!Gawaxab besoek aan Londen ‘n groot sukses
Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het die Londen Aandelebeurs toegespreek en Namibië se blywende stabiliteit en voorspelbaarheid in ‘n onstuimige globale ekonomie beklemtoon. Namibië se Eurobond van 750 miljoen Amerikaanse dollar is op die Aandelebeurs genoteer. !Gawaxab het belanghebbendes gerusgestel dat Namibië reeds ‘n strategie ingestel het om sy Eurobond-verpligtinge na […]
Gauteng se giftige mynhope moet aangespreek word
Alseno Kagiso Mosai van die Universiteit van Pretoria waarsku dat jong kinders in Krugersdorp uraan-, arseen- en kwikdampe inasem wat van verlate myne af kom. Hy en ander kenners het ʼn artikel geskryf waarin hulle ʼn gemengde benadering aanbeveel wat bekostigbaar en doeltreffend is vir vinnige optrede in Krugersdorp. Mosai sê die mynmaatskappye wat vir […]
Israel kyk na Hamas se reaksie op voorstel vir skietstilstand
Israel se regering sê hy bestudeer Hamas se reaksie op ʼn Amerikaans-ondersteunde voorstel vir ʼn skietstilstand in Gaza wat in fases ingestel word. Die militante groep het verlede maand wysigings voorgestel, maar Amerika het gesê sommige daarvan sal nie werk nie. Israel sê hy sal net tydelike onderbrekings in gevegte aanvaar totdat Hamas uitgewis is. […]
Farrell sluit Jamie Osborne in vir môre se kragmeting
Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het die nuweling Jamie Osborne as heelagter gekies vir môre se groot kragmeting met die Springbokke op Loftus Versfeld in Pretoria. Dis die eerste van twee toetse tussen Suid-Afrika, wat boaan die wêreldranglys is, en Ierland, wat tweede is. Craig Casey is bo sy spanmaat van Munster, Conor Murray, gekies […]
Wildmisdaad: Otjozondjupa loop meeste deur
Die Namibiese Landbou-unie het sy kommer oor wildmisdade uitgespreek. Dit kom na 2023 se verslag in die verband die week bekend gemaak is. Die NLU sê wydverspreide wildmisdaad is regoor die land beleef. Die data toon dat die Otjozondjupa-streek die meeste geteiken is, hoewel die verspreiding oor al die streke aandui dat dit ‘n landswye kwessie […]
SAL brei roetes uit
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens beplan teen April volgende jaar ‘n toename van 64-persent in bestemmings vanaf Johannesburg. Die tussentydse uitvoerende hoof, John Lamola, sê die redery gaan nege roetes by sy huidige 14 voeg en beoog om sy aantal vliegtuie teen Maart met 50-persent tot 21 op te stoot. Hy sê die onderneming is finansieel bestendig […]
Sunak vat verantwoordelikheid vir Starmer se weghol-oorwinning
Die uittredende eerste minister van Brittanje, Rishi Sunak, sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid dat die Konserwatiewe Party die algemene verkiesing verloor het. Die Arbeidersparty en sy leier, Keir Starmer, het die vereiste 326 setels vir die meerderheid in die Britse Laerhuis gekry en daarmee ʼn einde gebring aan 14 jaar se Konserwatiewe regering. Talle Tory-kabinetsministers […]
Taai Afcon-loting vir Warriors
Namibië se Brave Warriors is geloot teen die vyfmalige kampioene Kameroen, Kenia en Zimbabwe in Groep J van die 2025 Afcon-uitdunne. Die voorste twee spanne sal vir die eindronde in Marokko van Desember 2025 tot Januarie 2026 kwalifiseer. Die uitdunne sal in September begin. Die Warriors se hoofafrigter, Collin Benjamin het met New Era gepraat.
Uutoni sê oor Windhoek se parkeringsverdienste
KeyPlot Investments, wat deur die Stad Windhoek aangestel is om dele van die hoofstad se parkering te bestuur, het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Stedelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni het ‘n vraag oor die maatskappy se werksaamhede beantwoord. Uutoni het inligting verskaf oor die Stad se fakture aan die maatskappy en die maatskappy se […]
Eenheidsregering se beleidsplatform onder die loep
Die ANC sê daar is ooreenstemming oor die beleidsplatform van die regering van nasionale eenheid, waartoe alle politieke partye ingestem het wat die verklaring van voorneme onderteken het. Die verduideliking volg ná die mislukte pogings in Gauteng met die ineenstorting van die samesprekings tussen die DA en ANC. Die ANC se waarnemende nasionale woordvoerder, Zuko […]