Akkerbouraad sê oor GMO’s
Die Van Druten Familietrust is besig met planne vir meer besproeiing gebaseerde landbou-bedrywighede. Dit sluit in die moontlikheid om geneties-aangepaste mielies te verbou op die plaas Emilienhof in die Oshikoto-streek. Dit is in ‘n poging om produktiwiteit te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoofbestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, oor die […]
Boulter hoor vandag of vervolging voortgaan of nie
Uitspraak in die saak waar die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien word vanoggend verwag. Dit kom na regter Herman Oosthuizen dit in Mei uitgestel het. Oosthuizen het reeds in Januarie hoofbetoë aangehoor en Boulter meen daar is niks om […]
Korrupsie is ‘verskans’ in die land – Tucna
Afrobarometer se jongste opname handel oor korrupsie in die land en mense se sienings daaroor. Vier-en-vyftig persent van respondente het onder andere verklaar dat hulle bewus is van korrupsie in staatsinstellings en leierskapgroepe soos staatsamptenare. Reaksie is ontvang van Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbond Kongres van Namibië, Tucna, wat sê dat korrupsie geïnstitusionaliseer en […]
Nam-ekonomie moet diversifiseer
Namibië se top vyf uitvoerkommoditeite het in Mei konstant gebly, naamlik edelgesteentes in die vorm van diamante, vis, nie-monetêre goud, koper en petroleumolies. Aan die invoerkant was die belangrikste kommoditeite petroleumolies, nikkelerts, diamante, motorvoertuie vir die vervoer van goedere, en medisyne. Suid-Afrika is steeds Namibië se primêre handelsvennoot. Die topkommoditeite toon ‘n kommerwekkende neiging dat […]
Arbeiders terug in mag na 14 jaar van Tory-beheer
Die Arbeidersparty het die Britse verkiesing gewen. Terwyl stemme nog getel word het die party reeds 390 setels in die parlement, ver meer as die 326 wat nodig is om ‘n oorwinning te behaal. Die Tories is na 14 jaar uit die kussings gelig. Sir Keir Starmer, die Arbeiders se leier, het ‘n toespraak gelewer.
Minister sê oor werklose vissermanne, kwotas en getalle
Visserye-minister Derek Klazen het in die Nasionale Vergadering vrae beantwoord wat aan hom gestel was deur parlementslede. Een van die vrae het gehandel oor werkloosheid onder vissermanne en hoe dit gereguleer word. Klazen sê dat die ministerie baie duplikaat-inskrywings van werkende vissermanne het en daaraan werk. Hy het ook verwys na viskwotas en krimpende vis-getalle.
Toerisme floreer, De Lille vasbeslote
Suid-Afrikaanse toerisme-minister Patricia de Lille en haar adjunk, Maggie Sotyu, het hulle vasberadenheid bevestig om die departement te lei en met alle toerisme-sektorvennote saam te werk vir groei. Woordvoerder Zara Nicholson sê De Lille is verbind tot ‘n voortgesette vennootskap tussen die regering en die privaat sektor. Nicholson sê die bedryf floreer, met toeriste-aankomste in […]
Zanu-PF sal regeer tot ‘perde horings kry’
Die Zimbabwiese Nasionale Weermag sê burgers sal verplig word om in die 2028 algemene verkiesing te stem. Die weermag-bevelvoerder, Anselem Sanatywe, sê mense sal na stemlokale gedwing word. News24 berig Sanatywe het ook verkondig Zanu-PF sal regeer totdat die perde horings kry. Die regering het ‘n streng waarskuwing aan opposisiepartye en groepe in die burgerlike […]
Eerste uitslae toon weghol-oorwinning vir Britse Arbeidersparty
Peilings en die eerste uitslae voorspel ʼn weghol-oorwinning vir Keir Starmer se Arbeidersparty in Brittanje se verkiesing wat die Konserwatiewe Party se bewind van 14 jaar sal beëindig. Arbeid sal na verwagting 410 setels kry teenoor die Konserwatiewes se 131. In die vorige algemene verkiesing het die Konserwatiewes ʼn meerderheid van 365 setels gekry teenoor […]
Kernkragstasie te duur vir Namibië
Die gesprek oor ‘n kernkragstasie gaan steeds voort. By die Elektrisiteitsbeheeraad se aankondiging van die elekrisiteitstariewe is verskeie vrae aan die raad se bestuurders gevra. Een was oor die lewensvatbaarheid van kernkrag in die land. Johannes Petrus, die raad se waarnemende uitvoerende hoof, sê die kostes daaraan verbonde maak nie sin in Namibië nie.