aborsies. Met die verkiesing wat voorlê, is dit nodig om te weet waarvoor die verskillende politieke partye staan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, oor wat die party se standpunt oor […]
UWC verbreek alle bande met Israel
Die Universiteit van die Wes-Kaap het sy verbintenis tot solidariteit met die mense van Palestina herbevestig met ‘n beslissende mosie wat die universiteitsraad, die senaat, die konvokasie en die studenteraad onderskryf het. UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die mosie bevestig hulle onwrikbare steun vir geregtigheid, menseregte en die heropbou van die Palestynse hoër onderwys-instellings. […]