Nog twee politieke partye by Verkiesingskommissie geregistreer

Die Verkiesingskommissie het aangekondig dat hy die Action Democratic Movement en Affirmative Repositioning as politieke partye geregistreer het, nadat hulle aan al die vereistes voldoen het. Een van die vereistes is dat ‘n verklaring ter ondersteuning van die party se aansoek om registrasie deur ten minste 3 500 persone onderteken moet wees. In albei partye […]

Read More

Kunene-polisie, Angola werk saam op grens

Nie-amptelike grensoorgange tussen Namibië en Angola het ontaard in problematiese misdaadbrandpunte. Dit is volgens NamPol in die Kunene-streek se hoof van misdaadvoorkoming, Adjunkkommissaris Obandja Ruhoze. Hy sê oor die afgelope ses maande was daar meer as 47 voorvalle van dwelmhandel in die streek, met die meerderheid daarvan by grensoorgange. Daar was ook 121 veediefstalle, waarvan […]

Read More

Mbumba, Masisi hou amptelike samesprekings

President Nangolo Mbumba en Botswana se president, Mokgweetsi Masisi, is besig met amptelike samesprekings in Swakopmund. Die twee presidente is besig met sake wat daarop gemik is om bilaterale betrekkinge en samewerking tussen die twee nasies te versterk. Masisi het aangekondig dat Botswana beplan om die middeltermyn-hersiening van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie op 24 en […]

Read More

SA nie gou van gryslys af nie: kenners

Kenners sê hulle twyfel of Suid-Afrika teen Junie volgende jaar van die Finansiële Aksietaakspan se gryslys gehaal sal word. Die taakspan wat wêreldwye standaarde stel vir die stryd teen geldwassery en terrorisme-finansiering, het bevind Suid-Afrika skiet te kort en het die land verlede jaar in Februarie op die gryslys geplaas. Isaac Matshego van Nedbank het […]

Read More

Die Caesar-slaai is vandag 100 jaar gelede geskep

Slaai-liefhebbers vier die dag waarop die Caesar-slaai presies 100 jaar gelede geskep is. Die slaai is volgens oorlewering deur die Italiaanse immigrant, Caesar Cardini, by sy restaurant Caesar’s Place in Tijuana, Mexiko, uitgedink. Cardini het een snikwarm aand gesukkel om sy klante kos te gee. Hy het heel Romaine-blare met knoffel-gegeurde olie, Worcester-sous, suurlemoene, gekookte […]

Read More

Wright voer Wallabies aan vir toets teen Wallis

Rugby: Liam Wright is aangewys as die nuwe Wallabie-kaptein vir Saterdag se toets teen Wallis in Sydney. Die afrigter, Joe Schmidt, het die flank van die Reds die opvolger gemaak van Will Skelton, wat Australië aangevoer het in verlede jaar se rampspoedige Wêreldbeker-veldtog. Skelton speel oorsee en is nie oorweeg vir die twee toetse teen […]

Read More

Regering ondersteun visboere, akwakultuur

Die visserye-ministerie het 148 akwakultuurlisensies uitgereik om die sektor te ontwikkel. Die adjunkminister van visserye het tydens ‘n kabinetsinligtingsessie wat deur die inligting-ministerie aangebied is gepraat oor die land se akwakultuurplase. Die regering het agt operasionele visplase en akwakultuursentrums landwyd gestig, en die ministerie ondersteun sowat 190 kleinskaalse visboere. Makgone voeg by dat nuwe inisiatiewe […]

Read More

M-pokke maak amok in KZN

Die Vereniging van Staatsamptenare is geskok oor die vinnige verspreiding van M-pokke-gevalle in KwaZulu-Natal, nadat ‘n derde sterfte sedert verlede maand aangemeld is. Die Departement van Gesondheid het 16 gevalle bevestig, hoofsaaklik in Gauteng en KwaZulu-Natal. Hulle eis meer toetse en departementele steun vir gesondheidsorgwerkers. Mlungisi Ndlovu van die vereniging vra streng infeksiebeheermaatreëls, verbeterde skoonmaakprotokolle […]

Read More

Orkaan Beryl eis nog lewens

Die dodetal in die vernietiging deur die orkaan Beryl oor die Karibiese Eilande het tot agt gestyg nadat een mens in Jamaika dood is. Die orkaan is een van die hewigste ooit oor die gebied. Dit is die vroegste kategorie-vyf-storm wat ooit in die Atlantiese Oseaan aangemeld is, maar het intussen tot kategorie vier verswak. […]

Read More

Jong Britse sensasie kry voltydse F1-pos by Haas

Motorsport: Die jong Britse jaer Oliver Bearman sal van volgende jaar af voltyds aan Formule Een deelneem met ‘n kontrak by Haas. Die 19-jarige het in Maart beïndruk toe hy Carlos Sainz van Ferrari by die Grand Prix in Saoedi-Arabië vervang het toe die Spanjaard ‘n blindederm-operasie moes ondergaan, en het sewende geëindig. Dit het […]

Read More