Iran stem weer vandag, daar’s twee kandidate

Iranese stem vandag weer om te kies tussen die hervormer Masoud Pezeshkian en die streng konserwatiewe Saeed Jalili in ‘n presidensiële tweestryd. In die eerste stemming kon geen kandidaat ‘n meerderheid behaal nie. Pezeshkian is ten gunste van verbeterde buitelandse verhoudinge om Iran se ekonomie ‘n hupstoot te gee, terwyl Jalili sterk anti-Westers is. Die […]

Read More

Curriebeker skop vandag in Kimberley af

Die premiersliga van die Curriebeker skop vandag af. In die eerste wedstryd pak Griekwas en die Pumas mekaar om drie-uur in Kimberley. Net na vyf vanmiddag speel die Haaie tuis in Durban teen die Leeus. Môremiddag een-uur begin die Cheetahs hulle veldtog teen hulle bure, die Griffons, in Bloemfontein. Die grootste stryd van die naweek […]

Read More

So raak ons selfvoorsienend met mielies

Die Namibiese Akkerbouraad sê die land sal ongeveer 844 miljoen Namibiese dollar moet belê om grond te besproei om die gaping tussen huidige mielie-produksie en nasionale verbruik te oorbrug. Volgens die hoof van die raad, Fidelis Mwazi, verbruik die land tans 200 000 metrieke ton wit mielies jaarliks met produksie wat wissel afhangende van reënval. […]

Read More

M-pokke: 15 het herstel

Die departement van Gesondheid sê 15 M-pokkepasiënte het herstel, met vyf wat weens ernstige komplikasies in die hospitaal opgeneem is. Vier nuwe gevalle is in Gauteng en KwaZulu-Natal bevestig. Dit bring die totaal sedert die uitbreking in Mei op 20 gevalle en drie sterftes te staan . Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê uitbrekingsreaksiespanne […]

Read More

Modi en Putin kuier volgende week

Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, sal Rusland Maandag en Dinsdag besoek, in sy eerste reis na dié land sedert Moskou se militêre aanval in Oekraïne. Hierdié veldtog het betrekkinge tussen Moskou en Nieu-Delhi getoets, al het Indië sy aankope van Russiese olie verhoog en nie by die Westerse sanksies aangesluit nie. Modi en die […]

Read More

Andy Murray maak klaar

Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het ʼn moeilike toets deurstaan en die Britse promotorskeuse, Jacob Fearnley, verslaan om Wimbledon se derde ronde te haal. Die Serwiër het die 22-jarige Fearnley met 6-3, 6-4, 5-7, 7-5 gewen. Die Amerikaner Ben Shelton het die Suid-Afrikaanse kwalifiseerder, Lloyd Harris, net-net met 4-6, 7-6, 6-7, 6-3, 7-6 geklop. Stefanos […]

Read More

Unam weer betrek by werklose gegradueerdes

‘n Voorstel is in die Nasionale Vergadering gemaak dat die Universiteit van Namibië se LLB-graadkursus vir ‘n paar jaar opgeskort word om werklose regsgraduandi te akkommodeer. Beide Unam en Nust bied regskursusse aan, maar die presiese aantal gegradueerdes en hoeveel werkloos is, is nie tans bekend nie. Die voorstel het nie byval gevind by justisieminister […]

Read More

Botswana bou eerste satelliet

Botswana ontwikkel sy eerste satelliet, BOTSAT-1, in samewerking tussen die Botswana International University of Science and Technology en die Bulgaarse ruimtemaatskappy EnduroSat. Die lansering is geskeduleer op ‘n SpaceX Transporter-13-sending in Februarie 2025, met die 3U nanosatelliet wat Botswana se landbou- en mynsektore sal steun. Ingenieurs van die universiteit sal by EnduroSat in Bulgarye aansluit […]

Read More

Spanning tussen Israel en Hezbollah verdiep

Libanon se Hezbollah het ‘n groot vuurpyl- en hommeltuigaanval op Israel geloods en gedreig om nuwe teikens te tref. Dit was die jongste oplewing van geweld in die voortdurend verergerende konflik oor die grens. Hezbollah sê hy het meer as 200 vuurpyle en ‘n swerm hommeltuie na 10 Israeliese militêre terreine gelanseer. Dit was in […]

Read More

Baba Bokke verloor lelik

Die Junior Springbokke het ʼn 31-12-nederlaag gely in hul groepwedstryd teen Argentinië in die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Stellenbosch. Die gashere het twee drieë gedruk teenoor hul teenstanders, Los Pumitas, se vyf. Hierdie nederlaag beteken Suid-Afrika moet Engeland Dinsdag in hul laaste groepwedstryd klop om ʼn kans te staan om die halfeindronde te haal. Die […]

Read More