CAN vra hulp om Huis Acacia te beveilig
Die Kankervereniging van Namibië versoek dringend bystand om diefwering by vensters by Huis Acacia in Windhoek te installeer, weens veiligheidskwessies. Hulle doen ‘n beroep op die publiek wat in staat is om kwaliteit arbeid te verskaf terwyl die vereniging die metaal verskaf, of diegene wat ‘n mededingende kwotasie kan gee, om hulle te kontak vir […]
Nampol se vermiste wapens in SA se bendegeweld gevind
Die Engelse dagblad, The Namibian berig vanoggend dat vermiste wapens van die Namibiese polisie in bendegeweld in Suid-Afrika gebruik word. Dit kom na die Valke in Suid-Afrika ‘n ondersoek voltooi het. Daar is, volgens die berig, 80 wapens van Nampol in die buurland gekonfiskeer waarvan 23 nog reeksnommers gehad het. Twaalf van die wapens is […]
‘n Blywende oplossing vir kragtariewe is nodig
Die regering het 365 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel om kragtariewe te subsidieer, sodat dit nie vanjaar verhoog word nie. Die aktivis Shaun Gariseb het vroeër ‘n petisie in dié verband geloods wat meer as 4 000 handtekeninge in drie dae ingesamel het. Hy het ook ‘n nasionale protes vir Saterdag teen die voorheen aangekondigde […]
Wildmisdaad: Spesiale howe werk goed
Die kantoor van die aanklaer-generaal, die regbank en Blue Rhino-taakspan werk onophoudelik saam om wildmisdade te bekamp. Hulle het byvoorbeeld gedurende April en September 2022 die eerste spesiale howe ingestel wat toegewy is aan wildmisdaad. Die howe was in Katima Mulilo, Rundu, Okahao en Outapi, maar het intussen uitgebrei. Die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, het by […]
Pollard gesels oor Saterdag se kragmeting
Die Springbok-losskakel Handre Pollard sê dit sal ‘n volledige spanpoging verg om Ierland Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria te klop. Ierland het sy laaste drie wedstryde teen Suid-Afrika gewen. Pollard, wat twee punte nodig het om die 700 punte-kerf in toetsrugby te haal, sê die selfvertroue in die groep is goed en hulle het […]
ECB sê later oor kragtariewe, ‘dis goeie nuus’
Die Elektrisiteitsbeheerraad hou vanmiddag om vier-uur ‘n mediakonferensie oor die publieke oproer oor verhogings in elektrisiteitstariewe wat verlede week bekend gemaak is en Maandag in werking getree het. Die raad sê hy het verskeie belanghebbendes geraadpleeg vir ‘n oplossing om verbruikers te probeer beskerm en die bekostigbaarheid van elektrisiteit te verseker. Die raad se uitnodiging […]
Ministerie reageer op Mwezi se jag-aantygings
Die omgewingsministerie het teruggekap teen aantygings wat deur Izak Smit van Desert Lion Human Relations Aid, of DeHLRA gemaak is oor die jag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi. Smit voer aan dat die leeu onwettig as probleemdier verklaar is om ‘n winsgewende trofee te skep. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie het sy reaksie so […]
Droogte dryf Outjo se houtskool-produksie na nuwe hoogtes
Die Kunene-streek is swaar getref deur droogte, wat boere in die Outjo-kiesafdeling aangespoor het om hul inkomste te diversifiseer deur die produksie van houtskool. Na ‘n dekade van swak reën en mislukte oeste, sowel as verliese van vee weens die droogte, staar die meeste kommersiële boere in die kiesafdeling ernstige gevolge in die gesig, met […]
Shikongo praat oor toenemende misdaad, uitreike word gehou
Die hoofstad het nog ‘n rooftog helder oordag beleef, toe die eienaar van ‘n kleremaak-winkel deur gewapende rowers aangeval is. Dit het tot ‘n skietery in Onafhanklikheidsrylaan tussen die rowers en polisie gelei. Een van die rowers is doodgeskiet en die ander een in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met luitenant-generaal Joseph Shikongo […]
Vulstasie-eienaars bly oor die verhoging in bedryfsmarge
Die ministerie van myne en energie het verlede week laer brandstofpryse aangekondig, asook om die bedryfsmarge met 23 sent tot 189 sent per liter te verhoog. Die handelaarsmarge vir vulstasie-operateurs styg met 9 sent per liter tot 192 sent per liter. Reaksie is ontvang van die Fuel and Franchise Assocation, Fafa. Kosmos 94.1 Nuus het […]