Reaksie op Eurobond-betaling
Finansminister Ipumbu Shiimi het die versekering gegee dat Namibië sy Eurobond-verpligting van 14 miljard Namibiese dollar, wat in 2025 verval, sal nakom. Dit beklemtoon die land se rekord van skuldterugbetaling. Shiimi het voorbereidings om die verpligting na te kom genoem, wat insluit om deur die jare fondse opsy te sit, en om van die buitelandse […]
Sakeman, boer van Grootfontein skiet homself
‘n Sakeman van Grootfontein het volgens New Era Woensdagaand selfmoord gepleeg deur homself by sy lodge buite die dorp te skiet. Die Otjozondjupa-polisie se woordvoerder inspekteur Maureen Mbeha, sê die 69-jarige Felas van der Merwe Daniel Diederick het hom in sy slaapkamer op sy plaas 5 kilometer noord van Grootfontein, geskiet. Hy is deur sy […]
Aanlyn bedrogspul in verband met arbeidsminister
Daar is ‘n bedrogspul op Facebook onder ‘n rekening genaamd “Nujoma Utoni”, wat nie die profiel van Namibië se arbeidsminister is nie. Die bedrieër doen hom voor as die minister en vra lede van die publiek om hul persoonlike besonderhede te deel. Die arbeidsministerie doen ‘n beroep op die publiek om sulke boodskappe te ignoreer […]
Rusland ervaar hittegolf, breek 1917 rekord
Russe het vandag die warmste weer wat in meer as ‘n eeu gesien is, aangedurf met Moskou wat ‘n rekord van 1917 gebreek het en stede regoor die wêreld se grootste land met temperature ver bo 35 grade Celsius ervaar het. In Moskou, waar temperature in die legendariese Russiese winter tot minus 45 grade Celsius […]
Swakop vergader vanmiddag met polisie
Die inwoners van Swakopmund word herinner aan die vergadering wat vanmiddag om half-ses by die Veeldoelige Sentrum plaasvind. Misdaad word bespreek en die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sal daar wees. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat.
Breyton gesels oor Bokke se Ierse kragmeting
Dit sal ‘n volledige spanpoging verg om Ierland Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria te klop. Ierland het sy laaste drie wedstryde teen Suid-Afrika gewen. Kosmos 94.1 Nuus het met Breyton Paulse ‘n voormalige Springbok oor die wedstryd gepraat.
Die brief is vals – Trevino Forbes
Die adjunk-president van die IPC Trevino Forbes sê die brief, blykbaar van ‘n Britse LP van die Arbeiderparty Sarah Champion aan David Cameron, die minister van buitelandse sake, is vals. Kommerwekkend is dat daar gesê is dat 750 000 pond, of 17,6 miljard Namibiese dollar, reeds oorbetaal is sodat die IPC ‘n robuuste veldtog in […]
Kragtariewe is ‘n verkiesingsfoefie
Die opheffing van die verhoging in kragtariewe word as ‘n verkiesingsfoefie beskryf. Die Elektrisiteitsbeheerraad het Woensdagaand aangekondig 365 miljoen Namibiese dollar is bekom om die tariewe te subsidieer. McHenry Venaani, hoof van die PDM sê die regering het ‘n reddingsboei uitgegooi maar, dit is nie volhoubaar nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Jongste Afrobarometer peiling oor korrupsie lyk so…
Afrobarometer se jongste opname toon dat twee derdes van Namibiërs sê korrupsie in die land word erger, hoewel hierdie mening die afgelope paar jaar aansienlik afgeneem het. Die meeste landsburger burgers sê die regering doen nie goeie werk in die bekamping daarvan nie. Lizl Stoman van Afrobarometer het meer.
Bushalte meesterstuk van 16de eeu verkoop vir miljoene
Die vroeë kunswerk van die Venesiese meester Titian, The Rest on the Flight into Egypt, is teen ʼn rekordprys van sowat 405 miljoen Namibiese dollar op ʼn veiling in Londen verkoop. Die skildery is talle kere gesteel en is in 1995 in ʼn plastieksak by ʼn Londense bushalte gevind nadat dit uit Longleat House in […]