Gauteng wetgewer sit vas – DA en ANC baklei steeds

Die DA sê hy kon nie daarin geslaag om ‘n ooreenkoms met die ANC in Gauteng te bereik nie. Premier Panyaza Lesufi sou Maandagaand sy nuwe kabinet aankondig, maar dit is uitgestel weens onderhandelinge oor posisies tussen die ANC en die DA wat ‘n dooiepunt bereik het. Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, sê […]

Read More

Trump eers in September gevonnis in swyggeld-saak

Die gewese Amerikaanse president, Donald Trump, se vonnisoplegging in sy swyggeld-saak in New York is tot September uitgestel. Dit volg op Maandag se hooggeregshofbeslissing dat hy kwalifiseer vir algehele vrywaring van vervolging vir enige optrede tydens sy ampstermyn. Trump is die eerste Amerikaanse president wat suksesvol strafregtelik vervolg is toe ‘n jurie hom verlede maand […]

Read More

Wimbledon se vrouekampioen in eerste ronde uit

Wimbledon se verdedigende vroue-kampioen, Marketa Vondrousova, sê sy het gesukkel om haar senuwees te kalmeer toe sy in die eerste ronde uitgeskakel is. Die wêreld se nommer 83, Jessica Bouzas Maneiro van Spanje, het die 25-jarige Tsjeg 6-4, 6-2 verslaan vir haar eerste Grand Slam-oorwinning. Dis die eerste keer sedert 1994, toe Steffi Graf teen […]

Read More

Veldtog vir toeriste om ook water te bespaar

Die toerisme ministerie het saam met die Namibië Reis- en Toerismeforum ‘n inisiatief geloods wat reisigers en verblyf-verskaffers aanmoedig om water te bespaar. Twee nuwe plakkate is ontwerp met noodsaaklike wenke oor hoe om dit te doen en volhoubare toerisme te ondersteun. Verblyf-instansies word voorsien van praktiese waterbesparingstegnieke. Reisigers kan leer hoe om waterslim te […]

Read More

Groot sukses in SA met ontvoerings deur SAPD behaal

‘n Multidissiplinêre span onder aanvoering van die SAPD se teen-ontvoeringtaakspan het 12 sakepersone en ses studente gered wat die laaste ses maande vir ‘n losprys ontvoer is. Die jongste slagoffer is ‘n 49-jarige Portugese sakeman wat Maandag in Snake Park, Soweto, gered is. Die woordvoerder van die SAPD, Athlenda Mathe, het onthul die polisie het […]

Read More

Nog ‘n opdrag vir massa-ontruiming in Gaza

Die Verenigde Nasies se noodlenigingsagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye-Ooste waarsku dat 250 000 mense na raming in Gaza ontwortel kan word. Dit volg te midde van die Israelse weermag se opdrag vir ‘n massa-ontruiming van Palestyne uit Khan Younis in die suide van Gaza. Die weermag beplan volgens berigte ‘n nuwe grondoffensief op […]

Read More

Orban vra vir skietstilstand tydens besoek aan Kiëf

Die Hongaarse eerste minister, Viktor Orban, sê ‘n wapenstilstand in Oekraïne kan help om vredesonderhandelings met Rusland te bespoedig. Orban, wat een van die Europese leiers is wat die Russiese president, Vladimir Putin, die meeste ondersteun, het Kiëf besoek vir samesprekings met die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky. Hy het voorgestel ‘n vinnige wapenstilstand kan vredesgesprekke […]

Read More

So lyk die grense vir groente in Julie

Die Namibiese Akkerbouraad het die grenssluitings vir Julie bekend gemaak. Die grens is tans gesluit vir invoere van beet, botterskorsie, kool, Engelse komkommer, uie, pampoen, patats, en ronde tamaties. Invoere van wortels, aartappels, waatlemoen, spanspek en soetmielies word toegelaat. Pro-rata invoere is van toepassing op gekleurde soetrissies, groen soetrissies, skorsies, iceberg-blaarslaai, spinasie, konfyt-tamaties en kersie-tamaties.

Read More

Ondersoek na Freitag-skietvoorval geloods

Die buurland se polisie het met ‘n ondersoek begin nadat die voormalige wêreld-hoogspringkampioen, Jacques Freitag, met skietwonde dood aangetref is naby die Zandfontein-begraafplaas, in Pretoria. Die 42-jarige Freitag was vir twee weke vermis nadat hy in die geselskap van ‘n onbekende man by sy ma se huis weg is. Die woordvoerder van die polisie, Mavela […]

Read More

Biden steeds onder skoot vir bevoegdheid

President Joe Biden kom onder toenemende druk om uit die presidensiële wedloop te tree na sy swak vertoning tydens sy debat teen Donald Trump. Senators van sy eie party sê ook ‘n plaasvervanger moet gevind word omdat Biden eenvoudig te oud is. Maar, die goewerneur van Kentucky, Andy Beshear het ‘n heel ander benadering…

Read More