Rassie sê oor sy span

Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ʼn ervare begin-groep met 20 Wêreldbeker-wenners aangekondig wat Ierland Saterdag op ʼn stampvol Loftus Versfeld gaan takel. Daar is 15, onder wie kaptein Siya Kolisi, in die beginspan en nog vyf op die bank. Erasmus sê hulle het ʼn ses-twee-verdeling tussen voor- en agterspelers op die bank met Sacha Feinberg-Mngomezulu wat […]

Read More

Amushelelo vertraag saak teen hom

Die saak waar Namica Supermarkte die hoërhof vir ‘n interdik teen Michael Amushelelo vra, kom vandag voor, eintlik vir Amushelelo om bewyse te gee hoekom die aansoek deur Namica, wat kostes insluit, nie toegestaan moet word nie. Dit sou op 3 Junie al bepaal gewees het maar, Amushelelo het toe vir regter Kobus Miller gesê […]

Read More

VN sê aanhouding van twee Suid-Afrikaners in Ekwatoriaal-Guinee is onwettig

Die Verenigde Nasies se Werkgroep oor Willekeurige Aanhouding beskou die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee as onwettig en eis hulle onmiddellike vrylating. Frik Potgieter en Peter Huxham word sedert Februarie verlede jaar aangehou op versinde aanklagte te midde van ‘n diplomatieke geskil oor die beslaglegging op bates van visepresident Teodore Nguema Obiang Mangue. […]

Read More

Nog ‘n skuldigbevinding vir Lucy Letby

Voormalige Britse verpleegster Lucy Letby is skuldig bevind aan ‘n poging om nog ‘n pasgebore baba te vermoor, wat by dra het tot skuldigbevindings verlede jaar wat haar Brittanje se mees produktiewe reeksmoordenaar van kinders in die moderne tyd gemaak het. Die 34-jarige Letby is verlede Augustus skuldig bevind aan die moord op sewe babas […]

Read More

Wimbledon: Djokovic is deur, Rublev is uit

Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, is gemaklik deur na die tweede ronde by Wimbledon nadat hy die Tsjeggiese kwalifiseerder, Vit Kopriva, met 6-1, 6-2, 6-2 afgeransel het. Dis die Serwiër se eerste wedstryd ná sy knie-operasie. Andrey Rublev van Rusland is die hoogste gekeurde speler wat in die mans-enkelspel uitgeval het nadat die Argentyn, Francisco […]

Read More

Registrasie van kiesers sal dalk verleng moet word

Slegs sowat 520 000 kiesers is in die eerste drie weke geregistreer, en nog bykans 1,7 miljoen moet voor 1 Augustus geregistreer word. Die Verkiesingskommissie het reeds sekere probleme uitgelig, soos dat kommunale boere wat met hul vee agter weiding aan trek moeilik sal wees om te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Frederico […]

Read More

Kostebewaringsbevel is belaglik – Metcalfe

Vyf Swapo-lede dagvaar die party om ‘n kongres te hou na president Hage Geingob se dood, om ‘n partypresident te kies. Swapo het egter teruggekap en ‘n koste-bewaringsbevel aangevra teen die lede. Dit is sodat hulle moet bewys dat hulle genoeg geld het om regskostes te betaal indien hulle die saak verloor. Swapo voer aan […]

Read More

NamWater sny water in Zambezi af

Talle huishoudings in die Zambezi-streek is sonder water. Dit kom na NamWater watertoevoer aan die gemeenskappe, wat direk water van die maatskappy ontvang, afgesny het. Die gemeenskapswaterpunte is tydens Covid opgerig en water is ingevolge ‘n kabinet riglyn, gratis verskaf wat veroorsaak dat hulle nou weier om te betaal. Van die waterpunte se rekenings beloop […]

Read More

Kragtarief: Stad Whk wag net vir ECB se antwoord

Die nuwe tariewe vir elektrisiteit het ‘n herrie ontketen weens meeste huishoudings en besighede wat reeds onder finansiële druk is. Die Stad Windhoek se nuwe tariewe het egter nog nie in werking getree nie omdat die Stad nie voldoen aan Elektrisiteitsbeheerraad se vereistes nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cillie Kapolo, Stad Windhoek se […]

Read More

Oud-SAPD-lid dood as Oekraïnse soldaat

‘n Voormalige Suid-Afrikaanse polisiebeampte en Britse paspoorthouer, Peter Fouché, is dood as soldaat vir Oekraïne. Volgens News24 was hy bekend vir sy wydverspreide video waarin hy die vertragings met militêre hulp vanuit die Weste skerp veroordeel en Suid-Afrika se verhouding met Rusland skerp gekritiseer het. Hy het as ‘n oorlogsparamedikus by die weermag van Oekraïne […]

Read More