Ivoorkus ontvang malaria-entstof, vier sterf daagliks in die land
Die Ivoorkus het sy eerste entstowwe teen malaria ontvang, ‘n siekte wat vier mense per dag in die land doodmaak. Altesaam 656 600 dosisse is ontvang, en 250 000 kinders tussen die ouderdomme van 0 en 23 maande sal ingeënt word. Die R21/Matrix-M-entstof is deur Ghana, Nigerië, Burkina Faso en die Sentraal-Afrikaanse Republiek goedgekeur. Die […]
Verstappen trek eerste weg vandag
Max Verstappen het sy 40ste Formule-Een voorste wegspringplek vir sy Red Bull-span ingepalm deur Lando Norris van McLaren in die kwalifiserende ronde vir vandag se Oostenrykse Grand Prix te klop. Verstappen se tyd was vier-tiendes van ‘n sekonde vinniger as Norris op die kortste baan op die kalender in terme van rondetye. George Russell van […]
Keetmans bou stortingsterrein
Keetmanshoop het ‘n konsultant aangestel vir die ontwerp, terrein-toesig en kontrakbestuur van ‘n goedgekeurde stortingsterrein. Die koste beloop net meer as 146 000 Namibiese dollar. Helios Engineering Consultants het die kontrak ontvang uit ses maatskappye wat gekwoteer het. Goedgekeurde stortingsterreine is uiters belangrik vir die omgewing en die meerderheid dorpe in die land het nie […]
ANC behaal begrotingsurplus, eerste keer in 15 jaar
Die regering se sesde administrasie het vir die eerste keer in 15 jaar sy eerste hoofbegrotingsurplus behaal. Die waarnemende regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê die laaste begrotingsoorskot was voor die wêreldwye finansiële krisis in 2008. Mnukwa voeg by die prysenswaardige prestasie is bereik danksy die steun wat die Nasionale Tesourie van president Cyril Ramaphosa, die minister […]
6,3m mense in Burkina Faso het hulp nodig
Burkina Faso staar ‘n ongekende humanitêre krisis in die gesig en het ‘n gebrek aan middele om dit op te los. Die woordvoerder van die VN-hoof Stéphane Dujarric het ’n beroep op lidlande gedoen om finansiering te verskaf. Meer as 6,3 miljoen mense het dringend humanitêre hulp nodig. Gewapende terreurgroepe belemmer humanitêre toegang in baie […]
Iran sal tweede ronde presidensiële verkiesing hou
‘n Reformistiese kandidaat het Vrydag die meeste stemme in die eerste ronde van Iran se presidensiële verkiesing behaal. Masoud Pezeshkian en die ultra-konserwatiewe voormalige kernkrag-onderhandelaar, Saeed Jalili, kom komende Vrydag in ‘n volgende ronde teen mekaar te staan. Daar word berig die verkiesing het die laagste stempersentasie getoon sedert die Islamitiese Republiek in 1979 tot […]
Petisie teen kragtarief-verhogings
‘n Petisie wat deur Shaun Gariseb opgetrek is eis dat die lynminister, Tom Alweendo, die goedgekeurde nuwe kragtariewe hersien. Die Elektrisiteitsbeheerraad het die week nuwe tariewe goedgekeur met verhogings van 6 en 8 persent aan verskeie kragverspreiders, dit na NamPower 8 persent vroeër die jaar ontvang het. Dit beteken minder as 40 eenhede vir ‘n […]
EFF sê hy sal saam met ANC werk maar nie DA, VF+ nie
Die EFF sê hy is bereid om deel te neem aan ‘n ANC-geleide regering van nasionale eenheid solank dit die DA en die Vryheidsfront Plus uitsluit. Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, sê die DA en VF Plus verteenwoordig die imperialistiese verwerping van progressiewe internasionalisme en regstellende aksie, asook die onteiening van grond sonder vergoeding […]
Gaza-skietstilstand bereik dooiepunt
‘n Senior Hamas-amptenaar, Osama Hamdan, sê daar is geen vordering in samesprekings oor die wapenstilstand met Israel nie. Die Palestynse groep is steeds gereed om te werk met enige skietstilstand-voorstel wat die oorlog sal beëindig, het Hamdan gesê. Arabiese bemiddelaars se pogings, gesteun deur die Verenigde State, het tot dusver nie daarin geslaag om ‘n […]
SA o.20 skop kampioenskap goed af
Suid-Afrika het die eerste dag van die Onder-20-Wêreldrugbybeker-kampioenskap met ‘n oorwinning van 57-7 teen Fidji in die Kaapstad-stadion afgesluit. Frankryk, die verdedigende kampioen, het hulle eerste wedstryd teen die nuwelinge Spanje, met 49-12 gewen. Engeland het Argentinië ingehaal om hulle aanvangswedstryd in die Athlone-stadion met 40-21 beklink, voor Australië vir Georgië met 35-11 uitoorlê het. […]