Armoede ‘moet almal slapelose nagte gee’

Ten spyte van relatief goeie ekonomiese groei, gaan vele Namibiërs steeds gebuk onder armoede en hongersnood. Adjunkminister van armoede-uitwissing Alexia Manombe-Ncube is in die Nasionale Vergadering gevra hoe sy snags kan slaap, wetende van die hoë armoedevlakke. Sy antwoord dat dit ‘n kwessie is wat ons almal moet wakker hou.

Read More

Aandele styg tot nuwe hoogtepunte in Tokio

Aandele het vandag in Tokio tot nuwe hoogtepunte gestyg. Dit is ‘n navolging van die rekordvlakke op Wall Street waar optimistiese beleggers Amerikaanse tegnologie-aandeelpryse hoër laat styg het. Vandag se hoogtepunt was in ooreenstemming met stygings regoor Asië, waar beleggers aangevuur is deur vars data wat aandui die Amerikaanse arbeidsmark is besig om te verlangsaam, […]

Read More

Barrett ‘n plaasvervanger in All Blacks-toets teen Engeland

Rugby: Die nuwe All Black-afrigter, Scott Robertson, het die ster-losskakel Beauden Barrett as plaasvervanger ingesluit vir Saterdag se eerste toets teen Engeland in Dunedin, en die nommer tien-trui vir Damian McKenzie gegee. McKenzie se skakelmaat is TJ Perenara, wat die eerste keer terug is nadat hy in 2022 sy haksening geskeur het. Barrett se broer […]

Read More

Cenored se laer kragtariewe geld eers vanaf middernag

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië se aangekondig dat elektrisiteistariewe onveranderd gaan bly, het implikasies. Cenored het in reaksie hierop aangekondig dat sy tariefverhoging wat op 1 Julie geïmplementeer is, geskrap sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder, wat onderstreep dat dit om middernag vanaand in werking tree. Indien verbruikers voor […]

Read More

DA se Gautengse adjunk-speaker gaan bedank

Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga, het bevestig die party se adjunk-speaker in die provinsiale wetgewer, Refiloe Ntsekhe, gaan bedank. Dit volg op die DA se besluit om nie aan te sluit by die provinsiale regering van eenheid nie nadat samesprekings ineengestort het. Premier Panyaza Lesufi het ‘n nuwe uitvoerende raad aangekondig sonder […]

Read More

Chinese burgers sterf in DRK-aanval

China het bevestig ‘n gewapende aanval in die Demokratiese Republiek die Kongo het die dood van verskeie van sy burgers veroorsaak, terwyl ander vermis word. Plaaslike bronne het aan die nuusagentskap AFP gesê minstens vier Chinese burgers is dood in ‘n burgermagaanval op ‘n myn-perseel in die goudryke Ituri-provinsie. Beijing se Ministerie van Buitelandse Sake […]

Read More

Aussie polisie kry oorskot na vermeende krokodilaanval

Die Australiese polisie het menslike oorskot gevind tydens die soektog na ‘n 12-jarige-seun wat hulle glo die slagoffer van ‘n krokodilaanval was. Die seun is Dinsdag laas gesien terwyl hy saam met familie naby ‘n afgeleë dorp in die Noordelike Gebied geswem het. Tot 40 inwoners het die polisie gehelp in hul soektog na die […]

Read More

Pro-bono gemeenskapskliniek wil mense help

Geluk Psychology Services in Windhoek bied op 5 Julie ‘n pro-bono gemeenskapskliniek aan. Dit is ‘n inisiatief om geestesgesondheidsondersteuning te bied aan mense wat uitdagings het om toegang tot tradisionele dienste te verkry. Die pro-bono-kliniek vind maandeliks plaas, gefasiliteer deur die kliniese sielkundige Edwina Mensah-Husselmann, die uitvoerende hoof van Geluk Psychology Services. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Kawana se huwelike-wetsontwerp wek kommer

Binnelandse sake-minister Albert Kawana se versoek om nog ‘n wetsontwerp in te dien om aspekte van huwelike te reguleer, bly in die nuus. Die wetsontwerp sal onder andere voorsiening maak vir die bekragtiging en erkenning van sekere huwelike. Kawana het nie doekies omgedraai dat dit is om selfdegeslag huwelike teen te werk nie. Kosmos 94.1 […]

Read More

Bo-gemiddelde reën kom dalk hierdie somer

Die somer kan na bogemiddelde reën neig, volgens die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg. Namibië sal tot ten minste November baie min of geen reën kry nie. Kouer toestande word in Julie en die eerste deel van Augustus verwag, maar die somer sal waarskynlik minder warm wees as vanjaar. Van den Berg gee meer […]

Read More